Jagmes op grootwild jagte
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Jagmes op grootwild jagte
Hallo almal
Vinnige vragie vir die manne wat grootwild of gevaarlike wild jag.
Ek sit in isolasie, so daar is baaaaie tyd vir Youtube jagvideos
Nou sien ek op amper elke video oor buffeljag en ook ander, dat almal, van die gids, tot die kliënt se vrou, 'n jagmes van een of ander tipe op hulle gordels dra.
Wat sou die rede daarvoor wees?
Ek is nie sarkasties of snaaks nie, net regtig nuuskurig oor die doel daarvan.

Groetnis
Philip
Philip
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Dis deel van die jagters image... ha-ha!
Mooi loop
Mooi loop
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Dit is maar hoofsaaklik om lemoene en kaaskoek te eet.die slag werk word gewoonlik met okapi's en matmesse gedoen.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Daar was op n stadium sprake dat iemand dit verpligtend sou of wou gemaak het vir professionele jagters. Ek vermoed dit was n sentrale organisasie van een of ander soort. n Vriend van my dra n tamaaie kukri vir daardie rede.
En dan is daar die geval dat die mense jagmesse dra - dit is omtrent dieselfde as wanneer n bakkiejagter kamoefleerdrag dra.

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Goeie vraag, Philip. Kan dalk aangewend word om biltong te kerf en lemoene te skil op die Cruiser.
Ernstiger noot, ek twyfel ook of dit enigsins aangewend word by 'n buffelkarkas in die veld.

- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Baie interessant. Mens moet tog n mes hê om jou bok te bloei. Ek twyfel egter of enige van daai manne hulle messe ooit daarvoor gebruik. Ek gebruik n groterige eenlem Victorinox knipmes vir die bloei en ontwei in die veld. Dié dra ek in my hempsak. Omdat hy net een lem het, is hy lekker plat en dra gemaklik.
My jagmes is in my rugsakkie. Dié het ek amper nog nooit in die veld gebruik nie. Ek praat nou sommer van algemene jag.
My mond het oop gehang toe ek die eerste keer n matmes in aksie sien by n buffel se afslag. Hel n buffel is taai om te slag en maak n mes gou stomp.
Miskien kan die manne vertel hoe en waar hulle, hulle messe gebruik.
My jagmes is in my rugsakkie. Dié het ek amper nog nooit in die veld gebruik nie. Ek praat nou sommer van algemene jag.
My mond het oop gehang toe ek die eerste keer n matmes in aksie sien by n buffel se afslag. Hel n buffel is taai om te slag en maak n mes gou stomp.
Miskien kan die manne vertel hoe en waar hulle, hulle messe gebruik.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Ek het 'n paar messe wat ek gereeld gebruik... onder hulle is twee jagmesse van my eie ontwerp, dan ook 'n Blaserknipmes met enkele lem, 'n Mauserknipmes (eintlik maar 'n Victorinox) met twee snylemme en 'n saaglem en 'n klein Buckknipmes met een groot en een klein lem. Terloops, as jy nou lekker wil sukkel, moenie 'n tweedehandse petrolgrassnyer koop nie, probeer maar net twee elande se pense manalleen uithaal in die veld.
Iets wat my altyd laat glimlag is die manne wat met groot erns wil weet van watter tipe staal die lem gemaak is, hoe taai die staal is en hoe lank dit sy snykant sal behou. En dan weet ek daardie man maak soos Julian geskryf het... hy sny kaaskoek en dalk net miskien 'n lemoen.

Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Ek sal heeltemal verlore wees sonder n mes ek gebruik een elke dag.
EK dra altyd n folder met n klip voor basies in my lies die mes gebruik ek vir alledags se sny werk.
As ek in groot areas of berge jag hou ek daarvan om n Tom Brown Tracker te dra in SOB. Die mes het ek al gebruik om pale te kap om diere uit te dra, bene deur te kap om diere maklier te kan dra,pale en takke vir blinds,skiet stokke in die bos te maak, paaie oop kap sodat voertuig kan in en nou die dag swik ek my enkel op n berg toe kap ek n loop stut wat my afkom baie vermaklik.
Ek gebruik ook n Alaskan Bush camp Knife wat n baie sterk skerp mes is om groot bokke slag. Hy het baie lekker gewerk in die swamps om buffel op te sny en uit te dra. Hy sal ook baie goed "stab" so ek dra hom as ons katte jag. Ek weet nie of ek hom ooit sal gebruik maar laat my net better voel.
In my jagsak wat op die bakkie bly is daar n behoorlike belly ripper, klein Western byl wat ongelooflik lekker kap, 2 skermakers en 3 for 4 ander messe vir die spoorsnyers om te gebruik
DIt is baie belangrik dat jou kliente en sy vrou goeie kwaliteit messe dra.... waar dink jy het ek my messe van gekry.

