Page 1 of 1

Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Mon Feb 07, 2022 6:12 pm
by Chris (vdB)
Watter bullet puller sal julle manne aanbeveel wat die minste die koeels krap, en wat n' 243 sowel as n' 30-06 se koeel kan trek?

Dankie

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Mon Feb 07, 2022 6:19 pm
by tripodmvr
Ek het twee tipes. Die een is die kinetiese hamer en koeëls kom ongeskonde uit. Dit verg soms egter baie werk, veral met die ligter koeëls met min traagheid.

Ballistixs maak 'n tang waarmee jy die koeël vasknyp. Dit werk goed en het 'n verskeidenheid gate wat op verskillende kalibers werk.

http://balistixbullets.com/products/

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Mon Feb 07, 2022 6:24 pm
by Chris (vdB)
Dankie oom Marius

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Mon Feb 07, 2022 6:55 pm
by heywillie
Ek is heel tevrede met my Hornady Cam Lock bullet puller

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Tue Feb 08, 2022 2:57 pm
by 6.5/284Norma
https://bulletsandbrass.co.za/product/t ... r,-R450.00

Beste wat ek ooit gehad het. Word lokaal vervaardig.

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Tue Feb 08, 2022 5:36 pm
by Chris (vdB)
6.5/284Norma wrote: Tue Feb 08, 2022 2:57 pm https://bulletsandbrass.co.za/product/t ... r,-R450.00

Beste wat ek ooit gehad het. Word lokaal vervaardig.
Dankie, weet jy of sal hy in n' Forster Co- Ax press werk?

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Tue Feb 08, 2022 7:04 pm
by Sean3006
I also have the Perfect Bullet Puller made by Mauritz. I am very happy with it.

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Tue Feb 08, 2022 8:39 pm
by finch
Perfect bullet puller. Dink ek het die pakkie van mauritz gekry nog voor die geld in sy rekening gereflekteer het.

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Tue Feb 08, 2022 9:10 pm
by J le Roux
Ek het al die RCBS Kinetiese hamer en ook RCBS collet puller gebruik, lg. is beter. Soos ek die Perfect Bullet Puller videos bekyk lyk dit nog beter.

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Tue Feb 08, 2022 9:24 pm
by Klein Chris
Wat kry jy saam met die perfect bullet puller? Kan ek direk by Mauritz bestel?

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Tue Feb 08, 2022 10:09 pm
by phyllox
Ek het direk by Mauritz bestel. Kannie onthou of jy collet vir een kaliber by kry nie. Kom nie met ring vir Co-Ax nie. Ook nie seker of dit sal werk nie want CoAx se arm moet bo oor die Bullet puller se body en arm beweeg. Ek kan môre vir jou kyk as niemand anders kan bevestig nie …


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Wed Feb 09, 2022 4:45 am
by Chris (vdB)
phyllox wrote: Tue Feb 08, 2022 10:09 pm Ek het direk by Mauritz bestel. Kannie onthou of jy collet vir een kaliber by kry nie. Kom nie met ring vir Co-Ax nie. Ook nie seker of dit sal werk nie want CoAx se arm moet bo oor die Bullet puller se body en arm beweeg. Ek kan môre vir jou kyk as niemand anders kan bevestig nie …


Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie dankie, ek sal dit baie waardeer indien jy kan kyk of hy sal werk in die Co-Ax

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Wed Feb 09, 2022 5:12 am
by Klein Chris
phyllox wrote: Tue Feb 08, 2022 10:09 pm Ek het direk by Mauritz bestel. Kannie onthou of jy collet vir een kaliber by kry nie. Kom nie met ring vir Co-Ax nie. Ook nie seker of dit sal werk nie want CoAx se arm moet bo oor die Bullet puller se body en arm beweeg. Ek kan môre vir jou kyk as niemand anders kan bevestig nie …


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie sal vir Mauritz kontak

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Wed Feb 09, 2022 8:54 am
by Toxxyc
6.5/284Norma wrote: Tue Feb 08, 2022 2:57 pm https://bulletsandbrass.co.za/product/t ... r,-R450.00

Beste wat ek ooit gehad het. Word lokaal vervaardig.
Ek het ook so een, werk soos 'n bom.

Behoort te werk in enige press, die thread is 'n standaard thread waarin dies ook kom. Jy skroef hom bo-in the press waar die dies indraai, sit die collet in vir die regte bullet size, druk die rondte op tot in die collect, druk the lever af om die bullet te klamp en dan trek jy net die press se handle op. Koeël trek maklik uit.

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Wed Feb 09, 2022 12:23 pm
by Boomstomp
Chris (vdB) wrote: Wed Feb 09, 2022 4:45 am Baie dankie, ek sal dit baie waardeer indien jy kan kyk of hy sal werk in die Co-Ax
Ek het ook 'n Co-Ax... gebruik die Forster Bullet Puller Universal (sonder armpie) wat hulle juis vir die press maak. Werk heel lekker vir my.

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Wed Feb 09, 2022 12:40 pm
by Chris (vdB)
Baie dankie Boomstomp, ek sal bietjie kyk waar ek een kan kry, want lyk my nie die ander tipes werk op die co-ax presse nie en ek wil ook nie n' kinetiese hammer eintlik hr nie. baie dankie en n' mooi dag vir jou

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Wed Feb 09, 2022 1:17 pm
by Jean Marais
Boomstomp wrote: Wed Feb 09, 2022 12:23 pm
Chris (vdB) wrote: Wed Feb 09, 2022 4:45 am Baie dankie, ek sal dit baie waardeer indien jy kan kyk of hy sal werk in die Co-Ax
Ek het ook 'n Co-Ax... gebruik die Forster Bullet Puller Universal (sonder armpie) wat hulle juis vir die press maak. Werk heel lekker vir my.
Die Forster puller is ok, maar beslis nie die beste nie. Die collett se flanges is soms geneig om te breek, veral as die koeël redelik vassit, en veral op die groter kalibers, waar die metaal maar aan die dun kant is.

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Fri Feb 11, 2022 6:29 am
by 6.5/284Norma
Chris (vdB) wrote: Tue Feb 08, 2022 5:36 pm
6.5/284Norma wrote: Tue Feb 08, 2022 2:57 pm https://bulletsandbrass.co.za/product/t ... r,-R450.00

Beste wat ek ooit gehad het. Word lokaal vervaardig.
Dankie, weet jy of sal hy in n' Forster Co- Ax press werk?
Werk nie met Co-ax nie, hefboom kom in die pad.

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Fri Feb 11, 2022 12:53 pm
by Chris (vdB)
Dankie vir die terugviering Norma, ek waardeer. Lekker naweek

Re: Bullet puller aanbeveeling?

Posted: Fri Feb 11, 2022 9:22 pm
by J P
Ek gebruik die Hornady in 'n Co-ax. Arm gaan maklik bo-oor die die en lever. Werk net so maklik soos in gewone press.

Sent from my SM-G985F using Tapatalk