Page 1 of 1
.22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 9:24 am
by sako 30-06
Met skok moes ek Saterdag by Safari in Boksburg uitvind dat daar geen ammunisie beskikbaar is nie.
Ek was glad nie bewus dat daar n tekort is nie, ek neem aan as Safari nie het nie sal die ander handelaars dieselfde probleem he?
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 9:38 am
by Eduard Venter
Jip, dis 'n probleem al vir 'n ruk lank. Ek soek ook op die oomblik.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 9:55 am
by sako 30-06
Eduard Venter wrote: Mon Apr 11, 2022 9:38 am
Jip, dis 'n probleem al vir 'n ruk lank. Ek soek ook op die oomblik.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Dis die probleem as n mens grootmaat koop en vir 2 jaar nie nodig het om te koop nie. Ek moet erken ek het so bietjie geslaap met die een

Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 9:56 am
by Eduard Venter
Self
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 10:37 am
by Capt. Yoda
sako 30-06 wrote: Mon Apr 11, 2022 9:24 am
Met skok moes ek Saterdag by Safari in Boksburg uitvind dat daar geen ammunisie beskikbaar is nie.
Ek was glad nie bewus dat daar n tekort is nie, ek neem aan as Safari nie het nie sal die ander handelaars dieselfde probleem he?
Neem aan julle manne volg nie buitelandse nuus nie
Ek lees vanogend ook Vista Outdoors wat CCI en Federal besit het gese hulle gaan geen primer die res van 2022 en moonlik 2023 uit die US uit voer nie.
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 12:31 pm
by sako 30-06
Guilty as charged.
So wat jy se is die probleem met die ammunisie is maar net die begin? Dinge gaan nie gou beter raak nie.
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 12:44 pm
by Capt. Yoda
Daar is vir amper 2 jaar nie primers, kruit, 22LR, en ander klaar gelaaide ammo veral 9mm of 223/308 op die rakke daar in Merika nie, hulle het nou bq primers en kruit begin sien maar ook net hier en daar en dan is die pryse ook 300% op. Met die Rusland storie het VV ook gese al hul kruit/tyd gaan nou vir weermag kontrakte en as dit klaar is sal hul weer kruit beskikbaar stel vir die res van ons.
Die Amerikaaners koop nou AR (223/308) en 9/10mms laat dit klap om hul self te beskerem (die klomp wat altyd geglo het die Poliesie sal hul beskerem het oor die laaste jaar en n bq wakker geskirk) en hulle koop dan natuurlik ammo vir die wapens. Daar was iets soos 19miljoen nuwe wapens in Dipstick Joe se eerste jaar as President verkoop in die US en die laaste kwartaal was daar ook weer rekord nommers verkoop waar van die meerderheid ARs en SD handwapens was, daai miljoene koop nou natuurlik ammo ook so die primers, kruit en koels (en produksie tyd natuurlik) gaan nou om daai mark te voer want daar is baie meer geld te maak daar.
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 1:35 pm
by Ammion
Ek kon dalk bygedra het tot die probleem - het Vrydag 'n rak leeg gemaak by 'n handelaar.
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 2:27 pm
by sako 30-06
Ammion wrote: Mon Apr 11, 2022 1:35 pm
Ek kon dalk bygedra het tot die probleem - het Vrydag 'n rak leeg gemaak by 'n handelaar.
Ek moet saam met jou stem

Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 2:35 pm
by Ammion
sako 30-06 wrote: Mon Apr 11, 2022 2:27 pm
Ammion wrote: Mon Apr 11, 2022 1:35 pm
Ek kon dalk bygedra het tot die probleem - het Vrydag 'n rak leeg gemaak by 'n handelaar.
Ek moet saam met jou stem
Watse .22 ammo soek jy, en is jy bereid om te ry (in JHB area)?
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 2:46 pm
by sako 30-06
Ammion wrote: Mon Apr 11, 2022 2:35 pm
sako 30-06 wrote: Mon Apr 11, 2022 2:27 pm
Ammion wrote: Mon Apr 11, 2022 1:35 pm
Ek kon dalk bygedra het tot die probleem - het Vrydag 'n rak leeg gemaak by 'n handelaar.
Ek moet saam met jou stem
Watse .22 ammo soek jy, en is jy bereid om te ry (in JHB area)?
Ek het darem nou so 10 pakkies in die hande gekry.

Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 2:59 pm
by Chris (vdB)
Ammion wrote: Mon Apr 11, 2022 1:35 pm
Ek kon dalk bygedra het tot die probleem - het Vrydag 'n rak leeg gemaak by 'n handelaar.
Ammion, wat kos daai Eley Tenex en Match daar by julle?
Re: .22 LR Ammunisie
Posted: Mon Apr 11, 2022 8:06 pm
by Ammion
Chris (vdB) wrote: Mon Apr 11, 2022 2:59 pm
Ammion wrote: Mon Apr 11, 2022 1:35 pm
Ek kon dalk bygedra het tot die probleem - het Vrydag 'n rak leeg gemaak by 'n handelaar.
Ammion, wat kos daai Eley Tenex en Match daar by julle?
R295 - Tenex
R237 - Match
Maar dit is nie in George nie, het in Jhb gekoop.