Page 1 of 1
Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Fri Apr 15, 2022 3:30 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne
Watter maak pepper spray sal julle aanbeveel. Ek sien Kloppers het KO, RAM en nog n' soort wat ek nou nie gekyk het wat die naam is nie. Is daar een wat julle asseblief kan aanbeveel.
Dankie
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Fri Apr 15, 2022 3:58 pm
by Ratel

RAM werk baie goed. Hier is n knaap wat die vullis sakke oopskeur en alles op die grond uitgooi en so los. Toe spuit ek RAM in die sak. Die wind het my verras en dit was n treurige storie. Ek kan getuig RAM werk. Het altyd voorraad naby.
My sakke word nie meer oopgeskeur nie.
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Fri Apr 15, 2022 6:48 pm
by Chris (vdB)
Ratel wrote: Fri Apr 15, 2022 3:58 pm

RAM werk baie goed. Hier is n knaap wat die vullis sakke oopskeur en alles op die grond uitgooi en so los. Toe spuit ek RAM in die sak. Die wind het my verras en dit was n treurige storie. Ek kan getuig RAM werk. Het altyd voorraad naby.
My sakke word nie meer oopgeskeur nie.
Dankie Ratel

Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Fri Apr 15, 2022 8:38 pm
by Ds J
Chris, dit hang af van jou doelstelling.
Om persone en groepe te beheer is n skuimstraal beter.
As n persoon die tweede of derde keer met pepergas te doen gekry het, werk dit redelik swak.
Kyk na die produkte wat Quartermaster het. Dit is goeie produkte.
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Sat Apr 16, 2022 3:45 am
by Chris (vdB)
Ds J, ek gaan stap soggens wanneer dit nog donker is, en soos dit nou deesdae is, is daar maar min straat ligte wat werk, dit nou as daar nie elkgeval loadshedding is nie. Daarom het ek gedink om maar so iets saam te dra, want hier in my omgewing is nog klomp parkies en veld ook waar jy voorgele kan word.
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Sat Apr 16, 2022 7:12 am
by Ds J
Chris (vdB) wrote: Sat Apr 16, 2022 3:45 am
Ds J, ek gaan stap soggens wanneer dit nog donker is, en soos dit nou deesdae is, is daar maar min straat ligte wat werk, dit nou as daar nie elkgeval loadshedding is nie. Daarom het ek gedink om maar so iets saam te dra, want hier in my omgewing is nog klomp parkies en veld ook waar jy voorgele kan word.
In daardie geval is n peperskuim beter want jy spuit n direkte straal in die laspos se gesig. En die kans om jouself uit te haal is heelwat kleiner.
Om te oefen:
https://www.thequartermaster.co.za/swat ... per&page=3
Om te dra:
https://www.thequartermaster.co.za/swat ... per&page=3
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Sat Apr 16, 2022 7:21 am
by Johan Nel
Ek was laasjaar in 'n insident betrokke waar drie amok makers my getakel het. Ek het Ram Pepper Stream aan my gehad en het dit gebruik om hulle van my lyf af te kry. Die stroom werk beter as blote gas. Die sigbare straal help om die teiken te kom en is minder wind sensitief.
Die een man wat ek gespuit het aanvanklik gesê pepergas doen hom niks nie, maar toe die straal hom kry en die olie wat die peper dra sy gesig, nek en hande bedek het sy aandag vinnig van my na homself toe verskuif.
Na die tyd het ek gevoel dat ek die straal nog sterker wil hê sodat mens die aanvaller op 'n verder afstand kan raakspuit. Ek het 'n paar van die 60ml houertjie wat ek in my sak en voertuie dra en op strategiese plekke in huis gesit het.
Daar kan beter produkte wees, maar dis wat ek by my gehad het en dit dra maklik.
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Sat Apr 16, 2022 7:32 am
by Johan Nel
Die perde wat jy toekoms is nie dom nie en hou nou nie juis hulle gesigte om te spuit nie. Hulle draai hulle rug op jou om die gas te ontduik. Die voordeel van 'n spuit wat die aktiewe bestanddele in iets soos 'n vloeistof dra, het die voordeel dat die aktiewe bestanddele aan die persoon se lyf en ledemate vassit en 'n goeie langtermyn nawerking het. Enige pogings om oë te vryf, ens veroorsaak herhaaldelike irritasie.
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Sat Apr 16, 2022 7:56 am
by cassie_calvinia
Ek het 2...redelike woelige dogters. st1 en st5.
so ruk terug kry ek 'n whatsup. pappa, kan 'n mens doodgaan as daar pepperspray in jou mond gekom het? daai 2 maak my moeg
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Sat Apr 16, 2022 9:12 am
by Chris (vdB)
Dankie julle, daai 60ml van RAM is n' lekker size om sommer in jou sak te druk
Re: Watter Pepper Spray werk goed?
Posted: Sat Apr 16, 2022 11:58 am
by Ratel
Chris (vdB) wrote: Sat Apr 16, 2022 9:12 am
Dankie julle, daai 60ml van RAM is n' lekker size om sommer in jou sak te druk
Ek koop maar eerder die groter blikke. Ek het al 2 van daai klein blikkies gehad wat geen druk meer gehad het nie. Miskien was hulle maar net op n Vrydag gemaak