Page 1 of 3

Bosvark jagte

Posted: Sun Jan 29, 2012 12:13 pm
by DWB
* Ek het die topic se naam aangepas en sal van nou af al my fotos en stories hier oplaai.
Hallo Manne!!!

Dis met groot vreugde dat ek hierdie storie met julle medeel!

Ek het Donderdag aand deurgery JHB toe want vroulief moes die volgende dag by die koekeloerder wees om te kyk of als met baba nog reg is. Toe die ondersoeke klaar is toe bel ek sommer net om die voelers uit te steek van waar word daar die volgende dag varke gejag..
En toe is dit wragtig die beste plaas in die kontrei! Wel, toe moes ek nou maar half subtiel vir mamma oorvertel dat ons wel dieselfde middag nog sal terug ry Piet Retief toe want ek het 'n afspraak die volgende dag. Sy was darem nie te kwaad nie :D

Wel 5uur vertrek ons uit JHB uit en ry sommer die nuwe lekker N17, tussen Bethal en Ermelo breuk daar toe 'n vragmotor in die middel van die padwerke, die sit ons toe sommer 'n uur terug. Laat die aand toe is ons veilig tuis, maar die 3uur opstaan om te gaan varke jag is maar swaar op die gemoed, ek is moeg.... Wel net na 3 gaan die wekker af en ek besluit ek sal maar oorstaan, ek het hoekal so ongemaklikheid omtrent die storie gehad. So 4:30 laat weet ek maar die manne ek gaan nie kom nie. Hier teen 6uur bel ek gou die plaas bestuurder en die manne het blykbaar net begin. Ek praat gou met vroulief en besluit ek ry deur Amsterdam toe.

Net na 7 stop ek op die plaas en ry 'n draai om die land om te kyk waar ek wil wees, kom tot op 'n punt en draai om en ry terug om die land na die anderkant. Ek ry verby manne met 'n radio en hoor waar die honde heen oppad is. Toevallig, net daar waar ek is. Geweer is gelukkig al volgemaak toe ek by die plaashek gestop het. Hier hoor ek die honde is by my en ek kan hoor hier is iets aan die gebeur!!! Manne, nou laat ek julle vertel, ek het seker 20 rye mielies platgetrap soos 'n seekoei, want daar was 2 ander manne kort op my hakke! Hierdie was my vark! Toe ek by die honde kom het hulle die vark omsingel, seker so 10+ honde, maar hulle staan maar wyd want die vark ken nie honde nie en het alreeds 3 honde bymekaar gemaak. Ek skree verwoed op die honde om kans te kry, want as jy 'n hond raakskiet is dit 'n paar duisend rand. Die volgende oomblik gee die honde pad voor my en die beer kyk my stip in die o?!!! Net daar weet ek die man s? vir my hy gaan my rol!!! Dit was benoude oomblikke! Dis die eerste lewendige vark wat ek sien op 'n jag, en dit was nou al my 5de keer. Ek kan nie skiet nie, daar is honde oral in alle rigtings. Ek sidestep toe want ek sien 'n klein gaping tussen honde, nou ek weet nou nog nie hoe ek gemik het nie, maar dit was als in een natuurlike beweging wat soos ure gevoel het. Die skoot het geklap op die vark se skouer en hy het net daar geval toe is al die honde op hom, die brass doppie vlieg soos 'n helikopter en die volgende rondte is in die kamer! Want die ding word so rondegruk deur die honde ek is nie seker wat gaan gebeur nie! Maar die vark se laaste asem was lankal uit. Net toe kom die ander manne by my uit. Hulle het my blykbaar geroep, maar daarvan weet ek nie. My eerste woorde na ek is geskree het die vark is plat was: Dankie Liewe Jesus!!! Dit was 'n groot oomblik in my lewe!! Ek het my geweer veilig gemaak en die vark begin terugsleep pad toe. Dit was 'n blye oomblik tussen die manne met gelukwense die orde van die dag. Dit was wonderlik hoe die manne saam met my bly was oor my groot oomblik! Ek is onmiddelik gestuur om die kamera te gaan haal en die foto sessie het begin! Ek was so vol adrenalien ek het die vark van so +/- 75kg sommer gou man alleen op die bakkie gelaai! Wat die res van die dag gebeur het kon my nie veel pla nie, ek het my vark gekry! Vir my het dit gevoel of ek 'n buffel gejag het, kan dit nie anders beskryf nie!

Re: My eerste Buffel aka Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 12:15 pm
by DWB
Ek moet seker s? ek is 140kg van pure passie soos ek agter daai vark sit :D

Ek het die vark probeer cape, maar iemand kon nie wag om met die knipmes die keel af te sny nie en dit het my plan so half opgeneuk, sal die skedel laat doen deur die taxidermie.

Re: My eerste Buffel aka Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 12:17 pm
by Frederik
Netjies baie geluk.
Ek wag ook al lank om bosvark se kind te skiet.

Re: My eerste Buffel aka Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 12:24 pm
by DWB
Frederik, die gesoute manne s?, om 'n leeu met honde te jag is die naaste gevoel wat jy hieraan sal kry, en dit was van 'n man was self oor 100 leeus geskiet het met honde.

