Page 1 of 2
tariomix
Posted: Sun Apr 03, 2022 11:12 am
by Kolhasie
Wie van julle doen dit ook?
Hoe vorder julle?
Wat is julle opinie?
Glo hier is nog manne wat dit speel.
Deel bikie
Re: tariomix
Posted: Sun Apr 03, 2022 11:45 am
by Kolhasie
Letwel sover lyk dit vir my of dit werk.
Re: tariomix
Posted: Sun Apr 03, 2022 12:08 pm
by hierswolf
Probeer daai R80k onttrek en laat ons weet hoe dit gaan.
Re: tariomix
Posted: Sun Apr 03, 2022 2:21 pm
by Kolhasie
hierswolf wrote: Sun Apr 03, 2022 12:08 pm
Probeer daai R80k onttrek en laat ons weet hoe dit gaan.
Ek het al van hulle onttrek en gebruik maar nie alles nie.
Re: tariomix
Posted: Sun Apr 03, 2022 2:56 pm
by OosKaapJagter
Google die naam Louis Liebenberg. Kyk in watter besighede hy betrokke was voor Tariomix en met wie hy assosieer.
Besluit dan self of julle daar wil belê.
Ek self sal nie aan die skema raak met 'n tang nie. Onthou net dat indien 'n skema wel onwettig is (nie iets wat ek beweer nie), word diegene wat voordeel getrek het daaruit ten koste van latere "beleggers" self aanspreeklik gehou vir winste wat hulle gemaak het. Die blote feit dat 'n mens met 'n R5000 belegging etlike maande later sit met R80 000 "wins" sê iets is nie pluis nie.
As iets te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik...
Re: tariomix
Posted: Sun Apr 03, 2022 6:34 pm
by Kolhasie
OosKaapJagter wrote: Sun Apr 03, 2022 2:56 pm

Soos ek verstaan was dit eers onwettig ja oor hulle nie tax betaal het nie. Intussen is hulle goed reg gestel en tax word betaal.
Ek weet op n tyd was dit as n scam genoem oor mense baie geld ingesit het en verloor het oor die regering die rekeninge gestop het agv die tax storie
Re: tariomix
Posted: Mon Apr 04, 2022 7:44 am
by Toxxyc
Dis nie al nie:
https://mg.co.za/article/2015-04-16-mar ... honeytrap/
Ek wil nou nie snaaks wees nie maar as 'n man gesien word as "family" van die Italiaanse mafia en dan nog wil sê sy goed is wettig, dan moet ek vir jou sê ek ruik 'n in die gras. Of 'n slang in die drinkwater. Of iets. Die "family" waarmee hy verbind is:
"Antonino Messicati Vitale, 40 , a rising star in the Sicilian Cosa Nostra is wanted for various mafia crimes involving murder, human trafficking and illegal arms trade."
Ja nee kyk, ek hou maar my geldjies elders.
Re: tariomix
Posted: Tue Apr 05, 2022 7:39 am
by tau
OosKaapJagter wrote: Sun Apr 03, 2022 2:56 pm
Google die naam Louis Liebenberg. Kyk in watter besighede hy betrokke was voor Tariomix en met wie hy assosieer.
Besluit dan self of julle daar wil belê.
Ek self sal nie aan die skema raak met 'n tang nie.
Onthou net dat indien 'n skema wel onwettig is (nie iets wat ek beweer nie), word diegene wat voordeel getrek het daaruit ten koste van latere "beleggers" self aanspreeklik gehou vir winste wat hulle gemaak het. Die blote feit dat 'n mens met 'n R5000 belegging etlike maande later sit met R80 000 "wins" sê iets is nie pluis nie.
As iets te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik...
Weet niks van die plan of hoe wettig dit is nie.
Wat ek wel kan waarsku teen,
Twee van my vriende het met Pretorius se skema geld belê en besef iets is nie pluis nie en het hulle geld en stewige winste ontrek na 'n tydtjie en lank voor die bom gebars het. Albei moes jare later hulle deel van die winste terug betaal. Ek een was 'n dame wat met haar deel van haar winste eiendomme gekoop het.
Dit is nie net die laaste ou in die pakkie wat verloor nie.
Re: tariomix
Posted: Tue Apr 05, 2022 9:34 am
by Diesel Dog
Koop eerder drank dan kan jou geld in jou kop rente trek!
DD
Re: tariomix
Posted: Thu Jun 23, 2022 3:48 pm
by swc-tr
Werk die piramiede skema nog?
Re: tariomix
Posted: Fri Jun 24, 2022 7:22 am
by Toxxyc
Re: tariomix
Posted: Fri Jun 24, 2022 8:45 am
by Kolhasie
Myne loop sover nog mooi. My goed is so dat ek niks kan verloor nie. my geld wat ek ingesit het is ontrek. Ek speel net met sy geld
Re: tariomix
Posted: Fri Jun 24, 2022 8:56 am
by Capt. Yoda
Ek het nie n clue hoe die tariomix werk nie maar daai is een van die domste goed wat ek nog gesisen het, positives is die website het n valid SSL cert en n Trend Micro trust hom maar die negatives is min mense besoek die site en die site verkoop fake goed

