Page 1 of 1
Waarde van sako L579 .308?
Posted: Thu Jan 27, 2022 10:57 pm
by Jacques.308
Hi manne ek toets sommer net die water. Ek het n Sako L579 aksie met 'n 26" broughton loop op. Die loop het so 400 skote deur maar ek kry hom nie om lekker te groepeer nie.
Ek wonder sommer net wat die waarde van so iets sal wees? En of daar moontlik belangstelling is?
Groetnis
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 7:15 am
by Ds J
Hoe akkuraat is hy tans?
n 26" loop beteken dat jy waarskynlik op langer afstande teiken skiet; hy kan nog steeds goed werk as n jaggeweer.
Dit sal baie help om die prys te bepaal.
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 7:33 am
by Lategan1
Ja, en twist en koeëlgrein? Goeie aksie, geen rede dat dit die probleem is nie.
Onthou Sako het ook bietjie geskiedenis van reekse wat se snellers nie so great is nie. Die manne in Europa skiet korter afstande , met of sonder handskoene in die koue.
Beste.
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 8:14 am
by Jacques.308
Lategan1 wrote:Ja, en twist en koeëlgrein? Goeie aksie, geen rede dat dit die probleem is nie.
Onthou Sako het ook bietjie geskiedenis van reekse wat se snellers nie so great is nie. Die manne in Europa skiet korter afstande , met of sonder handskoene in die koue.
Beste.
1:11 twist loop. Ek het al alle gewig punte probeer van 125 tot 180 en kry hom nie om te skiet nie. Ek het hom op sy beste by 0.7 moa gekry
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 8:36 am
by Capt. Yoda
Ouer Sakos veral die Deluxe modelle in spesifieke kalibers gaan goeie geld omdat hulle nie so volop is nie maar n 308 L579 val ongelukkig nie in daai lys nie, die geweer is ook nie meer standaard nie so jou regte Sako lover gaan ook anders na hom kyk . Persoonlik sou ek hom probeer maak skiet want ek dink nie jy gaan die geld van die loop terug maak as jy die geweer nou verkoop nie. Manne koop eder n nuwe Howa vir R9000 of wat ook hulle deesdae kos en tackticalise hom
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 8:40 am
by Lategan1
Dink daar het jy die antwoord. Werk met wat jy het en kry die fout.
Beste.
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 8:43 am
by Jacques.308
Kan mens n kamer so verkeerd sny dat dit moontlik die fout kan wees?
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 9:04 am
by Ds J
Het jy al die standaard toetse gedoen, bv gekyk vir n bedfout, los skroewe, skewe kroon, ens?
Vat hom dalk vir n goeie geweerbouer om na te gaan - daar is dalk n snaakse foutjie.
Edit: n skewe / kort kamer kan die fout wees.
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 9:04 am
by Capt. Yoda
Enige iets is moontlik maar dit kan heel moontlik iets klein wees, Broughton is n top loop maar daar kan dalk iets met die loop self fout wees ook.
Het jy die standaard kolf nog op hom?
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 9:06 am
by Jacques.308
Hy het nog standaard kolf op maar float heeltemal en is gebed. Geweer was al by bloem custom rifles en Kevin kry geen fout met hom nie.
Dalk maar nog net n laaste keer probeer
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 9:21 am
by Capt. Yoda
Wat skiet jy nou tans in hom?
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 9:25 am
by Jacques.308
Capt. Oblivious wrote:Wat skiet jy nou tans in hom?
155 ELD Match maar gaan hom probeer met 150gr speer Hot-Cor om hom maar n stap en jag geweer te maak.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 1:14 pm
by Maroelas
Daai oorspronklike kolf is horribaal 11.1.11! Hy drop te veel vir 'n teleskoop. Ek het myne (243win) in 'n boyds kolf, wat reguit is, gesit en dit maak 'n enorme verskil aan jou cheeckweld.
