Page 1 of 1

Romoss jump starter

Posted: Fri Apr 01, 2022 11:01 pm
by Killzone
https://www.futurama.co.za/romoss-car-j ... NAQAvD_BwE

Goeie dag lede.

Kan iemand dalk aan my verduidelik hoe iets sò klein, 'n diesel Toyota Fortuner genoeg ampere kan gee om te start?

Ek stel baie belang in so iets, maar dit klink amper te goed om waar te wees.

Groete

Re: Romoss jump starter

Posted: Sat Apr 02, 2022 10:30 am
by cassie_calvinia
daai goed sal werk as die kar net net nie wil start.
maar as jou battery net bietjie te swak is, beteken dit niks.
autozone ook sulke goed

Re: Romoss jump starter

Posted: Sat Apr 02, 2022 11:04 pm
by WihandV
Ek gebruik so een al vir klompie jare en het verskeie vlakke van pap batterye aan die gang gekry. Nou Desember maand weer ‘n ou hand verstom gehad dat die klein battery pak ‘n Toyota Land Cruiser VX na maande se staan weer aan die gang kon kry. Die Romoss het ‘n “boost” knoppie om die papper van batterye aan te help.

Re: Romoss jump starter

Posted: Sun Apr 03, 2022 1:57 pm
by Killzone
Baie dankie vir die terugvoer.