Page 1 of 1

'n Pluimpie vir Warrior

Posted: Tue Nov 09, 2021 10:57 am
by PaulM
Ek het onlangs 'n nuwe vêrgooi roer aanmekaar begin sit, en wil graag vir die mense by GunWarrior 'n paar (sommer baie) goeie woorde toevoeg.
Hulle was erg behulpsaam met die aanvanklike besluitnemingsproses, en ek het op die ou end besluit op die "Gen 6 chassis" en hulle "Large silencer"
met interne en eksterne "breaks". Toe die chassis en break uiteindelik opdaag (3 weke wat soos 6 maande gevoel het) was ek woordeloos oor die
vakmanskap en die gemak waarmee die aksie in die chassis ingepas het.

Dankie aan die Warriorspan. Kersfees het vroeg gekom hierdie jaar!! ;D