Page 1 of 1

12Br herlaai: Los slagsdoppies probleem

Posted: Wed Mar 30, 2022 10:41 am
by HeinM
Hallo almal!

As haelgeweer-herlaaier kry jy soms te doen met slagdoppies wat uitval. Die slagdoppies sit te los in die slagdoppiehulsel (primer pocket). Ons het aanvanklik baie gesukkel totdat ons hierdie tip op Youtube gekry het. Dit werk nogal... Ek hoop dit help iemand... Dit lyk soos vereenvoudigde goedkoop boereraad, maar dit werk...
https://www.youtube.com/watch?v=9hqvzQTpVjE

12Br herlaai: Los slagsdoppies probleem

Posted: Wed Mar 30, 2022 10:55 am
by Rudi Fischer
Gebruik net die regte slag doppie.

VSA doppe met CCI, Fed, en Winchester
Europese doppe met RIO, Fiocchi, Cheditte en Maxim.

Re: 12Br herlaai: Los slagsdoppies probleem

Posted: Wed Mar 30, 2022 11:01 am
by HeinM
Rudi Fischer wrote: Wed Mar 30, 2022 10:55 am Gebruik net die regte slag doppie.

VSA doppe met CCI, Fed, en Winchester
Europese doppe met RIO, Fiocchi, Cheditte en Maxim.
Dit is die ideaal, maar as jy nie die regte slagdoppies het nie, is dit 'n groot probleem...

Re: 12Br herlaai: Los slagsdoppies probleem

Posted: Wed Mar 30, 2022 11:33 am
by Rudi Fischer
Wat Ek ook sien het wat ander manne doen is, hulle sit n paar 100 primers op n karton neer met die gaaitjie na bo en spuit die kleiner primers (vsa sin) met n clear pray paint van die kant af.
Sodra hulle droog is gaan hulle ook stywer in die doppe in.

Re: 12Br herlaai: Los slagsdoppies probleem

Posted: Thu Mar 31, 2022 7:44 am
by obasch
As jy geduldig genoeg is kan jy die primers deur "Plumber's Tape" seat