Page 1 of 1
Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 5:51 pm
by shanenel
Middag manne.
Vandag iets ondervind wat ek nog nooit voorheen in 46 jaar se skiet en jag gesien het nie.
Ek het so paar maande gelede n Arken scope op my een geweer gemonteer.
Ek het 34 mm ringe van n plaaslike vervaardiger gekoop en gemonteer.
Ek was baie beindruk met die ringe.Het alles gemonteer en drie skote geskiet en geweer in die kluis gebere.Ek haal vandag die geweer eerste keer in n maand of twee uit en vind die scope is heeltemal los.Toe ek ondersoek instel merk ek albei die ringe is mors af gebreek.
Dit nog nooit ondervind nie.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:08 pm
by shanenel
As iemand kan help dan kan ek fotos wattsapp ek sukkel om die goed gepost te kry.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:29 pm
by 6mmMusgrave
Fotos van die Ringe
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:33 pm
by tripodmvr
Kan jy moontlik meer fotos uit ander hoeke plaas? Teen watter spanning is die ringe vasgedraai?
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:35 pm
by shanenel
Ek sal moet kyk wat die torq setting was, ek het dit in my boek geskryf.Ek het al skroewe gestrip van hoe torq maar nog nooit gesien n ring breek so nie.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:37 pm
by tripodmvr
Is die fotos van die onderste ringe?
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:41 pm
by 6mmMusgrave
Nog n foto
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:43 pm
by shanenel
Ek het nou geloer.Die scope mounts het nie met settings gekom nie,ek het toe op die Arken scope settings gewerk.Dit was 18 inch/pounds.Ek het n fat torq wrench gebruik.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:46 pm
by tripodmvr
Geen skade aan die teleskoop?
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:48 pm
by shanenel
Die scope het nie n merk op nie
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:52 pm
by shanenel
Dit is die onderste helfte van die ring ja.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:57 pm
by 6mmMusgrave
Ander foto
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 6:59 pm
by tripodmvr
Ek sou dit eerstens na die vervaardiger verwys. Hulle het nie 'n montering handleiding bygesit nie? Die feit dat die boute wat die ring op die spoor vasdraai, by die breuk is, kan dalk 'n rol gespeel het.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 7:01 pm
by tripodmvr
Die klampie se deel bo lyk asof dit moontlik teen die ring kon gedruk het.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 7:20 pm
by shanenel
Dit is hoekom ek nie die naam noem nie ek wil eers met die vervaardiger praat.Die plek waar hulle gebreek het lyk baie swakker as die teenoorgestelde kant.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sat Feb 05, 2022 10:49 pm
by Francoisv
6mmMusgrave wrote:Ander foto
Lyk vir my na swakplek op ring. Ontwerpsfout.

Shoot straight
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sun Feb 06, 2022 7:47 am
by Christo
FV koop by Anton ook saam met daai scope die 20moa scope mount. Hy lyk supe en ek din baie goeie kwaliteit vir wat hy kos.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Sun Feb 06, 2022 10:18 am
by Schalk van Wyk
Ek ken daardie ringe en vervaardiger. Het presies die selfde gesien gebeer mwt een van hulle stel ringe. Die vervaardiger het die ringe omgeruil. Dink dit is belangrik om hulle in kennis te stel. Met ‘n klein verandering in die ontwerp kan dit baie lekker ringe wees wat goed geprys is ook.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Wed Feb 09, 2022 5:28 pm
by shanenel
Middag manne.
Scope ringe is uit gesort.
Die vervaardiger het met geen probleem aangebied om hulle te vervang of by te "refund".
Ek het reeds n ander ringe bestel so het my geld terug gekry.
Die is lekker om met mense besigheid te doen wat nog pa staan vir hulle produkte.
Die mense by Arms in pretoria sal beslis steeds my ondersteuning kry.
Wel gedaan.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Wed Feb 09, 2022 8:21 pm
by tripodmvr
Ek is bly jy het 'n bevredigende oplossing gekry. Dankie dat jy erkenning gee aan die wat jou regverdig behandel het.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Wed Feb 09, 2022 8:44 pm
by Lategan1
Stem saam.
Beste.
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Thu Feb 10, 2022 7:50 am
by Capt. Yoda
Is goed jy het reg gekom maar ek moet saam met Francoise stem daai is n baie swak ontwerp of dan nou n swak ring wat deur QC gekom het. Ek dink nou maar aan agter op n bakkie staan op jou eerste dag van die jag met n R40 000 se scope op jou geweer en daai ringe breek as die bakkie oor n hobbel gaan, ek sal darem maar vol smiles wees daai week
Re: Gebreekte scope ringe
Posted: Thu Feb 10, 2022 8:29 am
by shanenel
Dink ook die ontwerp is nie op spec nie.Het al van hulle ander produkte gebruik en na baie jare werk hulle nog net so goed.