Page 1 of 1

Spotted hyena

Posted: Tue Apr 05, 2022 5:24 pm
by Henlo
Het iemand ondervinding met hyena jag? Ek het begin volgende maand n jagter wat een wil skiet, enige tips en tricks wat ek van moet weet?

Re: Spotted hyena

Posted: Tue Apr 05, 2022 7:06 pm
by Thunderhead
Waar gaan jy jag?

Re: Spotted hyena

Posted: Tue Apr 05, 2022 8:11 pm
by Nico Harris
Wat wil jy weet? Gaan jy roep of bait?

Re: Spotted hyena

Posted: Tue Apr 05, 2022 8:27 pm
by Dirkvh
Nico Harris wrote: Tue Apr 05, 2022 8:11 pm Wat wil jy weet? Gaan jy roep of bait?
Hy gaan roep...hyena gaan byt. ;D

Re: Spotted hyena

Posted: Tue Apr 05, 2022 8:51 pm
by Henlo
Ek gaan n paar baits hang en kyk of hulle inkom, sal seker ook probeer om hulle in te roep as ons sukkel. Dis in Limpop

Re: Spotted hyena

Posted: Tue Apr 05, 2022 8:52 pm
by tripodmvr
Kry hiena vreetklanke en hang vleis. As hulle daar is sal hulle kom kuier.

Re: Spotted hyena

Posted: Tue Apr 05, 2022 9:05 pm
by Henlo
Ek wou eintlik net hoor of daar iets uniek is wat n ou moet doen, maar dit lyk my dis maar soos leeu of luiperd jag, niks vreemd nie

Re: Spotted hyena

Posted: Tue Apr 05, 2022 10:29 pm
by Ds J
Ek onthou iets van n lekker beleƫ donkiekarkas, maar dis waarskynlik eerder vir die groot katte.

Re: Spotted hyena

Posted: Wed Apr 06, 2022 6:25 am
by Thunderhead
Hulle is vir my roep sku hier, nie soos in konsessies waar ek gejag het nie. Bait gaan maar beste opsie wees.Ek sal voorstel jy prebait.
Henlo wrote: Tue Apr 05, 2022 9:05 pm Ek wou eintlik net hoor of daar iets uniek is wat n ou moet doen, maar dit lyk my dis maar soos leeu of luiperd jag, niks vreemd nie

Re: Spotted hyena

Posted: Wed Apr 06, 2022 9:54 am
by Thunderhead
As jy hom geruik het sal jy nie wonder nie. Ek het leeu en luiperd al probeer maar vir hom sien ek nie kans nie.
PWV wrote: Wed Apr 06, 2022 9:47 am Wonder hoe smaak sy vleis? :confused:

Re: Spotted hyena

Posted: Thu Apr 07, 2022 5:14 am
by Frederik
Henlo,

Ek neem aan jy het al die papierwerk in orde vir die jag?
Hiena klink dalk makliker as luipers of leeu maar jy moet hom mak maak of gewoond maak aan jou bait.
Die eendag wat hy daar opdaag en daar is niks om te vreet nie loop hy maklik 20km ver om iets anders te soek en jy gaan sukkel om hom terug te kry.
As jy in 'n area is waar daar baie van hulle is kan jy gelukkig wees om dan sy makker te kry.

Daar is 'n rede hoekom gevlekte hiena so duur is dit is baie werk voor die tyd selfs die papierwerk.