Page 1 of 2
Vortex teleskope
Posted: Wed Dec 23, 2009 9:52 am
by Cois
Dag almal
Sommer so vir die interesantheid.
Ek het n advertensie van die Vortex teleskope gesien en gewonder of enige iemand kennis het van hulle? Is dit goed of sleg of iets waarna n man dalk kan kyk. Sien hul het n 6-24 by 56 en n 8-32 by 60 in die Viper reeks. En hoe vergelyk die pryse met ander make?
Cois
Re: Vortex teleskope
Posted: Wed Dec 23, 2009 2:42 pm
by CHRIS
Cois
bel vir JT(0823764047) ek dink hy sal jou kan help. Hier is sap man wat vrotex het hy is baie tevrede,
groete Chris
Re: Vortex teleskope
Posted: Wed Dec 23, 2009 4:09 pm
by Dawie
Re: Vortex teleskope
Posted: Wed Dec 23, 2009 7:50 pm
by Danie Lombard .243
Hallo Cois.
Vortex is puik scopes. Kyk jy na die VIPER reeks? Hul is bedoel vir die skop kalibers, die magnums ens. Fabriek getoets teen 1000 G's, beterken 1000 keer die swaarte krag van die aarde. Hy kan maar stamp, se hull, hy verloor nie sy zero nie. Maat van my se 3-10X50 Vortex Diamond Back het seer gekry, hy het dit weg gestuur, terug gekry en hy jag alweer jakkalse met sy 22-250 rem.
Dus is die VIPER tog sekerlik die beter keuse, wel duurder as die DIAMOND BACK.
Die ander reeks is die DIAMOND BACK.
Net so goed, is vir die gewone minder skop kalibers bedoel.
Die VORTEX het 'n puik waarborg, WHYSALLS in natal, dink Pietermaritsburg, voer die scopes in, hulle het 'n goeie reretasie van puik diens, hul voer hoe gehalte kameras en lense in vanaf die buite land.
Hoop nie ek laat 'n aap uit die mou uit nie, ook maar net gehoor hoor.

Blykbaar is VORETX dieselfde as SWAROFSKI,

net met glas lense en nie kristal lense soos die van SWAROVSKI. Word in die Phillipyne gebou. Lig deurlaat is 98%, dus selfs beter as baie ander scopes.
Kon nog net met twee scope fabrikate op 300m patroon gate sien op die teiken, dit was met VORTEX en BURRIS. Glo dat SWAROVSKI en LEUPOLD dit ook sal rekkry, en as ek praat van gate sien op 300m, dan bedoel ek jy sien hul duidelik en behoorlik.
Nie 'n geval van ek wonder of en die skoot sien nie?, jy sien hom.
Danie
Re: Vortex teleskope
Posted: Wed Dec 23, 2009 9:01 pm
by Cois
Chris
Dankie sal bietjie met hom gesels
Danie
Ek wil n scope op my 243 sit en kyk maar na al die kante toe jong. Dankie vir die inligting dit klink heel gaaf.
Cois
Re: Vortex teleskope
Posted: Thu Dec 24, 2009 6:26 pm
by CHRIS
Dawie skuus ek sien nou, was regtig drukkers duiwel , nie aspris nie, ek is maar bietjie gestrem met die computer goed . Hulle s? mos gebore 1966BC (before computers)
Groete Chris
Re: Vortex teleskope
Posted: Thu Dec 24, 2009 9:11 pm
by Mac
Sommer 'n klippie in die bos oor hierdie thread, miskien sal julle hierdie link interesant vind.
http://www.longrangehunting.com/articles/vortex-viper-4-12x40-scope-review-1.php
Re: Vortex teleskope
Posted: Fri Dec 25, 2009 5:27 pm
by Nico Harris
...ZEISS...

