Page 1 of 1

6mm BR

Posted: Wed Dec 01, 2021 4:32 pm
by Francoisv
Ek het vir my 'n Savage LRPV (long range precision varmint) gekoop. Die 12 twist het my bietjie onkant gevang, maar dit kan op 'n latere stadium reggestel word met 'n 7.5 of 8 twist loop.

Volgens wat ek lees is 80gr die maksimum gewig vir die twist loop agv stabiliteit. Berger 80gr FB is blykbaar die top presteerder wat groepe betref . Op die stadium gaan ek 70gr Blitzkings en 75Gr Vmax probeer.

Is daar manne wat ondervinding kan deel? Dit lyk vir my of ek Varget sal kan gebruik. Op GRT kry ek 3350 met die Blitzkings en net so onder 3200 met Vmax. Wat is die optimum spoed vir die 2 koeëls? Loop is 26 duim.

Sent from my CPH2145 using Tapatalk


Re: 6mm BR

Posted: Wed Dec 01, 2021 5:29 pm
by tripodmvr
QL weet te vertel dat die volgende veilige nodes heelwaarskynlik die beste groepe gaan lewer :-

70gr SBK 3240vps -
75gr Vmax 3200vps - beginlading 30gr (bevestig dit op Hodgon se webtuiste) Ek is effe konserwatief. Kyk onder vir skakel na hul data.

Afhangende van dopvolume gaan die doppe heel vol Varget wees. Gaan op in 0,5gr inkremente.



https://www.hodgdonreloading.com/reload ... ue&type=54

Re: 6mm BR

Posted: Wed Dec 01, 2021 10:17 pm
by Francoisv
Dankie oom Tripod

Moet nog uitfigure wat ek met die geweer gaan skiet. Noem dit maar 'n projek geweer.

Sent from my CPH2145 using Tapatalk


Re: 6mm BR

Posted: Thu Dec 02, 2021 6:52 am
by tripodmvr
Doen gestand aan die BR in die naam en skiet klein groepies.

Re: 6mm BR

Posted: Thu Dec 02, 2021 8:18 am
by Pieter 300wm
Yes Francois. Ek het ongelukkig nie raad vir jou nie. Ek wou net weet of het jy die wapen nuut aangeskaf indien wel. Deur wie het jy gekoop?

Re: 6mm BR

Posted: Thu Dec 02, 2021 9:00 am
by Capt. Yoda
68gr Berger met n knippie N133

Re: 6mm BR

Posted: Thu Dec 02, 2021 9:02 am
by Kallie Fernhout
tripodmvr wrote: Thu Dec 02, 2021 6:52 am Doen gestand aan die BR in die naam en skiet klein groepies.
Dit kos nie baie werk om dit reg te kry met n 6BR nie. Dit is so maklik, ek het na 800 skote sommer oorgesny Dasher toe om net weer te kan krap ;D .

Re: 6mm BR

Posted: Thu Dec 02, 2021 2:28 pm
by Francoisv
Pieter 300wm wrote:Yes Francois. Ek het ongelukkig nie raad vir jou nie. Ek wou net weet of het jy die wapen nuut aangeskaf indien wel. Deur wie het jy gekoop?
2e handse geweer Pieter.

Sent from my CPH2145 using Tapatalk


Re: 6mm BR

Posted: Thu Dec 02, 2021 3:03 pm
by Francoisv
Capt. Oblivious wrote:68gr Berger met n knippie N133
Ja Cappie, toe lees ek die boodskap 5 minute voor ek vir maat moes ringe optel by SO. Daai gunsie kos my 68gr Bergers en 'n bottel N133. Hulle wil dit nie per knippie verkoop.

Sent from my CPH2145 using Tapatalk



Re: 6mm BR

Posted: Fri Dec 03, 2021 11:15 am
by Capt. Yoda
Hahaha jy sal daai combo geniet. Hier by 30gr rond sou ek raai sal jy mooi goed sien

Re: 6mm BR

Posted: Mon Dec 06, 2021 8:26 pm
by 243Songdaug
Ek het 88gr Bergers geskiet in 'n 1/12t loop. Die groepies was nie so klein soos die wat ek met die 85gr Sierra Gamekings gekry het nie, maar ek kon jag en kompiteer met hulle.

Re: 6mm BR

Posted: Fri Dec 10, 2021 10:11 pm
by Francoisv
Capt. Oblivious wrote:Hahaha jy sal daai combo geniet. Hier by 30gr rond sou ek raai sal jy mooi goed sien
Jy't nie dalk N135 bedoel? N133 lyk baie vinnig op die simulators. N135 beter.

Sent from my CPH2145 using Tapatalk


Re: 6mm BR

Posted: Tue Dec 28, 2021 8:08 pm
by Francoisv
Spoed ladder met 70gr Blitzking en 75gr VmaxImageImage

Shoot straight


Re: 6mm BR

Posted: Tue Dec 28, 2021 8:14 pm
by Francoisv
Ladder test met 0.5gr inkremente op 200m. Beide met 0.010 jam.

Blitzking wys op 30-32gr waar hy getoets wil word. Spoed is 2932-3144.

Vmax wys nie veel op papier maar 'n toetslading van 32gr het baie goeie resultate gelewer @3165fps.

Lieflike geweer om te skiet. ImageImage

Shoot straight





Re: 6mm BR

Posted: Wed Dec 29, 2021 9:05 am
by Arnold
Francois, hoekom jam jy die koeëls? Ek is sommer net nuuskurig aangesien ek altyd van die lande probeer wegbly tensy ek fire form.

0.5gr is groot stappe vir so klein doppie en ek sou raai dat daar nodes is waar die grafiek so kinkel maak.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: 6mm BR

Posted: Wed Dec 29, 2021 1:39 pm
by Francoisv
Arnold ek het geen spesifieke voorkeur mbt jump/jam en het al goeie resultate met beide gekry. In die geval is daar 2 redes waar die eerste een wel fireform is en die 2e is dat ek probeer die Tubb metodiek volg deur te jam óf jump. Hy stel voor dat jy 2 ladders skiet met 0.010 jump en dieselfde 0.010 jam. My Varget is bietjie skraps so ek het vir die jam opsie gegaan.

Ek lees ook is die 6BR benchrest kringe die kaliber gee goeie resultate met jam. So hopelik werk die Varget Jam vir my.

Shoot straight



Re: 6mm BR

Posted: Wed Dec 29, 2021 2:48 pm
by Andre308
As jou Varget "skraps" is met n 6BR, dan het jy baie min Varget >:D

Re: 6mm BR

Posted: Wed Dec 29, 2021 3:37 pm
by Francoisv
Andre308 wrote:As jou Varget "skraps" is met n 6BR, dan het jy baie min Varget >:D
So skraps soos Desember pay...

Varget het 'n skaars komoditeit geword. Met die ftr 308 wat hoofgebruiker is gaan 'n blik nie lank hou. Het darem 'n blik en half 335 as backup...en 4064

Shoot straight