Page 1 of 1
Lightforce Agente
Posted: Mon Sep 27, 2021 1:12 pm
by sako 30-06
My Lightforce Striker 170mm het Saterdag die gees gegee.
Is dit die moeite werd om dit na die agente te stuur of gaan ek my tyd mors?
Indien wie kan ek kontak?
Wil nie eintlik R2000 betaal vir n nuwe een as dit nie nodig is nie

Re: Lightforce Agente
Posted: Thu Sep 30, 2021 8:23 am
by sako 30-06
Dis baie teleurstellend.
Dink nie ek sal dan weer my geld op Lightforce spandeer as daar geen naverkope diens is nie.
So nou is die vraag, watse ander maak kan ek koop wat dalk beter kwaliteit ook is?
Re: Lightforce Agente
Posted: Thu Sep 30, 2021 8:27 am
by Capt. Yoda
Het jy al by Geno gehoor?
Re: Lightforce Agente
Posted: Thu Sep 30, 2021 8:33 am
by sako 30-06
Nee nog nie, ek was nie bewus dat hy dalk kan help nie.
Re: Lightforce Agente
Posted: Thu Sep 30, 2021 8:46 am
by Geno
Gesels gerus met my. Ek kan verseker help.
0825354100
Re: Lightforce Agente
Posted: Thu Sep 30, 2021 12:59 pm
by sako 30-06
Manne ek moet dankie se vir Geno, hy het weereens uit sy pad gegaan om te help en binne n paar minute is die probleem opgelos.
Ek moet my kop laat sak in skaamte want al wat toe fout was was die fuse wat geblaas het . Die het ek klaar veravng en die lig werk weer 100%.
Geno jy is voorwaar n yster, baie dankie vir jou moeite en hulp.