4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse Manne

Ek was April die jaar in n bevoorregte posisie om my eerste Leeu mannetjie te kon skiet en dit nog saam met goeie vriende wat eintlik soos broers is. Die jag kom al n lang pad maar het laasjaar na geloftedag op Steenbokpan weer flam gevat. Min het ek geweet dat die droom n werklikheid sou word. Januarie maand is die jag aanmekaar gesit die nodige aansoeke is reggekry vir die permitte. Toe begin die gesprekke rondom kalibers om n kantoor tafel............ Ons 4 het paar jaar terug dieselfde roere gekoop en die sou die ideale geleentheid wees om as n span hulle almal te laat werk op gevaarlike wild. Ek het so bietjie getwyfel aangesien ek "beter geskikte kaliber" in my opinie besit waarmee ek kan jag. Dit was n oor en weer met ballisties en die en daai maar op die ou ende het ek saamgestem dat dit wel doenbaar sou wees. Maar on sal moet wakker wees!!!!

Die Stainless roertjies met gelamineerde kolwe en n lever sou hier deeglik getoets word. Die kaliber is n 148 jaar oud en my opinie op daardie stadium was dat n man hom binne perke sal moet gebruik en moet besef wat hy kan en nie kan doen nie. Ek moet byse met hederdaagse kruite en pitte kan n mens darm baie meer regkry met die ou ballies.

Die Marlin SBL 45/70 sou letterlik sy staal moes wys teen 1 van die gevaarlike 5, en nie net een keer nie maar op 4 katte. Ek het so 2 jaar terug begin speel met Peregrine se HOG 300greiner en het uitstekende resultate gekry waaroor ek baie verstom was. Teen 2020fp/s het die 300gr byna n een gat groepering geskiet op 100m en dit uit n lever was bitter goed in my opinie. Die wapens is almal deurgegaan en seker gemaak dat elke aspek van die wapen glad loop. 3 van ons het met Aimpoints geskiet en die 4de met n Leeuold teleskoop met n "red dot". Alles was nou gereed en elkeen van ons het op die punt van ons stoele gesit en gewag vir die GROOT dag.

So kom die dag:

Ons almal het gepak vir die week se jag en was heel opgewonde. Soos dit met leeujag gaan is daar paer vrae gevra sodat elkeen op dieselfde bladsy is (heel beste posisie vir veiligheid natuurlik) en ons het begin soek na spore, takke sleep, spore soek, takke sleep ensovoorts. Die bos was baie baie ruig aangesien meeste van die dele of net onder 1000mm of net oor 1000mm reen vir die seisoen gekry het.Met die rondry het ek besef die gaan n taai ene wees.

Na baie gesleep en soek ry ons deur n rivierbedding en da le mnr en slaap op die wal (die jagter kry een of ander skok, styftrekking, adrenalien inspuiting en slaan byna n gat deur die bakkie se dak). Nou weet ons uiteindelik waar 1 is. Ons werk ons pad rustig n paar kilometer op en kry alles gereed vir die bekruip sodat ons hom net dalk kan betrap sonder dat hy die haas se pad vat. Ons het seker so 20min geloop toe hoor ons paar katte in die ruigtes naby ons......almal is op hulle hoede en kan duidelik hoor van al die gegrom en bakleiery dat een of twee van hulle nie baie gelukkig is nie. Tussen dit alles deur kan ons agterkom daar moet ten minste 3 wees. Ons maak die besluit om net eers te onttrek en te gaan loer of die groot man nog siesta in die son (vir veiligheids redes natuurlik). So volg ons die paaidjie en bekruip saggies na die area waar ons hom vroeer gesien het...........Nee die man is weg!!! Die vrae kom op in my gedagtes: Was hy deel van die groep van 3? Begin ons nou weer van voor af?

Uit die aard van die saak het ek vir die manne gese dat hulle eers hulle katte kan skiet en ek sal dan wag vir laaste, sal egter elkeen van die jagte sal ek saam wees. Toe ons op sy spoor kom word da besluit dat ons die spoor sal volg dat ons kan sien wat sy plan en rigting is. Ons volg die diep spore in die sand en ek is verstom aan die grote en die gewig van die kat. Eweskielik spring die maanhaar op teen die rivierbedding se wal en die lever begin sy werk doen......1....2.....3.......4 en daar le die oudjie. Eerste skoot was mooi op die nommer en die opvolg skote was maar vir sekermaak en as man jou eerste leeu skiet dan raak n man maar opgewonde. Die kat het ongeveer 15 tree voor ons opgespring en was verstom oor die spoed wat daai lever kan doppe uitgooi!!

