Page 1 of 1

Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Thu Jan 19, 2012 12:46 pm
by Danie01
Hallo almal

Ek het al als reg vir my nuwe 7 x 64mm Tikka T3, doppe is gekoop, koele, teleskoop en als, maar ek kort nog mounts om my teleskoop op geweer te sit.

Watter scope mounts gaan vir my werk op die Tikka T3? Ek het 'n 30mm tube telescope met vergroting voor van 50mm, dink as ek reg onthou is dit n leupold VX3 2.5 - 14 x 50mm.

Asb, enige raad is welkom

Groete
Danie

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Thu Jan 19, 2012 3:02 pm
by Penkop
Leupold is baie netjies en jy kan die teleskoop mooi laag monteer.

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Fri Jan 20, 2012 9:23 am
by Danie01
Jammer dat ek hier n topic begin het, het intussen op n topic afgekom wat my vrae beantwoord.

Groete
Danie

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Fri Jan 20, 2012 9:51 am
by Vlakvark
Danie01
Gaan vir Tikka se opti lock ringe jy hoef hulle nie te lap nie want hulle het inserts wat die belyning doen en nie 'n merk laat aan daai scope as jy hom weer af haal nie
http://www.tikka.fi/optilock.php?basesrings

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Fri Jan 20, 2012 10:14 am
by Danie01
Dankie Vlakvark

Waar kan ek van hierdie ringe in die hande kry in SA en hoeveel kos dit min of meer?

Groete
Danie

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Fri Jan 20, 2012 10:53 am
by MJK
R1800 by Hugo van Zyl sports in Paarl...

Vlakvark, het jy my pm gekry?

Groete
Marius

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Fri Jan 20, 2012 11:06 am
by Vlakvark
Hierdie is deur TikkaT3 in 'nander post geskryf

Ek het my Tikka by Senwes in Bothaville gekoop en hy sonder mounts gekom? Toe moes ek Sako Optilock's koop vir R550 vir die basisse en R1200 vir die ringe. Dus die stel het my R1750 gekos! Maar hulle is wel baie mooi afgerond en stewig.

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Fri Jan 20, 2012 11:07 am
by Vlakvark
MJK yes ek het jou geandwoord op die oorspronklike post dankie

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Fri Jan 20, 2012 11:46 am
by Danie01
Dankie Vlakvark en MJK, ek sal eers so bietji nader aan my van daardie mounts ook soek.

Groete

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Fri Jan 20, 2012 7:17 pm
by Drenalinjunkie
Koop een keer en nooit weer nie...

http://www.nearmfg.com/products.htm

Dis wel duur maar in n klas van hulle eie... Ek het vir my Tikka T3 sporter n stel gekoop en hulle is elke sent werd...

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Sat Jan 21, 2012 5:15 pm
by Homer
Ek het vir jou 'n nuwe stell Leupold Dove tail 30 mm Medium mounts beskikbaar

Het vir my Sako gekoop maar het toe Quick Detachable mounst opgesit

Email my as jy belangstell

Email my by jaco@ustech.co.za as jy belangstel

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Sun Jan 22, 2012 9:42 pm
by fredd
Danie,

Jy kan die burris basis en ringe ook oorweeg. Hy werk baie lekker vir my.
Dit het ook inserts in die ring wat beteken jy hoef dit nie te lap nie, en dit is ook 'windage adjustable'.
Ek het myne destyds op die internet bestel so nie seker wat hy nou sal kos nie.

Ek weet nie wat is die ander manne se opinie oor hom nie?

Hier is meer inligting: http://www.burrisoptics.com/h264Burris2.mov

Groete
Fred

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Mon Jan 23, 2012 1:55 pm
by Danie01
Homer

Dankie, ek sal jou email as ek nie die tikka moounts in die hande kry nie.

Fredd,

Dankie ek sal bietjie kyk waar ek van daardie mounts tekoop kry en dit dan ook oorweeg.

Groete
Danie

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Tue Feb 14, 2012 1:45 pm
by Homer
Danie

Het jy reggekom met mounts vir jou Tikka T3

Homer

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Tue Feb 14, 2012 1:54 pm
by baboonstalker
Koop leupold se PRW ringe wat direk op die T3 se picatinny rail pas. Lap hulle en jy sal nie terugkyk nie. Waarskynlik ook die goedkoopste opsie uit die lot.
Pieter

Re: Scope mounts vir Tikka T3 hunter

Posted: Thu Feb 16, 2012 1:29 pm
by Martin1
Ek het n stel dovetale 30mm rinnge bel my 0765091703