Page 1 of 1

AR semi wat om te koop

Posted: Wed Dec 08, 2021 5:13 pm
by william007
Goeie dag
Wil so biekie die mane se opinie hoor. Oor AR semi.
Ek stel belang om n AR te koop maar weet nie wat nie. Ek soek iets wat kort loop het.
Maar moet 223 cal wees.

En dan die prys ook soek nie iets wat vrek duur is nie. bekostigbaar

Want ek sien daar is wat duur is en wat baie goed koper is.

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Wed Dec 08, 2021 6:08 pm
by Dirkvh
Dave Sheer verkoop lekker DM4 roere. Ek het 'n 10" een en is baie gelukkig. 12.5"-14" is ideaal vir meeste manne se doeleindes

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Wed Dec 08, 2021 6:15 pm
by Arnold
Ek het n S&W M&P15 sport 2 gekoop en sy loop korter laat maak tot 14.2". Met n standaard gas block werk hy steeds 100% met n mooi uitwerp patroon op omtrent 3uur.

Met al die goeie reviews wat ek al gelees en gesien het van die M&P en my beperkte positiewe ervaring kan ek nie anders as om die geweer aan te beveel nie.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: AR semi wat om te koop

Posted: Wed Dec 08, 2021 6:54 pm
by Ds J
Naand William , daar is baie goeie terugvoer - hier en op Gunsite.

(Ek self het op die ou end n Ruger Mini-14 aangeskaf - eenvoudig vir die gehardheid en n laer aankoopprys.)

Enkele gedagtes:
- lees BAIE en maak notas want n mens vergeet
- bly by bekende make
- begroot om ekstra geld uit te gee soos met amper enige geweer
- Norinco is goed om mee te begin, niemand kla oor hulle nie
- S&W en Colt het hulleself al bewys
- moenie korter as 12" koop nie - 14" werk deeglik

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Thu Dec 09, 2021 9:08 am
by Geno
Ek het 'n 16" S&W M&P Sport en is baie gelukkig met hom.
Ek het wel paar veranderinge gemaak maar hy skiet 'n barshou!
Freefloating handguard, verstelbare gas blok, Triggertech sneller. Nou skiet hy so:

Image

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Thu Dec 09, 2021 11:11 am
by Klein Karoo
Geno daai lyk baie goed

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Thu Dec 09, 2021 11:28 am
by Arnold
Ek moet sê dat my M&P kleiner groepe skiet as wat my Colt gedoen het.

Hierdie was seker toevallig en ek sal dit weer toets. 69gr SMK op 100m, net 3 skote om my zero te stel.
Image

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Thu Dec 09, 2021 3:59 pm
by LoopSoosStroop
Griet daardie is gevaarlike groepe met 'n AR

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Thu Dec 09, 2021 8:08 pm
by Klein Karoo
Arnold watter tipe teleskoop het jy daar gebruik en wat was jou spoed?

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Thu Dec 09, 2021 8:55 pm
by Arnold
Klein Karoo wrote:Arnold watter tipe teleskoop het jy daar gebruik en wat was jou spoed?
Sommer n Leupold 4.5-14x50 wat ek van my 30-06 afgehaal het.

Ek skat die spoed was hier by 2650fps maar ek het dit nognie gemeet nie.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: AR semi wat om te koop

Posted: Mon Dec 13, 2021 6:48 am
by william007
Baie dankie manne ek gaanloer daar laat ek kyk.

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Mon Dec 13, 2021 2:10 pm
by Arnold
Dit is darem lekker om met geweertjies te skiet. Sterkte met jou besluit!

Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: AR semi wat om te koop

Posted: Tue Dec 14, 2021 9:00 am
by william007
Hello Arnold as ek kan vra daai kombinasie van jou daar wat dit jou gekos.

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Tue Dec 14, 2021 9:01 am
by william007
Manne as julle wil sal jul asb jou AR foto plaas net te sien hoe dit lyk help baie .
dankie.

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Tue Dec 14, 2021 9:07 am
by Arnold
william007 wrote: Tue Dec 14, 2021 9:00 am Hello Arnold as ek kan vra daai kombinasie van jou daar wat dit jou gekos.
Ek kan vir jou sê wat daar in die foto staan maar totale prys wil ek self nie eers bereken nie ;D

S&W M&P 15 sport 2 optics ready, loop korter gesny tot op 14.2" en 'n low profile gasblock gepas
BCM® KMR *ALPHA* 13 (KeyMod™ Free Float Handguard)
Triggertech adaptable sneller
ergo tactical deluxe grip
Daniel defense stock
Olight Odin flits
Aimpoint H2 op 'n Spuhr QD mount

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Tue Dec 14, 2021 9:09 am
by Arnold
Hier is dieselfde geweer maar met n Delta Stryker 1-6 teleskoop. Ek soek nog n lekker QD mount vir hom.
Die rede vir spesifiek die Delta Stryker is omdat die verligte dot in die kruishaar daylight bright is so jy kan hom soos 'n red dot gebruik op 1x vergroting.

Image

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Fri Dec 17, 2021 8:41 am
by Geno
william007 wrote: Tue Dec 14, 2021 9:01 am Manne as julle wil sal jul asb jou AR foto plaas net te sien hoe dit lyk help baie .
dankie.
Image

S&W M&P Sport
16" loop
Trueworx handguard
Trueworxs adjustable gas block
Triggertech adaptable trigger
Operator tipe kolf vanaf 'n ADC (Sal dalk die Magpul PRS lite opsit as hy eendag beskikbaar is of selfs 'n Magpul UBR as ek iets collapsable soek)
Aimsport demper
Aimpoint H34s dot scope (besluit nog of ek hom nie wil verkoop vir 'n kleiner eenheid nie, so Warne ringe met UTG risers sal moet doen vir nou)
Ek soek nog vir 'n lekker aftermarket grip wat ek van hou.
Olight Baldr S flits met groen laser.

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Tue Dec 21, 2021 5:14 pm
by william007
Dis baie nice.
ek begin nou rond bel vir een.

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Wed Dec 22, 2021 7:12 am
by tau
Ek sal eerder nie my AR kom wys nie, sy is 'n werks esel en lyk nie so mooi soos die manne se ouens nie.

Geno daai Handgaurd is bitter nice ek like nie al die extra rails of van die eenhede nie.

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Wed Dec 22, 2021 8:29 am
by Ds J
tau wrote: Wed Dec 22, 2021 7:12 am Ek sal eerder nie my AR kom wys nie, sy is 'n werks esel en lyk nie so mooi soos die manne se ouens nie.
Tau, wat doen jy alles met die AR? Dit klink of dit jou bakkiegeweer kan wees?

Re: AR semi wat om te koop

Posted: Wed Dec 22, 2021 11:13 am
by tau
Ds J wrote: Wed Dec 22, 2021 8:29 am
tau wrote: Wed Dec 22, 2021 7:12 am Ek sal eerder nie my AR kom wys nie, sy is 'n werks esel en lyk nie so mooi soos die manne se ouens nie.
Tau, wat doen jy alles met die AR? Dit klink of dit jou bakkiegeweer kan wees?
Ja soms, maar my lewe verg nie 'n bakkie geweer in Suid-Afrika vir probleem diere nie, maar ander probleme. Myne is maar om my te beskerm teen zombies.

Die geweer se toerusting, belt en lengte verander ook as jy eers bietjie CQB oefeninge doen met 'n koelvaste jassie en jou magasyne etc op hom.