Page 1 of 1

Resizing 280Rem doppe na 7x64Br

Posted: Fri Apr 01, 2022 9:25 am
by Hennie van der Merwe
Goeie more,

Ek het so ruk terug nuwe Norma doppe (280Rem) by 'n ou gekoop met die doel om hulle te re-size na 7x64Br.

Is daar 'n spesifieke metode, aangesien my Lee press sukkel om hulle te re-size. Nadat ek dit ge-resize het, wil my slot steeds nie toemaak nie.

Verkoop ek maar die doppe, of is daar 'n manier. Baie ouens oorsee het dit al suksesvol gedoen.

Dankie,

Re: Resizing 280Rem doppe na 7x64Br

Posted: Fri Apr 01, 2022 9:30 am
by Capt. Yoda
Jy moet meet of jy die skouer ver genoeg terug druk, ek sou raai jy moet hulle nog meer druk

Re: Resizing 280Rem doppe na 7x64Br

Posted: Fri Apr 01, 2022 9:38 am
by Hennie van der Merwe
Capt. Oblivious wrote: Fri Apr 01, 2022 9:30 am Jy moet meet of jy die skouer ver genoeg terug druk, ek sou raai jy moet hulle nog meer druk
Ek stem, maar my Lee press weier. Ek stel hom dieper, resize, maar kry dieselfde resultaat.

Re: Resizing 280Rem doppe na 7x64Br

Posted: Fri Apr 01, 2022 9:54 am
by swc-tr
Oorweeg om bietjie van die onderkant van jou sizer die weg te vat. Gewoonlik so 1mm korter is genoeg.
Uitgloei van die skouers sal ook moontlik help, aangesien die 7x64 se skouers effens smaller is as die .280Rem sin.

Re: Resizing 280Rem doppe na 7x64Br

Posted: Fri Apr 01, 2022 10:01 am
by Capt. Yoda
Soos Schalk se jy sal n thou of 5 onder op die DIE moet af haal, ek het somer my een DIE teen die grinder gedruk en dit geoden toe ek my moer gestrip het en hy werk 100% anders kan jy laat iemand dit op n lathe sny.

Re: Resizing 280Rem doppe na 7x64Br

Posted: Fri Jul 05, 2024 11:53 am
by Hennie van der Merwe
Dankie manne,

Ek het toe eindelik die resizing die met 1mm korter laat sny op n lathe, en dit werk soos n bom.
Het die doppe effe korter gesny, en voila, dit pas netjies in my geweer se kamer.

Dankie vir die goeie raad.

Re: Resizing 280Rem doppe na 7x64Br

Posted: Fri Jul 05, 2024 1:35 pm
by Capt. Yoda
Lekker

Re: Resizing 280Rem doppe na 7x64Br

Posted: Fri Jul 05, 2024 2:09 pm
by swc-tr
Onthou maar om bietjie biltong aan te stuur vir die raad.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk