Page 1 of 5

Jag 2022 Seisoen

Posted: Fri Apr 22, 2022 12:20 pm
by Frederik
Ek is seker daar is dalk al so draad vir die jaar maar kon dit nie vind nie.

In elk geval my rekening is oop vir 2022 was nie beplan nie maar ek was op die plaas oor paasnaweek en die bokke ook.

Hoe se hulle "When in Rome?"

Geskiet op 60 meter met 375 H&H 300gr Woodleigh HD dubbel longskoot om vleis skade te vermy.
My swaartse ram nog volgende dag slagter uitgeslag op 42.5kg plaas skaal het gewys 45kg maar ek wou seker maak.

Was interesante stappie het twee keer dieselfde bruin hiena gewaar op sy roete in die amper donker bewolke toestande.

Image

Weer was maar goor en nat maar was beter as by die huis.
Volgende uistappie 27 April ;D

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Fri Apr 22, 2022 3:27 pm
by Swede
Nice Frederik!!
Kon net in die nat laeveld gewees het?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk



Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Fri Apr 22, 2022 7:37 pm
by Eduard Venter
Dik ram daai. Lekker!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sun Apr 24, 2022 2:50 pm
by Eduard Venter
Ek het Frederik se ram se verlangs verlore neef geskiet vanoggend. Ongelukkig nie geweeg nie maar behoort ook in daai omgewing te wees. Kyk hoe lekker dik is sy nek. ImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sun Apr 24, 2022 3:59 pm
by Chris (vdB)
Mooi bokke julle. Eduard hoe oud skat jy so mooi ram?

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sun Apr 24, 2022 4:57 pm
by tripodmvr
Het Woensdag te Hammanskraal gewerk en die bos is nog groen en die gras lank. Ons is vanaf 4 Mei oos van Vivo in die bos. Lyk asof ons dalk kan sukkel.

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sun Apr 24, 2022 8:18 pm
by Eduard Venter
Chris, dis moeilik maar ek sal skat so 6-7 jaar. 'n Ram is op 4 jaar lekker groot en uitgegroei. Die horings kan dalk nog groei, maar hy begin hulle ook te werk en af te slyt. Kyk die ram se een punt het al taamlik gewerk. Sy tande was wel nog taamlik mooi wat vir my sê hy is nie stokoud nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Mon Apr 25, 2022 5:30 am
by Frederik
Swede wrote: Fri Apr 22, 2022 3:27 pm Nice Frederik!!
Kon net in die nat laeveld gewees het?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Nee nat noord wes Limpopo Baltimore.

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Thu May 05, 2022 7:20 am
by 6.5/284Norma
Het verlede week in die Kalahari suid van Askham gaan jag.
Lang pad van KZN af maar absoluut die moeite werd.
Paar mooi Gemsbokke en Springbokke geskiet.
Bokke se kondisie is baie mooi.
GBok.jpg
GBok1.jpg
GBokHarry.jpg
Die een het 103kg uitgeslag!

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Thu May 05, 2022 7:22 am
by 6.5/284Norma
Springbokke was pragtig.
Spbok.jpg
Spbok1.jpg
Dankie aan die Kalahari en sy mense!

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Wed May 18, 2022 9:06 am
by Gian_dP
Ons was verlede week bevooreg om te gaan jag by MegaSpringbok naby de Aar. PJ en sy span het ons weereens heerlik bederf!

Image
ImageImageImageImageImageImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Wed May 18, 2022 11:53 am
by Frederik
Manne het mooi gemaak by Mega springbok en dan ook variasie met spesies.

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Fri May 20, 2022 10:00 am
by J le Roux
Daar het so vinnige 'n geleentheid gekom om 'n blouwildebees as deel van 'n fondsinsameling te skiet. Die plaas was net Noord van Naboomspruit en sommer 'n bakkie jag.

My seun het die bul met Mamba, die 30-06 Howa op so 130m geskiet, 180gr Nosler Accubonds teen 2565fps. Die willebees het na net so 20m ver inmekaargesak. Dit was 'n dubbel longskoot so 2 duim onder die werwels en "hasie fillet" en moes die groot are bo die hart gevang het. Ek is trots op my grootman, hy staan nou op so 20 bokke sonder 'n kwes of mis.