Die jong man word geluk gewens en die grote "photo shoot" moet begin. Was verstom met die grote en die hare van die prag dier. Met die besef ons dat ons nie alleen is nie en nog 2 katte maak hulle verskyning........maak toe eder die besluit om erens anders fotos te gaan neem aangesien dit helemal te ruig tans is en dit ons in risiko sou plaas

So gedoen en so gedaan

Nou is dit tyd vir die 2 ouer broers om hulle katte te gaan skiet, die twee het ons tog met die vorige sessie gewaar met die laai van No 1. So begin ons die proses en sleep die paaie en kyk vir spore die hele proses van voor af. Ons vat toe maar n kans en durf die ruigtes aan..... so ent in hoor ons weer die manne beginte praat en staan op n halwe miershoop met die doel om beter te kan sien. Wragties daar gewaar ons een wat ewe rustig in ons rigting stap. Heel voor is die eienaar dan broer nommer 1 dan broer no 1 en ek staan aan die agterkant by n gids. Die kat raak weg in die ruigtes en kry om nie gesien nie. Ek hou ma daarvan om gereeld om my te kyk want ek loop ma lig vir tande en wragtig hier minder as 10 tree langs ons word die silouette eweskielik duidelik en die kat is byna op ons (gelukkig sonder dat hy ons gewaar). Met n vinnige beweging maak ek manne gewus van die kat en binne n oogblink klap die skoot.........dis n gebrul en gespring en die kat verdwyn in die ruigtes.

Nou is dit vir die opvolg. Dit word baie stadig en versigtig gedoen want op party plekke staan die grasse om en by 1.7m hoog. Skaars 30 tree toe hoor ons die V8 opstart en almal is paraat.... Die eerste 3 kom in posisie langs mekaar en die ander is aan ons agterkant want ons weet nou nog nie waar is die twede maanhaar nie. Die kat le skaar 7 tree voor ons in die ruigtes onder die boom en kan sien die eerste skoot het sy werk mooi gedoen. Nou is dit vir die doodskoot maar daar is n probleem....... Ons n man nie 1.7m lank is nie kan die grasse nogals n hindernis wees. Met die kom ons tot die besef en gewaar kat twee so 30meter agter ons aangeloop kom en besef hier gaan n situasie ontstaan wat potensieel gevaarlik mag wees en sal kat no 1 moet uitsorteer so gou as moontlik. So op sy tone gewaar hy die bokant van die kop en laat die skoot vlieg. Toe die skoot klap staan kat nommer twee ongeveer 25meter van ons af en die jongste boetie le aan en skiet die kat n netjiese skoot. Dis n gebrul en gegrom en n gespring en daar trek die oudjie weg. Dit is n vinnige opvolg en met die steek die man se voet vas en kom amper telande op die grond maar gelukkig is ek en die eienaar langs hom en vang hom so halfpad grond toe aan die hemp......letterlik gelyk of hy in die lig hardloop.....ek die een skouer en eienaar die ander. Dink dit was die naaste wat n mens kan kom om in die lig te oop.

Op sy voete en die lever werk....1.....2.......3 en daar rond die maanhaar. Toe die derde een vasmaak skuins van agter deur die ribbes opad na voorbeen kon ek letterlik die sien hoe word die wind uit die syle gehaal. DAARSY dit het baie langer gevoel as wat dit gevat het van die begin van kat 1 tot die 2de een rol. Adrenalien pompies is OOOOP en ons besef daar dat dit n eens in n leeftyd gebeurtenis was en dat ons dit saam ervaar het. Wat n belewenis was dit nie. Nou is dit lorrie gaan haal, katte laai en die grote fotos sessie......

Die aand om die vure was almal baie gelukkig en het natuurlik so sopie of twee geneem om dit vas te maak.