Re: tariomix
Posted: Fri Jun 24, 2022 9:01 am
by Riaan Kriel
As iets te goed is om waar te wees.......... is dit gewoonlik te goed om die waarheid te wees.....
Re: tariomix
Posted: Fri Jun 24, 2022 11:03 am
by Toxxyc
Kolhasie wrote: Fri Jun 24, 2022 8:45 am
Myne loop sover nog mooi. My goed is so dat ek niks kan verloor nie. my geld wat ek ingesit het is ontrek. Ek speel net met sy geld
Hou maar die onttrekte geld ook beskikbaar. As die plek toegemaak word kan almal wat onttrek het gedagvaar word om die "wins" terug te betaal.
Re: tariomix
Posted: Fri Jun 24, 2022 11:06 am
by Toxxyc
Capt. Oblivious wrote: Fri Jun 24, 2022 8:56 am
Ek het nie n clue hoe die tariomix werk nie maar daai is een van die domste goed wat ek nog gesisen het, positives is die website het n valid SSL cert en n Trend Micro trust hom maar die negatives is min mense besoek die site en die site verkoop fake goed
Om 'n legit SSL Cert te kry is deesdae sommer gratis. Probleem is verder het ek gelees vroeer dat van hulle rekeninge blykbaar gevries is onlangs weens ondersoeke en so aan.
Maar dis maar net wat ek sê en sien. Ek glo nie in 'n ding waar jy geld insit en sommer-so wins terugkry in sulke mates nie. Dit maak nie sin nie. As dit sin gemaak het sou ouens met dik skille dit ingedruk het en bitter ryk geword het.
Re: tariomix
Posted: Sun Jun 26, 2022 8:12 pm
by tripodmvr
Hier by ons het Marietjie se skema baie manne se pensioene opgevreet en lewe hulle baie swaar. Toxxy praat die waarheid. Vriende van my moes hul rente aan die prokureurs gaan terugbetaal. So belegging is weg en geen dividend meer oor nie.
Re: tariomix
Posted: Thu Feb 23, 2023 1:40 pm
by Geno
Re: tariomix
Posted: Thu Feb 23, 2023 3:50 pm
by Ralph Badenhorst
pakkie man

Re: tariomix
Posted: Fri Feb 24, 2023 8:26 am
by Grenslyn
Gaan kyk bietjie "Onthul" episode 2 op catch-up. Ek dink dit is op VIA. My bek het letterlik oopgehang! Die man is 'n hanswors.
Re: tariomix
Posted: Fri Feb 24, 2023 9:27 am
by Toxxyc
Daarsy, maar mense hoor mos met hulle holle.
Re: tariomix
Posted: Fri Feb 24, 2023 7:02 pm
by Gawie(13mm)
Gierigheid dryf mense tot 'n blindheid vir dwaasheid!
Mnr Liebenberg se streke is besig om 'n menigte mense se lewens te verwoes, maar hy het hul net tot by die water gebring.
Re: tariomix
Posted: Mon Feb 27, 2023 5:58 am
by gbvl
tripodmvr wrote:Hier by ons het Marietjie se skema baie manne se pensioene opgevreet en lewe hulle baie swaar. Toxxy praat die waarheid. Vriende van my moes hul rente aan die prokureurs gaan terugbetaal. So belegging is weg en geen dividend meer oor nie.
Ja nogal sleg die tipe goed. Destyds my huis by n oom gekoop wat ook by Marietjie belê het. Dit eers uitgevind na die balju paar maande later aan my deur kom klop het vir skulde op die belegging en toe moes verduidelik en bewys die eiendom het eienaars verwissel. Nie net het die oom al sy geld verloor toe die skema vou nie maar moes ook n hele paar jaar se opbrengste uit die skema terugbetaal met rente. Sodra daar enige rekords van transaksies is is jou poef in die pos en kom haal hulle jou goed plus ekstra. Die meesterbrein kom baie kere redelik skotvry af want hulle weet hoe. Die geld ingevorder word dan ook meestal aan regs en admin kostes betaal want die goed vat jare om af te handel.
Sent from my SM-G990E using Tapatalk
Re: tariomix
Posted: Wed Oct 23, 2024 9:08 am
by Geno
Het die van julle wat geld ingesit het dit darm betyds uitgekry?
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... is-geneem/
Re: tariomix
Posted: Wed Oct 23, 2024 9:19 am
by Chevvy SS
Diegene wat wins gemaak het sal moet terugbetaal.