Page 1 of 1
S&B 303 slagdoppies uitgeskop
Posted: Tue Nov 02, 2021 10:45 pm
by Ds J
Goeienaand Jaracal, wat veroorsaak hierdie:
IMG-20211102-WA0084.jpg
IMG-20211102-WA0085.jpg
Dit is gekoopte ammunisie van S&B wat uit n SMLE 303 geskiet is.
Spoed van die koeëls is nie gemeet nie.
Wat vreemd is, is dat die rande van die slagdoppies nie hoekig is nie, maar nog mooi rond.
Re: S&B 303 slagdoppies uitgeskop
Posted: Wed Nov 03, 2021 6:36 am
by tripodmvr
Kopspasie sou ek sê. Patroon word na voor gedruk deur slagpen en doppie sit uit en word vasgehou deur dopwande. Slagdop druk uit na agter en behou ronde rande.
Re: S&B 303 slagdoppies uitgeskop
Posted: Wed Nov 03, 2021 7:21 am
by Lategan1
Ditto.
Beste.
Re: S&B 303 slagdoppies uitgeskop
Posted: Wed Nov 03, 2021 7:49 am
by Silwer
Een van my 303's het ook so gemaak. As ek doppe die eerste maal skiet sit ek 'n o-ring wat styf pas teen die dop se rim agter en skiet hulle dan. Die doppe fireform dan mooi in die geweer se kamer, daarna nek size ek net. Dit help met kopspasieprobleme en verleng die doplewe.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: S&B 303 slagdoppies uitgeskop
Posted: Wed Nov 03, 2021 7:55 am
by Vloot
Kopspasie ja, maar n rim dop kop spasie op die rim.
Kan dalk probeer om klein rekkie rondom die rim te sit om die dop agter teen die slot vastehou as doppe gevorm word.
As daar so baie spasie binne die kamer is behoort die slot nog maklik toe te kan gaan.
Neck size miskien vandaar.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: S&B 303 slagdoppies uitgeskop
Posted: Wed Nov 03, 2021 8:19 am
by Ds J
Dan behoort n langer slotkop ook al te help. Die 303's het vier verskillende koplengtes gehad - juis om die kopspasie te hanteer.
Hierdie kopspasie loop natuurlik die gevaar om die uittrekker te breek.
Baie dankie!
Re: S&B 303 slagdoppies uitgeskop
Posted: Wed Nov 03, 2021 2:07 pm
by Fanta300
Die slagpen wat so “off centre” slaan laat my wonder of die geweer nog sy oorspronklike slot in het