NOU IS DIT MY BEURT

Die hele jag was ek verstom met die skone natuur, die feit dat ons tussen Swartwitpense, Buffels, Rooibokke, Waterbokke en krokodille ons katte kan jag in die bosveld wat diep in my are vloei. Vroeer die week het ons twee buffels raakgeloop asook paar ander bokke wat die katte gevang het en as n mens die somme maak kan n mens verstaan dat katte duur is. Die ongeveer 5 of 6 katte wat die area gejag het kon in die 3-4maande wat hulle al daar loop nogals n helse rekening bymekaar maak tussen hulle.

Nou begin die gesoek na spore, sleep van paaie en die hele proses van die begin af. Ons kom agter die kat is skelm en gaan vir ons besig hou. Ons vat blok vir blok en stap hulle duer, oor koppe, deur oop velde, deur tambotie woude (wat byna donker is soos die nag as jy daarin loop). So kry ons die oudjie nie gevang nie en ek besef.......ek hou mos van hard jag en baie loop. Hierdie een gaan vir ons besig hou!!!

Dag 1 Dag 2 Dag 3 Dag 4 almal met dieselfde resultate.......kry hom nie. Ek moet se so in die veld het ek baie baie beleef en elke dag kon ek ten minste 10 unieke gebeurtenisse opnoem. Ek kan nou aan 2 gevalle vinnig dink:

1. Vlakvark beer loop en wei terwyl ons in die Tambotie woud loop ons gewaar hom seker so 5 tree van ons af, sak op ons hirke en bekyk die oudjie van hoek tot kant. Toe hy ons gewaar breek die hel los en hy sny n reguit lyn ver weg van ons af.
2. Rooibokram en sy bos: Ons kom so deur die ruites en steek n klein paaidjie oor, daar staan die ram teen die boslyn en hy is redelik de moer in vir n bossie, dis n gehoring slaan en praat met die bos en min weet hy ons staan en praat oor hom minder as 10 tree weg. Dit was seker n 2 minute storie en n gesels toe ons besluit om te loop. Op daardie stadium het hy nog steeds nie geweet ons is daar nie. Los hom toe maar in vrede met sy bos en jag verder.

Na 4 dae se emosies, planne wat nie werk nie en elke more van voor begin was ek maar so bietjie aan die tam kant. Maar die energizer bunny wat ek is, staan ek op en gereed vir loop. n Man jag mos diere met die voet!!! So doen oons weer koppe, volg spore en die hele ketoetie. So in die oop land word daar gekyk na elke mierhoop en daar word versigtig deur die grasse beweeg (voel kompleet soos die gedeelte in Ghost in The Darkness waar die wind die grasse so waai). Ek is moeg en kan n koue knerts, goeie vleis en goeie geselskap nou waardeur. So met die laaste asem gewaar ons hom.......die ou grote le op n miershoop en staar in die verte in. Nou het ons n redelike probleem.....dis grasveld met hier en daar n boompie. Ons is uitgerus vir naby skote en as daai kat in daai grasse kom gaan ons hom verseker erens mis.

Treetjie vir treetjie beskruip ons die slapende skone. 80meter, 60 meter die wind is in ons guns, 40 meter. Is jy gereed om te skiet? Vinnige antwoord ek nee ons moet tot by daardie bossie. Bitter stadig beweeg ons so dat ons hom van die kant kant sien en skiet. Van voor steek slegs die helfde van sy kop uit so enigste manier sonder om in direkte konfrontasie te kom is om hom van kant te benader en hoop hy staan op. Met die sien ons die goue geel oe en die man het duidelik wakker geword en volg elke beweging 25m, 15m en hier is die bossie ongeveer 12 tree. Hy spring op asof hy eweskielik besef iets is nou fout.......gaan hy vlug of gaan hy kom gaan deur my gedagtes.....dis n klap van pote en met die eerste geleetheid praat die lever se eerste.....dis n gegrom en n gespring en die twede pit is al gereed. Die man wil kom en is uiters ongelukkig met die brand in sy sy. alles gebeur vinnig en sien die man gaan sy kans gebruik en moeilikheid maak. Skoot 2 klap en die gegrom, gebrul en half stormloop kom tot n bedaar. Dis eweskielik nou donkerder om my as wat dit paar sekondes terug gevoel het. Dis al sterk skemer, met die son op die horison en wind wat liggies waai.........wat n einde tot 4 Kietsies met 4 Levers.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by Capt. Yoda »

Kobus daai klink na n jag wat geen mens ooit sal vergeet nie, baie geluk met die katte!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by BeesBreet »

Wow! Baie geluk!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
symmo
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Oct 03, 2012 1:15 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by symmo »

Geluk Kobus, dit klink of dit die jag van 'n leeftyd was!

