Page 1 of 1

Hulp met node vir 25-06

Posted: Sat Apr 09, 2022 8:10 pm
by Lukie
Hallo manne

Ek het hulp nodig met my 25-06.

Looplengte 609.6mm
CCI 200 slagdoppies
Sierra Matchking 100gr koeels
Dopvolume 4.48 cm3
Doplengte 62.22mm
Patroonlengte 80.0mm
Dryfmiddel S365 (moenie vra nie, ek skakel oor na N550 een van die dae)

Chrony: 3017.6 fps met 49gr dryfmiddel
3056.8 fps met 50 gr
3279.3 fps met 51.2 gr

Ek kry net nie 'n OBT node nie.

Groete en dankie

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Sat Apr 09, 2022 8:47 pm
by tripodmvr
My kommentaar en vrae en dan Node data.

1. Hoe het jy watervolume van die geskiete dop gemeet?
2. Is spoed met gewone chrony op 5m gemeet? Geen knaldemper?
3 Volgens Somchem se data behoort 1gr dryfmiddel = 63vps toename. Tussen 49 en 50 is dit naby 40vps, maar dan neem dit toe met 220vps vir slegs 1.2gr. Iets is hier nie lekker nie. Watter doppe gebruik jy?

Die 25-06 is "overbore" nes die 270 en S365 is geneig om snaakse spoed toenames te gee as die druk oor 50K psi gaan. Dit wil lyk asof dit hier gebeur het. Gebruik ek die 50gr lading dan bereken die node by 3100vps en 50.9gr is nodig om dit te kry. Moontlik sal jy vanaf 50gr met .2gr inkremente moet opgaan en sien of jy naby aan die' spoed kom.

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Sun Apr 10, 2022 12:45 pm
by Lukie
Baie dankie vir die terugvoer!

1. Die watervolume is gemeet op doppe wat ge"necksize" is en die slagdoppie verwyder is. Ek het prestick proppies onderaan gesit. 1 ml insulienspuite is gebruik vir akkuraatheit en die doppe is op 'n skaal geplaas voor indruppeling om dubbel seker te maak van die volume (seep in water.)
2. Spoed op 5m. Geen knaldemper.
3. Ek gebruik Winchester doppe.

Die massiewe toename in spoed van 220fps met 1.2gr is vir my ook 'n kopkrapper.

Baie dankie vir die tyd en ek hoor graag van jou.
NS Ek het het jou regte Somchemdata gebruik om 'n node te soek.
Die 50gr gee my 1.252ms OBT met 'n druk van 45705 psi op QL.
Is dit dalk 'n idee om die 51.2 gr data te ignoreer? Die slagdoppies met geen druktekens getoon nie, slegs in mooi dimpel sonder 'n krater en glad nie plat nie.

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Sun Apr 10, 2022 12:50 pm
by tripodmvr
Gewone lig chrony gee soms verkeerde lesings. Dit kan die groot toename verklaar.

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Sun Apr 10, 2022 1:05 pm
by Lukie
Ek het nou 'n akademiese oefening gedoen met QL en gewerk vanaf die 50gr in 0.2gr inkremente.

50.8gr gee my 3100fps en 1.226 ms OBT (BAIE naby aan node 5)

Die druk is dan 47893, wat nog nie lekker inpas by die 52000 tot 54000 instruksies nie. Gaan dit 'n probleem wees?

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Sun Apr 10, 2022 1:27 pm
by tripodmvr
My aanbeveling met die inkrementele ladings is juis om te kyk of die spoedtoename gelykmatig gaan wees en of daar weer so sprong gaan voorkom. Die drukberekenings is nie 100% in QL nie, maar gee goeie riglyn. Hoe het jou groepe met die verskillende ladings gelyk?

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Sun Apr 10, 2022 1:31 pm
by Lukie
Die 50gr het bietjie oopgemaak na amper 2 MOA terwyl die die 51.2 my 'n mooi 1 MOA gegee het.

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Wed Apr 20, 2022 7:05 pm
by Lukie
Jis ek het nou 'n lekker fout gemaak.
My geweer se looplengte is 662.9 mm
Maar selfs met al die info wat dieselfde bly, kry ek steeds nie 'n presiese obt node nie. Die "barrel time" is 0.199 met 'n druk op QL van 55707 psi.
(Die lading was 53gr S365 met 'n gemiddelde spoed van 3334.5 fps)

Is die druk nie te hoog hier nie? Daar is nie druktekens op die slagdoppie nie en die slot gly maklik oop.

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Wed Apr 20, 2022 9:02 pm
by tripodmvr
Lukie, hier is my berekening met 53gr en die naaste node 4. Maks druk vir 25-06 is 65K psi, so 55K psi is nog baie laag.
Lukie 2506 S365 100 HPBT Node 4.png

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Wed Apr 20, 2022 10:03 pm
by Lukie
Baie dankie Tripod ek waardeer dit opreg. Ek sien ook nou waar ek fout gemaak het met QL. (Shot start pressure)

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Mon May 02, 2022 7:13 pm
by Lukie
Screenshot_1 Tripod lading aangepas.png
Ek het toe die 51.75gr lading gaan chrony en uitgekom by 3258 fps (so effens van node af.) Gelukkig het ek al die vorige data mooi uiteengesit en hiermee opgekom vir my geweer. Nou loop dinge mooi :)

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Mon May 02, 2022 8:38 pm
by tripodmvr
Gaan kyk mooi na die syfers van S365. Daar is 2 waardes wat verskil van myne. Met die nuwe spoed het ek die onderstaande gekry.

Lukie 2506 Node 4.png

Re: Hulp met node vir 25-06

Posted: Tue May 03, 2022 10:47 pm
by Lukie
Baie dankie Ek sien nou waar die verskille is. Terug na laai en chrony vir my. Ek waardeer die hulp regtig.