Philip J wrote: Sat Dec 11, 2021 8:11 pm Hallo almal
Vinnige vragie vir die manne wat grootwild of gevaarlike wild jag.
Ek sit in isolasie, so daar is baaaaie tyd vir Youtube jagvideos
Nou sien ek op amper elke video oor buffeljag en ook ander, dat almal, van die gids, tot die kliënt se vrou, 'n jagmes van een of ander tipe op hulle gordels dra.
Wat sou die rede daarvoor wees?
Ek is nie sarkasties of snaaks nie, net regtig nuuskurig oor die doel daarvan.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Môre almal
Die vraag was eintlik meer tong in die kies as enige iets anders.
Ek wonder nie waarvoor gebruik mens 'n mes nie. Ek self dra elke dag van my lewe 'n knipmes. Dis wel 'n groter mes as die tradisionele rooi Victorinox, soos die een wat my Pa al die jare gedra het, maar met die mes doen ek alles waarvoor ek van dag tot dag 'n mes mag nodig kry.
Ek wonder maar net oor die doel van die groot, klaarblyklik ongemaklike stuk jagmes aan jou belt op n gevaarlike wild jagtog terwyl daar 'n gids en 'n span draers en slagters saam met jou jag.......
Dis nie asof die oorsese kliënt self sy trofee gaan afslag of selfs net bloei nie.

Last edited by Philip J on Sun Dec 12, 2021 10:24 am, edited 1 time in total.
Groetnis
Philip
Philip
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Daai maak vir my baaaaie sin.Thunderhead wrote: Sun Dec 12, 2021 10:04 am
DIt is baie belangrik dat jou kliente en sy vrou goeie kwaliteit messe dra.... waar dink jy het ek my messe van gekry.![]()
Ek het geweet ek sal die regte antwoorde hier kry!
Groetnis
Philip
Philip
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2940
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Nee ek dink nie ons verstaan verkeerd nie.... net so bietjie detour... droom oor die messe omrede dit ‘n lekker vraag is! Baie nostalgie en image oor messe... ons geniet net die vraag soos dit elkeen behaag
Myne is permanent langs my sy met jagtrippie... vanaf huis en terug .... en skil baiekeer net lemoene ... of eet kaaskoek, maar hy is wel gereed en geskik vir alle jagterstake!
Beste.
ns. Ek gaan nie op gevaarlike wild jag nie, dalk nog, dan dalk met ‘n panga langs my sy. Lekker Sondag manne/ninne.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Dis baie maklik om te verstaan. Baie van die oorsee se jagters droom al vandat hy n kind is om in Afrika te kom jag. Alles was hy/sy koop maak deel van die droom. Hulle kom met baie toeristing wat hul nooit sal gebruik maar dit is deel van die opbou tot hy uit eindelik sy voete op die jag area sit.
quote="Philip J" post_id=858620 time=1639296932 user_id=7212]
Môre almal
Die vraag was eintlik meer tong in die kies as enige iets anders.
Ek wonder nie waarvoor gebruik mens 'n mes nie. Ek self dra elke dag van my lewe 'n knipmes. Dis wel 'n groter mes as die tradisionele rooi Victorinox, soos die een wat my Pa al die jare gedra het, maar met die mes doen ek alles waarvoor ek van dag tot dag 'n mes mag nodig kry.
Ek wonder maar net oor die doel van die groot, klaarblyklik ongemaklike stuk jagmes aan jou belt op n gevaarlike wild jagtog terwyl daar 'n gids en 'n span draers en slagters saam met jou jag.......
Dis nie asof die oorsese kliënt self sy trofee gaan afslag of selfs net bloei nie.
[/quote]
quote="Philip J" post_id=858620 time=1639296932 user_id=7212]
Môre almal
Die vraag was eintlik meer tong in die kies as enige iets anders.
Ek wonder nie waarvoor gebruik mens 'n mes nie. Ek self dra elke dag van my lewe 'n knipmes. Dis wel 'n groter mes as die tradisionele rooi Victorinox, soos die een wat my Pa al die jare gedra het, maar met die mes doen ek alles waarvoor ek van dag tot dag 'n mes mag nodig kry.
Ek wonder maar net oor die doel van die groot, klaarblyklik ongemaklike stuk jagmes aan jou belt op n gevaarlike wild jagtog terwyl daar 'n gids en 'n span draers en slagters saam met jou jag.......
Dis nie asof die oorsese kliënt self sy trofee gaan afslag of selfs net bloei nie.
[/quote]
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Dankie @Thunderhead en al die ander manne.
Nou verstaan ek ook!
Nou verstaan ek ook!
Groetnis
Philip
Philip
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Oom Koos, help asb?!Koos Barnard wrote: Sun Dec 12, 2021 9:51 am Iets wat my altyd laat glimlag is die manne wat met groot erns wil weet van watter tipe staal die lem gemaak is, hoe taai die staal is en hoe lank dit sy snykant sal behou. En dan weet ek daardie man maak soos Julian geskryf het... hy sny kaaskoek en dalk net miskien 'n lemoen.
Mooi loop
Die dwarssnit van n lem, en die soort staal, en sy verharding is tog regtig belangrik as n mens iets van messe verstaan?
Te veel jagmesse is swak ontwerp, met n aaklige snyvlak en n dom dwatssnit.
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Ek het altyd gedink dit is om n"backup wapen" te hê vir jou "backup wapen". Soos die PH se seun wat die buffel doodgesteek het.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2149
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Ds J
Jy is heeltemal reg, al daardie goed is belangrik... beslis as jy jou mes baie gereeld gebruik. Dan wil jy nie hê die mes moet gou stomp raak nie, ensovoorts, ensovoorts. Maar vir die ouens wat die mes vir niks anders ooit gebruik as om 'n lemoen te skil nie, maak die kwaliteit van die staal nie soveel saak nie. Jy hoef nie jou kop te breek oor of 440 stainless of N690 of D2 of wat ook al die mees geskikte staal vir die lem is nie. Dis lekker om daaroor te kan spog neem ek aan, maar nie noodsaaklik vir wat sommige manne met hul messe doen nie. Ek ken iemand wat elke jaar groot hoeveelhede bokke pens uithaal, bloei en slag en hy verkies 'n lem met sagter staal as wat 'n mens sou verwag.

