Page 1 of 1
Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 8:31 am
by OosKaapJagter
Deesdae sien 'n mens oral spelfoute ens.
Oor die algemeen sal 'n mens dit maar oorsien solank die boodskap net duidelik oorgedra word.
Hierdie is aangepas uit iets wat ek jare terug gelees het. Skuif net die komma.
Die ou man wil die volgende op sy vrou se grafsteen sit:
Hier lê Magriet. In die hemel is sy, nie in die hel, dit weet ek wel.
Toe die grafsteen kom staan daar:
Hier lê Magriet. In die hemel is sy nie, in die hel, dit weet ek wel.
Spelling is net so gevaarlik. Die ou stuur vir sy vrou die volgende boodskap:
"I am having a wonderful time. Wish you were her"
Re: Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 9:20 am
by Lategan1
Ek probeer redelik korrek wees. My probleem is ek dink meestal in Engels, ook studeer in die rooi taal, my taalkonstruksie is baie keer Engelse “gramatika” wanneer skryf in Afrikaans.
Dit gaan al beter deur die jare nadat baie mense aandag daarop vestig. Het ‘n kwaai sekretaresse gehad, het my gedril!
Kortom, goeie taalgebruik en sakebriewe en veral e-posse, moet korrek wees.
Mooi onderwerp.
Beste.
Re: Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 9:29 am
by tripodmvr
Ek lees gereeld nuusberigte op msn.com. Die Engelse taal word daar werklik verkrag en soms sukkel mens om sin te maak van sommige berigte. Die verslaggewers proeflees beslis nie hul eie berigte nie, wat nog van hul seniors wat dit behoort na te gaan.
Dit is deesdae so maklik om spelling met Google na te gaan. Ek is pynlik wanneer dit kom by spelling en grammatika, maar mens leer mettertyd geduld met die skrywes op die forums. "Predictive text" neuk ook nog tussenin om jou sinne op te voeter.
Re: Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 9:48 am
by Capt. Yoda
Mense wat julle kinders leer spel
Re: Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 12:22 pm
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote: Mon Jan 31, 2022 9:48 am
Mense wat julle kinders leer spel
Jy het nou kat aan die klinkkers beet maat.
Daai jong man se onderwysers kan spel.
Die persoon wat die geleentheid aangebied het is sekerlik 'n "tenderpreneur", wat die kontrak losgeslaan het omdat hy of sy, die hoogste bod ingesit het.
Die grootste probleem is dat hulle nie eens weet waar die Paarl is nie.
Re: Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 1:07 pm
by Capt. Yoda
EK hoor die tannies noem vir Jason Prins van die Perel
Re: Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 5:14 pm
by Andre308
Capt. Oblivious wrote: Mon Jan 31, 2022 1:07 pm
EK hoor die tannies noem vir Jason Prins van die Perel
So dog ek dit is Hings van die Perel

Re: Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 8:53 pm
by Diesel Dog
Ek sukkel maar met spelling en taal reels oor die algemeen. Sien ek het op snoek kop en patats groot geword en my enigste voorgeskrewe boek was Koos Duintjies eet rosyntjies. Maar een ding is seker ek praat en skryf nie in raaisels nie.
DD
Re: Spelling en leestekens
Posted: Mon Jan 31, 2022 9:50 pm
by tripodmvr
DD, jy skiet jou spelling reg !!!!!!!
Re: Spelling en leestekens
Posted: Tue Feb 01, 2022 7:59 am
by win270
Dit sal handig wees as mens op Jaracal se webwerf opsie kan kies om jou spelling en grammatika (hetsy in Afrikaans of in Engels) te kontroleer voor jy plaas.
Let wel, dit moet opsioneel wees.
Hoe lyk dit, moderators? Is dit moontlik?
Re: Spelling en leestekens
Posted: Tue Feb 01, 2022 9:14 am
by Vergo10
win270 wrote: Tue Feb 01, 2022 7:59 am
Dit sal handig wees as mens op Jaracal se webwerf opsie kan kies om jou spelling en grammatika (hetsy in Afrikaans of in Engels) te kontroleer voor jy plaas.
Let wel, dit moet opsioneel wees.
Hoe lyk dit, moderators? Is dit moontlik?
...en dit sal handig te pas kom met die woord "die". Hierdie woord het drie verskillende betekenisse op die forum en telkemaal gebruik manne dit agtereenvolgend.
Re: Spelling en leestekens
Posted: Tue Feb 01, 2022 9:14 am
by Vergo10
win270 wrote: Tue Feb 01, 2022 7:59 am
Dit sal handig wees as mens op Jaracal se webwerf opsie kan kies om jou spelling en grammatika (hetsy in Afrikaans of in Engels) te kontroleer voor jy plaas.
Let wel, dit moet opsioneel wees.
Hoe lyk dit, moderators? Is dit moontlik?
...en dit sal handig te pas kom met die woord "die". Hierdie woord het drie verskillende betekenisse op die forum en telkemaal gebruik manne dit agtereenvolgend.
Re: Spelling en leestekens
Posted: Tue Feb 01, 2022 11:41 am
by tripodmvr
En dan sit mens nog ook met Crapatalk se dubbelplasings !!!!!!!
Re: Spelling en leestekens
Posted: Tue Feb 01, 2022 12:09 pm
by Dawie Malan
Hier was 'n man op Jaracal wat advies aan almal gegee het hoe om hulle gewere beter te laat skiet. Maar die man het elke keer "akkuraat" met net een K gespel. En toe hy hoor ons lag daaroor op Whatsapp forums, toe vee die man elke liewe plasing van homself uit.
Spelling is belangrik.
Re: Spelling en leestekens
Posted: Tue Feb 01, 2022 1:29 pm
by Capt. Yoda
Ek het nie eers geweet hy kry 2 k's nie, wil jy nou meer
Re: Spelling en leestekens
Posted: Tue Feb 01, 2022 3:05 pm
by Riaan Kriel
Capt. Oblivious wrote: Tue Feb 01, 2022 1:29 pm
Ek het nie eers geweet hy kry 2 k's nie, wil jy nou meer
Jy bevestig dit mos reeds in jou profiel "Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet."

Re: Spelling en leestekens
Posted: Wed Feb 02, 2022 7:23 am
by Capt. Yoda
Ja Riaan, in daai dorp waar jy bly het hulle ons net leer brannewyn drink op skool
Re: Spelling en leestekens
Posted: Wed Feb 02, 2022 8:05 am
by Riaan Kriel
Capt. Oblivious wrote: Wed Feb 02, 2022 7:23 am
Ja Riaan, in daai dorp waar jy bly het hulle ons net leer brannewyn drink op skool

Ja né