Dit was nie die grootse dier in die trop nie, en die skoon karkas het 105kg geweeg.

Dankie aan Dawie Kotze van Naboom wat die bok geborg het.
IMG-20220514-WA0011_compress88.jpg

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Fri May 20, 2022 11:38 am
by Geno
Jis manne dit lyk lekker!
Ek het niks trips binnekort nie, die jakkalse hou my te besig :'(

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Fri May 20, 2022 4:24 pm
by Mellies
Gian dit lyk n lekker trip gewees. Mooi gemaak!

Mooi Roan daai ook.

Met n vleisie...

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sat May 21, 2022 7:22 am
by Frederik
Geno, jy is welkom om ons te join 2-6 Julie

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sat May 21, 2022 9:17 am
by BenJacobs
Ek het nog geen vaste trips vir die jaar nie, maar was gelukkig om vroeër die jaar 'n mooi Takbok te skiet.

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sat May 21, 2022 10:06 am
by JohanvB
Gian_dP wrote: Wed May 18, 2022 9:06 am Ons was verlede week bevooreg om te gaan jag by MegaSpringbok naby de Aar. PJ en sy span het ons weereens heerlik bederf!

Image
ImageImageImageImageImageImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Yesso. Welgedaan!!!

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sat May 21, 2022 1:24 pm
by tripodmvr
Ons het noord-oos van Vivo (noord van Waterpoort) gaan jag en hier is my bydrae tot die totaal van 2 ramme deur 5 jagters in 3,5 jagdae. Die veld is grasgroen soos in die somer en water is so volop dat die bestaande wildspaaie nie gebruik word nie. Wild is dus wyd versprei en baie geluk kry dalk vir jou 'n vleisie. Die volgende jaggroep na ons het tussen 5 jagters in 3 dae slegs een rooibok gekry.
Jag Mei 2022 Kromdraai Small.jpg

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sat May 21, 2022 1:34 pm
by Kaalvoetthysie
Ek was laas naweek vir die eerste keer in 15 jaar terug Kalahari toe. ‘n Man se hart voel sommer weer lig as jy daar in die duine sit. Ons was halfpad tussen Upington en Askham.

Ons was ‘n redelike groep ouens so ek het ongelukkig net kans gehad om een springbok te skiet. Het vandag vir ontbyt ‘n paar steakies in die pan gegooi en daar is skenkels in die pot vir aand ete.

Image
Image
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sun May 29, 2022 9:15 pm
by Pappabeer
Ek het vir n paar dae by Kemp Landman hulle in Pongola pvt Reservaat gejag.

Dis tans bitter groen en ruig, maar daar is baie diere. Ons het in Nhlangwe lodge gebly wat heerlik luuks en nuut oorgedoen is.

Image
Image
Die twee groot gewere wat saam is.

Image

Sonsak oor Jozini

Image
Image
Image
Image
Image
Image

Buffel bul, met die Gibbs 450-400 3&1/4”. Skoot was quartering on op 94m. Die Leica Geovid het maar net weer bewys hoe belangrik dit is om n dier mooi te bestudeer voor jy met oop visiere skiet.

Image
Image
Image
Image


Die volgende twee dae het ek vir die pot gejag, en spesifiek vir n spitvarkie gesoek. Ongelukkig moet plainsgame daar met knaldempers gejag word. Een Woodleigh 400gr was egter genoeg vir hom, en hy het so 30-40m gemaak. Na n minuut se staan en kyk na die trop wat maal het ons sy death bellow gehoor.

Image
Image
Image

Image


Hier kruis ons die Pongola rivier in vloed met die buffel op n sleepwa oor die pond.

Image
Image

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Sun May 29, 2022 9:49 pm
by Koos Barnard
Baie netjies! Veels geluk met die mooi buffel. Ek is groen van jaloesie!
Mooi loop

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Mon May 30, 2022 5:35 am
by Frederik
Baie geluk met die mooi buffel bul en die res van die jag.
Spesiaal om so te jag met die dubbel van jou.

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Mon May 30, 2022 5:40 am
by Lategan1
Pragtig en geluk!

Wat ‘n avontuur.

Beste.

Re: Jag 2022 Seisoen

Posted: Mon May 30, 2022 6:16 am
by ruaanb
Baie baie nice ou maat! Daai buffel met daai roer is spesiaal!