Re: My eerste Buffel aka Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 12:32 pm
by DWB
Skuus, het vergeet om te s?, daar het 8 honde vir die dag seergekry, dit is baie! Dit lyk na nuwe varke wat die area betree het want hulle is nie bang vir of ken nie honde nie.

Daar is einde laas jaar 32 varke oor 3 verskillende naweke geskiet op daai plaas.

Gister het 6 in totaal gelewer.

Re: My eerste Buffel aka Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 1:38 pm
by Flip Nel
mooi man, baie geluk, lyk my die adrenalien het oortyd gewerk

Re: My eerste Buffel aka Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 1:41 pm
by DWB
Hehehe, ja kyk, ek dink ek het meer mielies beskadig as die vark :D

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 6:12 pm
by Reggie Gerber
Well done DWB

Hope to get me one this year

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 6:15 pm
by DWB
Thanks Reggie,

I was told in this game you have to make your luck.

And even though i got my pig rather quickly, i put in a lot of work before that.

All i can say is that it's an amazing experience.

If you aren't afraid of these pigs, you're bound to get hurt!

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 6:54 pm
by Gerhard
Geluk Mr 140kg se pure passie...

Gaan die boer vir jou n rekening stuur vir daai mielie skade?

Baie bly jy het uit gehou en aan gehou met die bosvark jagte al het jy niks geskiet gekry nie...

Jou beurt het uit eindelik aan gebreek en nou is die ys ook sommer gebreek.

As ek nie russians en kabarnosies kry nie is daar moeilikheid!!!

he he he he

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Sun Jan 29, 2012 7:33 pm
by DWB
Dankie Mater,

Die boer het my ewe kom dankie s? dat ek die vark geskiet het, en hy was baie impressed met die vark ook.

Hy het gelukkig nie gesien waar ek deur is nie :D

O en sorry, maar die hondemeesters vat al die vleis

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Mon Jan 30, 2012 3:08 am
by tripodmvr
Sien die 30-06 het nie gekwes nie. Wat se koele het jy gebruik?

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Mon Jan 30, 2012 6:45 am
by DWB
Hallo Oom Driepoot

Dit was 150gr Hornady Interlocks op Somchem minimum gelaai.

Het die beer op die skouer geskiet en is onder die ander voorpoot uit.

Ons probeer juis lig en stadig gaan om nie deur te skiet nie

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Mon Jan 30, 2012 7:12 am
by marno
Baie geluk Deon!!!

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Mon Jan 30, 2012 8:01 am
by Geno
Geluk Ou Deon!
Volgende keer sit hulle die honde op jou as jy die mielies so breek! ;D

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Mon Jan 30, 2012 8:08 am
by SV MAD (Henk)
Baie geluk, dit is 'n bielie van 'n vark daai. dankie vir die mooi, kleurvolle storie!

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Mon Jan 30, 2012 11:23 am
by DWB
Baie Dankie Manne!!!

Vark is nou by die Taxidermie afgelaai, sal kyk wat hulle met hom kan doen

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Thu Feb 02, 2012 4:17 pm
by DWB
OK, het nou net met taxidermie gepraat en gaan dan net die skedel laat bleik en mooi maak, sal dan seker maar vir hom 'n tipe raakie of 'n ding maak dat hy teen die muur kan wees.

So manne, stop maar die oorgretige ou met die knipmes wat net wil keel afsny...

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Fri Feb 03, 2012 11:39 am
by Sarelss
Hi DWB,
Saam wie het julle gaan jag?
Rudolf hulle?
Groetnis
ss

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Fri Feb 03, 2012 12:26 pm
by Marc
Geno wrote: Geluk Ou Deon!
Volgende keer sit hulle die honde op jou as jy die mielies so breek! ;D
Skerp Geno  ;)

Geluk Deon ! Dis 'n mooi vark daai, het al baie sy vleis gee?t, maar die vooreg om hom te ontmoet in lewende lywe was nog nie myne nie  :(

Groetnis
Marc

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Fri Feb 03, 2012 1:06 pm
by DWB
sss308 wrote: Hi DWB,
Saam wie het julle gaan jag?
Rudolf hulle?
Groetnis
ss
Hallo SS,

Dit was saam met die Guthries, weet nie om daar 'n Rudolf by was nie, daar was nuwe gesigte. Dis my 5de keer saam die manne

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Fri Feb 03, 2012 1:09 pm
by Sarelss
Hi,
Nee Rudolph Terblanche het sy eie honde en bly naby Vryheid en hul jag ook vrek baie varke elke jaar.
Groetnis

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Fri Feb 03, 2012 1:35 pm
by DWB
Hahaha,

Rudolph is een van my kliente en ek het nooit 2 en 2 bymekaargesit nie!

Maar ja, nou weet ek presies wie dit is!

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Wed Feb 08, 2012 8:50 am
by FE
Hi Deon,

Dit lyk na groot pret. Baie mooi grote daardie. Gelukkig is jou mes amper weer terug by jou, en die ronte sal hy nie verloor nie teensy jy jou broek verloor.  ;D ;D

Re: My eerste Bosvark!!!

Posted: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
by DWB
Hahaha,

Dankie man!

Ja kan nie wag nie!

Stuur nou 'n foto van sy nuwe onderbroek!