Page 1 of 1

MistKraal jag advies

Posted: Thu Mar 10, 2022 8:36 am
by gerrie_CPT
More almal, hoop dit gaan nog goed.

Dit lyk my vandat Covid begin het, jag ons elke keer op ‘n ander plek agv omstandighede.

Dit sal baie gaaf wees as enige persoon wat al by Mistkraal, naby Cradock (Oos Kaap), gejag het hul ervaring sal deel.
http://mistkraal.co.za/index-2.html

Ek stel natuurlik belang in:
- Was daar verskuilde/onverwagse kostes op die rekening
- Was die jag aangenaam en die personeel kundig en hulpvaardig.
- Sal jy weer soontoe gaan
- Hoe moeilik is die jag en die terrein.
- Wat is die mees suksesvolste styl van jag daar

Baie dankie vir enige inset.

Re: MistKraal jag advies

Posted: Thu Mar 10, 2022 6:04 pm
by Lategan1
Ek volg, hier is geen reaksie?

Beste.

Re: MistKraal jag advies

Posted: Fri Mar 11, 2022 7:36 am
by Capt. Yoda
So stil soos Rocket se inbox

Re: MistKraal jag advies

Posted: Sat Mar 12, 2022 11:36 am
by tripodmvr
Waar is die Cradock manne?

Re: MistKraal jag advies

Posted: Mon Mar 14, 2022 9:04 pm
by Izak H
Hi, ek ken hom net as Kooperasie klient, het nog nie met sy jag besigheid te doen gehad nie, nav dit glo ek sy dinge sal agter mekaar wees

Sent from my SM-G990E using Tapatalk


Re: MistKraal jag advies

Posted: Tue Aug 02, 2022 3:21 pm
by gerrie_CPT
Middag.

Ek wil graag terugvoer gee oor my jag laas week my Miskraal. Ek kan net met lof praat van die plek. Henry, die eienaar, is Engels maar het die heeltyd met ons Afrikaans gepraat, en vlot ook nogal. Hy en sy personeel is baie bevoeg en hulpvaardig. Hierdie was seker my lekkerste jag nog. Die plase is groot en die terrein is moeilik, maar ek het veelvoudige diere geskiet per dag. My gemiddelde skootafstand was 200 – 400m. Dit is egter moontlik om die diere te uitoorlê en nader te skiet. Ons het maar meestal geloop en wild soek. In teendeel, nie ‘n enkele bok was geneem vanaf ‘n voertuig nie. Skiet vernuf, redelike fiksheid en ‘n knaldemper help nogal hier.
Ons het dit baie geniet en beveel die plek aan.

Re: MistKraal jag advies

Posted: Tue Aug 02, 2022 3:23 pm
by gerrie_CPT