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 3:06 pm
by Lategan1
Check ook jou sneller se stelling. Ek al baie gesukkel, nou weer een vervang. Sako stel normaalweg hulle pd trekking hoog, ek sou tussen 2.5-3.0 pd begin om moontlike fout te elimineer vir jag. Dalk ht jy dit reeds gestel.
My ervaring is dat jy konstant moet kan goed groepeer vir jag, nie net nou en dan, soos jy dit uitlig nie. Dit veroorsaak dat mens nie selfvertroue het vir die skote verder as 250m nie. Daarom sou ek by sneller begin na aanleiding van wat jy noem reeds gedoen is.
Sneller check is vir my een van die standaard toetse soos iemand dit hier noem.
Beste.
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 3:07 pm
by Ds J
En laat iemand anders n slag met hom skiet.

Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 3:10 pm
by Jacques.308
Lategan1 wrote:Check ook jou sneller se stelling. Ek al baie gesukkel, nou weer een vervang. Sako stel normaalweg hulle pd trekking hoog, ek sou tussen 2.5-3.0 pd begin om moontlike fout te elimineer vir jag. Dalk ht jy dit reeds gestel.
My ervaring is dat jy konstant moet kan goed groepeer vir jag, nie net nou en dan, soos jy dit uitlig nie. Dit veroorsaak dat mens nie selfvertroue het vir die skote verder as 250m nie. Daarom sou ek by sneller begin na aanleiding van wat jy noem reeds gedoen is.
Sneller check is vir my een van die standaard toetse soos iemand dit hier noem.
Beste.
Sneller en als is gestel. Dankie lategan. Voor ek die vorige loop uit geskiet het, het ek konstant elke dag van die week 0,25 moa groepe op 200 en verder geskiet.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 3:12 pm
by Jacques.308
Jacques.308 wrote:Lategan1 wrote:Check ook jou sneller se stelling. Ek al baie gesukkel, nou weer een vervang. Sako stel normaalweg hulle pd trekking hoog, ek sou tussen 2.5-3.0 pd begin om moontlike fout te elimineer vir jag. Dalk ht jy dit reeds gestel.
My ervaring is dat jy konstant moet kan goed groepeer vir jag, nie net nou en dan, soos jy dit uitlig nie. Dit veroorsaak dat mens nie selfvertroue het vir die skote verder as 250m nie. Daarom sou ek by sneller begin na aanleiding van wat jy noem reeds gedoen is.
Sneller check is vir my een van die standaard toetse soos iemand dit hier noem.
Beste.
Sneller en als is gestel. Dankie lategan. Voor ek die vorige loop uit geskiet het, het ek konstant elke dag van die week 0,25 moa groepe op 200 en verder geskiet.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
300 meter 5 skoot groep met vorige loop
Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 3:19 pm
by Lategan1
Eina pyn
Laat die tegniese manne hier probeer verder help. Ons moet die .308 se naam hoog hou!
Sterkte.
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 3:52 pm
by Witpietskiet
Daai ELD-M's het my ook laat sukkel.
Probeer gerus iets anders soos bv Berger se 155.5gr punte as jy wil Match punte skiet.
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 3:54 pm
by Jacques.308
Lategan1 wrote:Eina pyn
Laat die tegniese manne hier probeer verder help. Ons moet die .308 se naam hoog hou!
Sterkte.
My ander sako .308 skiet darem so op 500 so ek kla nie te veel nie. Gooi 150 gr SST teen 2950 fps
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Waarde van sako L579 .308?
Posted: Fri Jan 28, 2022 4:03 pm
by Ds J
Ds J wrote: Fri Jan 28, 2022 3:07 pm
En laat iemand anders n slag met hom skiet.
Ek dink ek moet hierdie woorde terugtrek.
Jacques, daar moet fout wees met die roer.
Vat hom terug, of vat hom vir n ander geweerbouer. Êrens is iets nie pluis nie.
Ek hoop werklik jy kom reg.