Page 1 of 1
Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sat Dec 04, 2021 6:15 am
by J le Roux
Bloed/water het uit n koelerboks agter in my bussie se kattebak op die mat uitgeloop. Dit is nou al 5 dae, en stink so erg dat 'n man se oë traan.
Carpet cleaner en stofsuig het niks gedoen nie.
Ek vermoed die baterië wat nou daar groei is die kwaal.
Help assseblief!
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sat Dec 04, 2021 7:45 am
by OosKaapJagter
Wat al in die verlede vir my gewerk het, is die anti-bakteriële "foggers" wat jy by enige motoronderdele winkels kry, of selfs die motorafdeling van 'n supermark of hardewarewinkel.
Probeer daarna die mat skoonmaak op so wyse dat jy dit natmaak. Sprinkel heelwat koeksoda op die natterige mat. Laat dit dan vir 'n paar ure droogword en suig dan die droë koeksoda poeier met 'n stofsuier uit.
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sat Dec 04, 2021 8:28 am
by Wielie Waps
Ek het al GEHOOR dat Windolene ook goed werk, veral vir melk wat gemors het in jou kar.
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sat Dec 04, 2021 11:08 am
by Zuku
Suurlemoen sap en Vannila essence sal die reuk wegvat. Het al deepfreese met vleis en 3 weke sonder krag al gered. Weel nie wat sal help vir bakterie nie
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sat Dec 04, 2021 1:11 pm
by HeinM
Sterk koeksoda / water oplossing
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sat Dec 04, 2021 7:26 pm
by Francoisv
Koeksoda en asyn paste het vir kattepis gewerk.
Sent from my CPH2145 using Tapatalk
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sat Dec 04, 2021 7:36 pm
by Kolhasie
Haal mat uit en was paar mal
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sat Dec 04, 2021 8:13 pm
by Ds J
Haal die mat uit en was hom in n flou peroksied-oplossing. Dit maak die bakterieë dood. Sit him dan vir n paar uur in direkte sonlig, en gooi dan n sakkie Stasoft in die kar.
(As dit nie werk nie moet jy n ander koelboks koop

)
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sun Dec 05, 2021 1:47 pm
by Alwin
Ds J wrote: Sat Dec 04, 2021 8:13 pm
Haal die mat uit en was hom in n flou peroksied-oplossing. Dit maak die bakterieë dood. Sit him dan vir n paar uur in direkte sonlig, en gooi dan n sakkie Stasoft in die kar.
(As dit nie werk nie moet jy n ander koelboks koop

)
Die sal werk ... eendag as die son weer uitkom...

Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sun Dec 05, 2021 2:30 pm
by tripodmvr
My vrou noem dat sodawater goed werk om die reuk te verwyder. As 'n bietjie peroksied of selfs bleikmiddel gebruik word sal dit die bakterieë dood. Daarna sal vanielje en asyn die reuk verdoof.
'n Vriend van my het platannas (vir vang van babers) in sy voertuig se kattebak vervoer en die emmer het omgeval. Hy kon baie onder matte en sitplekke uithaal, maar een het in die lugreëlingkonsole ingekruip en gevrek. Dit het baie werk geverg om dit reg te stel.
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sun Dec 05, 2021 6:09 pm
by Ds J
Op n ligte noot: n oop pakkie spek het in vroulief se kattebak tussen die bekleedsel en die romp ingeval. Ons het hom ongeveer drie maande later gekry.
Re: Vrot stink voertuig mat.
Posted: Sun Dec 05, 2021 8:12 pm
by tripodmvr
Ds kom jou nou na vore met 'n varkerige storie. Kan goed glo daardie was 'n reuk om te beleef.
Bietjie vis in die wieldoppe van die wittebrood kar was 'n ou gunsteling.