Page 1 of 1

Herlaai vir 25-06

Posted: Thu Oct 21, 2021 12:17 pm
by Bennie Bester
Middag almal.
Ek moet eersdaags begin laai vir my 25-06 Steyr Pro Hunter. Voor ek n punt kies wil ek eers kers opsteek by die manne wat reeds daarvoor laai. Ek het die ou plasings deur gegaan en tot die volgende gevolgtrekking gekom.
Die kaliber hou oor die algemeen van 100 gr gewig punte. Dit lyk ook of daar n spesifieke sprong na die groewe moet wees.
Om my te help om nie te veel kombinasies te toets nie, vra ek die volgende vrae.
1.Wat is n aanvaarbare sprong wat goed werk.
2.Plat basis of bootstert punte..
3.Watter slagdop werk goed. .
4.S365 of S385
5.Enige feite wat belangrik is.
Ek verstaan dat elke geweer uniek is, maar daar is tog soms n goue draad wat deur elke kaliber loop.
Baie dankie by voorbaat vir almal se insette.
Groetnis
Bennie Bester

Re: Herlaai vir 25-06

Posted: Thu Oct 21, 2021 12:22 pm
by Nico de Jager
100gr Sierra Game/Matchking met 52gr S365 gee in my geweermet n 26" loop 3350fps.

Re: Herlaai vir 25-06

Posted: Thu Oct 21, 2021 12:49 pm
by tripodmvr
Is hierdie geweer vir jag bedoel? Indien wel sal ek goed kyk na mono koeëls. Die trompsnelheid is hoog en daarom behoort die' tipe koeëls tot en met 500m aangewend kan word. Die meeste jagkoeëls is platgatte en juis weens goeie akkuraatheid en ballistiek tot by daardie 500m merk.

Indien jy S365 het sal dit goed gebruik kan word.

Wat is die looplengte en groefdraai?

Re: Herlaai vir 25-06

Posted: Thu Oct 21, 2021 1:34 pm
by Bennie Bester
Dankie Nico,
Myne se loop is 600 mm, so daar sal seker minder spoed wees. Sal kyk waar veilige node le.
Driepoot, net vir jag, Ek sal kyk wat beskikbaar is.
Groetnis.