Re: Vortex teleskope
Posted: Fri Dec 25, 2009 6:47 pm
by Louis102
Re: Vortex teleskope
Posted: Sat Dec 26, 2009 8:42 am
by theterminator
VORTEX WORD NET DEUR DIESELFDE INVOERDER INGEBRING, VERDER HET VORTEX NIKS MET SWAROVSKI TE DOEN NIE. DIE SWAROVSKI INVOERDERS SAL SEKERLIK NIE BOLLIE DIE LAND INBRING NIE
OP DIE STADIUM IS DIE VORTEX REEKS SEKER DIE BESTE WAARDE VIR GELD WAT 'N MAN IN SA KRY.
HET REEDS 'N HELE PAAR VIR VAN MY CUSTOMERS GEKRY EN NOG NET GOEIE TERUGVOERING OOR DIE SCOPES GEKRY.
Re: Vortex teleskope
Posted: Sat Dec 26, 2009 10:04 am
by Danie Lombard .243
Hallo terminator. Nee man, ek stem saam dat VORTEX nie SWAROVSKI is nie, het net gehoor by die skiet wereld dat dit baie goed vereglyk.
FEIT. VORTEX het 'n puik naverkope diens en waarborg. VORTEX veregelyk met die beste in die scope wereld. Tog is hul prys laag interme van ander fabrikate.
LOUIS en HARRIS.
OOR ZEIS.
JAWHOL !!!!!!
ZEIS ist ZEER GOOD!!! LEICA von Leipzig zeer schone. Deutschland fabrike ubber als. (hoop my spelling is reg,my duits het versleg)
Dankie tog vir verskillende fabrikate en keuses. Oomie vriend van my wat 'n hoe pos gehad het is die regering het jare terug oos duitsland besoek en aan my vetel hoe lyk dinge daar is. En jy besoek nie net die land nie, streng voorwaardes word aan jou gestel waaraan jy as gas moet voldoen, anders is jy in vars moelikheid. Daardie arme mense het min, en soms geen keuse gehad in terme van aankope van produkte. As mens nie keuses het nie, is dit maar goor. Voorbeeld wat hy aan my geskets het is die van die areme oos duitser se bier keuse. Blykbaar was daar net een soort bier beskikbaar aan die pupliek en dit was vrek sleg. Dit is gebottel in, as ek reg kan onthou, in 3 verskillende bottels met drie verskillende name, maar tog een slegte power bier inhoud binne. Ons is nog bevooreg om te kan kies watter produk ons wil gebruik en wil koop. Wonder vir hoe lank?
GRAPPIE

Hoop nie die scope gesels geen oorslaan na die CRUISER vs LANDIE besigheid nie. Dit gaan maar neuk as ons wydsbeen op ons scopes sit en deur modder en oor klippe ry om te toets wie beter is.