Sent from my SM-N981B using Tapatalk

User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Moes eers plan maak met groot files, fotos gemiddeld 7m
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Capt. Oblivious wrote: Fri Oct 15, 2021 12:11 pm Kobus daai klink na n jag wat geen mens ooit sal vergeet nie, baie geluk met die katte!
Baie dankie dit was definitief een vir die boeke
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Hopelik is daar binnekort n opvolg storie of twee. Ek raak deesdae baie sentimenteel en emosioneel oor die bos, jagte en dat ons so bevoorreg is om God se natuur te kan beleef.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by tripodmvr »

Baie geluk aan die 4 musketiers.

Ek het van ander jagters gehoor wat ook die 45-70 hefboom gewere voorstaan vir leeujag, juis weens die vuurtempo.

Hoe het die penetrasie met die 300gr koeëls gelyk?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

tripodmvr wrote: Fri Oct 15, 2021 4:11 pm Baie geluk aan die 4 musketiers.

Ek het van ander jagters gehoor wat ook die 45-70 hefboom gewere voorstaan vir leeujag, juis weens die vuurtempo.

Hoe het die penetrasie met die 300gr koeëls gelyk?
Penetrasie was glad nie n probleem met die 300gr Hogs nie.Katte het paar skote ontvang en van verskillende "angles" af. Hulle almal het eerste skoot agter die blad gekry wat dwardeur is. Ons kon totaal 3 Hogs uit die katte kry (sal probeer oplaai) en skote wissel maar van skyns agter op die ribbes in en almal van hulle was of in die borsholde gekry of in omgewing van die oorkantse voorbeen. Ek sou se dit is goeie resultate
Last edited by JAGTERSREG-JRM on Fri Oct 15, 2021 4:26 pm, edited 1 time in total.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Hiermee die Hogs wat uitgehaal is. Ongelukkig nie n beter foto nie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by tau »

WOW!!! Baie Geluk.

Voorspoed om hierdie jag te verbeter :)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by Maroelas »

Blikskater ek het nou lekker gelees! Baie goed geskryf! N jag uit die boonste rakke!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by DWB »

Baie Geluk Kobus & kie!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Manne


Baie dankie vir die terugvoer, was lekker om so jag te deel. Ek vermoed die jag gaan moeilik verbeter kan word maar uit die aard van die saak sal ek nie opgee nie. Elkeen skryf sy eie storie en gewoonlik wat jy insit sal jy uitkry. Ek wens elkeen van julle kan so n jag ervaar......... My liefde vir die bos en jag versterk nogsteeds en daar is minne dinge wat n man so rustig kan maak en ter selfde tyd so lewendig laat voel.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by Wouter Roets »

More Mater

Dankie dat jy uiteindelik die moeite gedoen het om hierdie op skrif vas te le sodat almal hierdie saam julle kon deel. Weereens welgedaan aan jou en jou "broers". Dit is eintlik lekker om die storie weer te skryf want so beleef n mens die jag weer en onthou goed wat al amper vergete was. Jy sal nou maar moet saam gaan op die volgende olifant jag want dit is in my oe die enigste een wat hierdie kan troef.

Groetnis
Wout
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Wouter Roets wrote: Mon Oct 18, 2021 9:53 am More Mater

Dankie dat jy uiteindelik die moeite gedoen het om hierdie op skrif vas te le sodat almal hierdie saam julle kon deel. Weereens welgedaan aan jou en jou "broers". Dit is eintlik lekker om die storie weer te skryf want so beleef n mens die jag weer en onthou goed wat al amper vergetw was. Jy sal nou maar moet saam gaan op die volgende olifant jag want dit is in my oe die enigste een wat hierdie kan troef.