Maroelas
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Harry Wolhuter - enough said 
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Wat ookal die Shona byderhand het... Om te stry oor messe is soos om te stry oor die weer. Wie op dees aarde gee meer om as wat nodig is? Mooi goeters, maar my "go to" mes is nog altyd 'n Kershaw knipmes wat my ma vir my in 1985 vir my verjaarsdag vir my gekoop het.
Ek sal redelik swaar agter 'n "PH" loop wat 'n kukri dra. Maar dis nou maar ek...

Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
Toe Harry in Engeland nog een van sy messe gaan koop het, het hy vir die winkelier gesê dat hy n leeu met die mes doodgesteek het. Die winkelier het gesê dat hy dit glo want n mens kan n skaap daarmee keel-af sny
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Ek kannie help om te dink aan al die 4x4 bakkies met rollbars, snorkels en Warne winches wat nog nooit die grondpad verlaat het nie.
Kyk, ek is baie lief vir messe. Puma, Kershaw, Mackrill, Bossie, JD Robertson, Gavin Dickerson en andere.
Dit is heeltemal onnodig om so baie te hê, maar tog so lekker. Vir my is 'n lem van langer as 5 duim onprakties (behalwe as iemand 'n Puma White Hunter wil verkoop, PM my
).
Grootwild, kleinwild, lang of kort mes, dis deel van jag, geniet dit manne.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by J le Roux on Mon Dec 13, 2021 6:25 am, edited 2 times in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
So 2 weke gelede misplaas ek my Kershaw en my Leatherman se sakkie breek. Intussen het ek nog net gesukkel. Nooit weer sny ek 'n rooibok se keel met een van daai klein dunlem matmessies nie!
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5020
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Jagmes op grootwild jagte
Ek was al op paar jagte nie noodwending grootwild waar gidse en self PH nie noodwendig mes byderhand gedra het en gewoonlik dan is dit wanneer mes nodig is. Sodra jy nie een byderhand het nie is wanneer jy wens jy het enige mes byderhand gehad.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Jagmes op grootwild jagte
As jy kaaskoek sny maak dit nie saak nie.Koos Barnard wrote: Sun Dec 12, 2021 11:48 am Ds J
Jy is heeltemal reg, al daardie goed is belangrik... beslis as jy jou mes baie gereeld gebruik. Dan wil jy nie hê die mes moet gou stomp raak nie, ensovoorts, ensovoorts. Maar vir die ouens wat die mes vir niks anders ooit gebruik as om 'n lemoen te skil nie, maak die kwaliteit van die staal nie soveel saak nie. Jy hoef nie jou kop te breek oor of 440 stainless of N690 of D2 of wat ook al die mees geskikte staal vir die lem is nie. Dis lekker om daaroor te kan spog neem ek aan, maar nie noodsaaklik vir wat sommige manne met hul messe doen nie. Ek ken iemand wat elke jaar groot hoeveelhede bokke pens uithaal, bloei en slag en hy verkies 'n lem met sagter staal as wat 'n mens sou verwag.
Mooi loop
As jy egter vaie met messe werk maak dit wel saak. 440 is n baie goedkoop intreevlak staal en bly eenvoudig nie skerp nie.
Ek het min ondervinding met N690. Dit wat ek hoor is dit n goeie staal.
D2 aan ander kant kan ek skerpmaak, my skerpmaker by huis los, die mes gebruik om n paar pense uit te haal en af te slag en ook die karkasse opsny en verwerk sonder om hoef bekommerd te wees of ek nog kan sny. Dis n relatiewe goedkoop staal, roes so bietjie as jy nie na hom kyk nie maar hy hou. En as ek vanaand by die braaiek aartappels wil skil gaan ons aan. En more kan hy nog n bok of so slag voor ek weer moet skerpmaak.
440 A B of C kan jy dit nie mee doen nie maar dis n goedkoop staal wat produksie koste afhou. Basies net goed genoeg vir kaaskoek sny. Mits sie kors nie te hard is nie ander gaan jy weer moet skerpmaak.
Ek het een van jou messe Koos. Handtekening en al. D2 sal n goeie upgrade wees en die mes sal langer skerp bly.