Die ouens met die hoe turrets moet net sorg dat hul turrets na bo en na die kant wys, ander gaan hul vas val oor die klippe.
Groetnis almal, geniet jul scopes en pas hul mooi op, daai vensters is duur.
Danie
Re: Vortex teleskope
Posted: Sat Dec 26, 2009 10:32 am
by Francois Marais
Danie
Die Vortex wat jy mee die gate op 300 kon sien, watter model was dit?? Ek stel belang in die Viper 6.5-20*50 met BDC reticle.
Ek het ook al .25 kal gate op 300m gesien, dit was met n 8-32*56 Nightforce.
Mooi loop
Francois
Re: Vortex teleskope
Posted: Sun Dec 27, 2009 8:50 am
by Danie Lombard .243
Hallo Francois.
Ek het vir jou 'n PM gestuur.
Danie
Re: Vortex teleskope
Posted: Sun Dec 27, 2009 1:00 pm
by Francois Marais
Danie
Thanks, het gekry.
Mooi loop
Francois
Re: Vortex teleskope
Posted: Tue Jan 19, 2010 8:32 pm
by tobie
ek het die diamondback 3.5 tot 10 by 50.Ek is nou nog nie n pro in nag jag nie en baie min probleme het met ongediertes jag ek nie so gereeld nie.ek het die scope op 308 van my pa.moet se n baie goeie 'up grade van die ou bushnell.ek het n bietjie gesukkel om in te stell.het na die op sit van die scope op 150m 3duim links en 2 duim laag geskiet.ek het hom in gestel en uit gegaan jag veld toe.na 2de skoot mis geskiet is het ek weer na die baan gegaan.waar my eerste skoot was voor die instel het hy weer geskiet.
ek het hom weer ingestel en tot op datum het ek seker 250 skote deur hom.elk 1 was waar dit moes wees.
as ek weer so kies was die groter viper my keuse.het al nader gery agter maan haar aan.ek roep nie in nie.(nog nie die nodige kennis en al die toerusting nie)en die paar katte wat ek wel moes skiet was klip gooi afstand van my af.ek so net daai bietji meer wou he om die skelm maanhaar te kon sien.
tobie
Re: Vortex teleskope
Posted: Wed Jan 20, 2010 7:27 am
by Cois
Tobie
Skiet jy die maanhare????????????????
Cois
Re: Vortex teleskope
Posted: Wed Jan 20, 2010 9:43 pm
by tobie
nee glad nie.ek het hull nodiger as wat hulle my het.ek het n plaag van miers hope soos ek by min gesien het.
ek skiet ook nooit as ek nie 100% seker is wat dit is nie.ek tel gemaklik op n mooi aand tussen 12 en 16 as ek net pad langs ry
tobie
Re: Vortex teleskope
Posted: Wed Jan 20, 2010 10:27 pm
by Ambessa
Hallo Tobie
tobie wrote:...nee glad nie.ek het hull nodiger as wat hulle my het.
Mooi.
Ambessa
Re: Vortex teleskope
Posted: Thu Apr 15, 2010 7:25 pm
by HVZ
Terug by die vortex
Ek het n 3-9x40 vortex op my 8x57.Ek het die naweek vir die 2de keer agter gekom dat as ek in die aand skiet dat als verkeerd loop.
Is die scopes baie gevoelig vir lig by die agterste lens? Ek het nooit die problem gehad met die 6x40 lynx wat ek op gehad het nie.
Dankie
Henri
Re: Vortex teleskope
Posted: Fri Apr 16, 2010 8:43 am
by Danie Lombard .243
HVZ
Gaan loer so terug in die argiewe by my profile, ek het 'n hele storie geskryf oor ligdeurlaat van scopes en nag skiet. Die fout le geensins by jou vortex scope nie, maar beslis by die groote van die vergrooting waarop jy die scope stel.
ONTHOU dat variable scopes se 6X vergroting stelling somms effens verskil van 'n fixed scope se 6X vergoting. Jou kruishaar fokus verstelling kan ook die vergoting so effens verander. Toets dit gerus, dit is so.
Onthou altyd die goue reel vir nagskiet, 'n mens soek 'n "exit light beam" van so na aan 7mm as mootlik. Ek verwys na die ligstraal deursnee wat agter by 'n scope se lens uit skyn, wat op jou pupil moet val sodat jy helder deur die scope kan sien. Daar kom mos ligstrale by die voorste lens in, nie waar?
Jou vorige lynx 6X40 scope se exit pupil light dia is 6,66mm. Amper 7mm, dit is hoekom jy met dit so goed kon sien in die nag, met die lynx scope. Stel jy die vortex op 9X vergroting sit jy met 'n 4,44mm ligstraal dia. Veels te klein vir jou oog t.o.v. nag skiet. Draai liefs die scope na 'n 5X of 5,5X of 6X vergroting vir nag gebruik. Jy sal die verskil agterkom. 'n Baie lekker nagskiet scope is die lynx 6X44. My ou jagmaat Hendrik het een op sy .223. Het al vele jakkies met daai roertjie gekap.
Hoop jy kom reg.
Lekker jag met daai 8X57.
Danie
Re: Vortex teleskope
Posted: Fri Apr 16, 2010 6:30 pm
by HVZ
Danie
Dankie,ek sal dit gerus probeer.
Ek het vir jou n pm gestuur.
Henri
Re: Vortex teleskope
Posted: Sat Apr 17, 2010 5:47 pm
by Hein M.
Niks fout met die Vortex "brand" nie. Het 'n 4-12x40 Diamondback op die 223 en is baie tevrede. Dit het baie maklik ingestel en na 500 skote sny die gaatjies mekaar gereeld op 100m. Dit hang seker grootliks af WANNEER jy gaan skiet en wat jou vermo?ns is - soos die kenners hierbo s?
Die teiken daar voor vra nie of jy 'n Europese fabrikaat teleskoop op die geweer het nie.
Die Zeiss cheers begin na 'n tyd al hoe meer na "viva" en "amandla" klink. Seker ook met reg
Hein M.
Re: Vortex teleskope
Posted: Sun Apr 18, 2010 12:43 am
by Boertjie
Wat prys die votex min of meer? Se so 4-12?50 of 56
Re: Vortex teleskope
Posted: Sun Apr 18, 2010 11:49 am
by Hein M.
Boertjie,
Ek het vir myne laasjaar R3300 betaal by Safari&Outdoor. Daardie wat jy soek is so R6500. Die lewenslange waarborg is nogal 'n gerusstelling. Moenie die Lynx scopes vergeet nie. Ek gaan na die einde van die jaar beslis een op my 243 sit.
http://www.safariandoutdoor.co.za/vortex-viper-6520x50-target-croshair-p-524.html
Sien hulle het nie nou in voorraad nie.
Hein M.
Re: Vortex teleskope
Posted: Sun Apr 18, 2010 12:57 pm
by Boertjie
DANKIE HEIN.HOE VERGELYK VORTEX MET LINX? WATTER EEN SAL JULLE SE IS BETER? EK HET LINX 3-9?50