Groetnis
Wout
Dankie Wouter,

Moet se dit was nogals lekker om dit op skrif te sit. Ongelukkig kan n man nie elke detailtjie neersit nie want kan maklik n boek raak. Ek is so 50/50 op olifante want ek is nie seker of ek so dier wil skiet nie. Sal ma sien hoe loop dinge, net so soms spring n jik uit wat mens nooit verwag het nie.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by Wouter Roets »

Kobus

Dit was presies my uitgangspunt ook aan die begin, totdat jy dit self ervaar het, dan is daar nie terugkeer nie.

Groetnis
Wout
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

Wouter Roets wrote: Mon Oct 18, 2021 10:41 am Kobus

Dit was presies my uitgangspunt ook aan die begin, totdat jy dit self ervaar het, dan is daar nie terugkeer nie.

Groetnis
Wout

Dis waarvoor ek bang is ;D ;D ;D ;D
Ek hou deesdae te veel van katte
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by Frederik »

Netjies Kobus, dankie vir die deel mooi katte.

As jy eers op oupoot se spore was van voor tot die einde sal jy vinnig mening verander soos Wouter noem.
Net jammer hulle prys so baie al is daar te veel van hulle.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by Wouter Roets »

Ou Freekie

Daai is nou ongelukkig die groot probleem met ou groot spoor. As jy jou oor op die grond hou is daar so hier en daar n bargain te kry, al probleem daarmee is dat dit gewoonlik op bitter kort kennisgewing is.

Grpetnis
Wout
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2105
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by vossie1 »

JAGTERSREG-JRM wrote: Mon Oct 18, 2021 10:32 am
Wouter Roets wrote: Mon Oct 18, 2021 9:53 am More Mater

Dankie dat jy uiteindelik die moeite gedoen het om hierdie op skrif vas te le sodat almal hierdie saam julle kon deel. Weereens welgedaan aan jou en jou "broers". Dit is eintlik lekker om die storie weer te skryf want so beleef n mens die jag weer en onthou goed wat al amper vergetw was. Jy sal nou maar moet saam gaan op die volgende olifant jag want dit is in my oe die enigste een wat hierdie kan troef.

Groetnis
Wout
Dankie Wouter,

Moet se dit was nogals lekker om dit op skrif te sit. Ongelukkig kan n man nie elke detailtjie neersit nie want kan maklik n boek raak. Ek is so 50/50 op olifante want ek is nie seker of ek so dier wil skiet nie. Sal ma sien hoe loop dinge, net so soms spring n jik uit wat mens nooit verwag het nie.
Kom kyk bietjie hoe mors hulle met groot bome op n plaas wat langs ons sin is wat oopgemaak is na die Kruger, glo my jy sal gou lus raak vir een :laugh:
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2318
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: 4 Bloedbroers, 4 Levers en 4 Kietsies

Post by JAGTERSREG-JRM »

vossie1 wrote: Mon Oct 18, 2021 1:05 pm
JAGTERSREG-JRM wrote: Mon Oct 18, 2021 10:32 am
Wouter Roets wrote: Mon Oct 18, 2021 9:53 am More Mater

Dankie dat jy uiteindelik die moeite gedoen het om hierdie op skrif vas te le sodat almal hierdie saam julle kon deel. Weereens welgedaan aan jou en jou "broers". Dit is eintlik lekker om die storie weer te skryf want so beleef n mens die jag weer en onthou goed wat al amper vergetw was. Jy sal nou maar moet saam gaan op die volgende olifant jag want dit is in my oe die enigste een wat hierdie kan troef.

Groetnis
Wout
Dankie Wouter,

Moet se dit was nogals lekker om dit op skrif te sit. Ongelukkig kan n man nie elke detailtjie neersit nie want kan maklik n boek raak. Ek is so 50/50 op olifante want ek is nie seker of ek so dier wil skiet nie. Sal ma sien hoe loop dinge, net so soms spring n jik uit wat mens nooit verwag het nie.
Kom kyk bietjie hoe mors hulle met groot bome op n plaas wat langs ons sin is wat oopgemaak is na die Kruger, glo my jy sal gou lus raak vir een :laugh:
Ja die klomp kan lekker aanjaag en mors. Ongelukkig die feite wat ons in die gesig staar is dat hulle natuurlike habitat al hoe minder en minder raak en mense al hoe meer en meer. Dit geld eintlik vir die hele groot 5. Eintlik bietjie "SAD"
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply