Page 1 of 1

Halstarrige AR15

Posted: Fri Sep 24, 2021 7:04 pm
by PaulM
Goeienaand,

Ek het 'n Stag Arms AR15 wat my heelwat grys hare gee. Die geweer kan nie deur 'n enkele magasyn kom sonder om te stoor nie. Die skoot gaan af, en
dan sit die dop so styf in die kamer vas dat ek dit van die kroon se kant af met 'n hamer moet uitslaan. Die extractor kom glad nie reg nie. Ek kan ook
geen snaakse krapmerke op die doppe sien nadat dit uitgeslaan is nie.

Ek het die geweer al uitmekaar gehaal en skoongemaak, die kamer met 'n chamber brush geskrop, en die ding so van die olie gespuit dat ek lyk asof
ek 'n dieselenjin oorgedoen het na 'n paar skote. Ek het tot die ammunisie met olie gespuit en liggies afgevee om die doppe glad te probeer kry. Ek kom
nie eers deur een magasyn nie, dan is dit maar weer dieselfde storie.

Kan iemand dalk 'n geweersmid wat ondervinding met AR's het, aanbeveel? Dalk kan hy die kamer poleer of iets aanvang wat gaan verhoed dat ek die
verdommenis êrens op 'n treinspoor gaan neersit.......

Ek het êrens gelees waar 'n persoon van mening was dat die M16 verantwoordelik was vir die Amerikaners se neerlaag in Vietnam. Sy woorde was iets
soos: " Next to every fallen GI was a jammed M16." Ek begin die ou nou glo......... :-[ :-[

Re: Halstarrige AR15

Posted: Fri Sep 24, 2021 7:19 pm
by HeinM
PaulM wrote: Fri Sep 24, 2021 7:04 pm Goeienaand,

Ek het 'n Stag Arms AR15 wat my heelwat grys hare gee. Die geweer kan nie deur 'n enkele magasyn kom sonder om te stoor nie. Die skoot gaan af, en
dan sit die dop so styf in die kamer vas dat ek dit van die kroon se kant af met 'n hamer moet uitslaan. Die extractor kom glad nie reg nie. Ek kan ook
geen snaakse krapmerke op die doppe sien nadat dit uitgeslaan is nie.

Ek het die geweer al uitmekaar gehaal en skoongemaak, die kamer met 'n chamber brush geskrop, en die ding so van die olie gespuit dat ek lyk asof
ek 'n dieselenjin oorgedoen het na 'n paar skote. Ek het tot die ammunisie met olie gespuit en liggies afgevee om die doppe glad te probeer kry. Ek kom
nie eers deur een magasyn nie, dan is dit maar weer dieselfde storie.

Kan iemand dalk 'n geweersmid wat ondervinding met AR's het, aanbeveel? Dalk kan hy die kamer poleer of iets aanvang wat gaan verhoed dat ek die
verdommenis êrens op 'n treinspoor gaan neersit.......

Ek het êrens gelees waar 'n persoon van mening was dat die M16 verantwoordelik was vir die Amerikaners se neerlaag in Vietnam. Sy woorde was iets
soos: " Next to every fallen GI was a jammed M16." Ek begin die ou nou glo.........
:-[ :-[
Daardie rede was darem ammo verwant en die tropiese klimaat.... Die M16 se kamer het nie die vogtigheid gesmaak nie en die troepe het nie die geroeste kamers mooi skoongemaak nie.

Laai jy self? Indien wel, is die rondtes nie te warm nie?

Groetnis!

Re: Halstarrige AR15

Posted: Fri Sep 24, 2021 8:07 pm
by Arnold
Dit klink naar. Jy het my simpatie.

Ek het gelukkig nognie gesukkel sodat ek n geweersmid nodig het nie en het nog net een rondte gehad wat nie wou kamer nie omdat hy seker nie reg gesize was nie.

Dalk kan jy so bietjie meer detail gee soos of dit gelaaide of fabrieks ammo is. Voer die rondte ok maar hy wil netnie uitrek nie?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Halstarrige AR15

Posted: Fri Sep 24, 2021 8:24 pm
by tripodmvr
1. All good ideas, but I think I will vote for polishing the chamber first, especially as the upper sat for 2 years and may have picked up some rust. The extractor and gas system are working OK, since the extractor is ripping chunks out of the rims. Polishing is simple; use a bit of 600 grit emery paper in a split dowel rod for about two seconds with an electric drill, then switch to 1000 grit for another two seconds.

If that doesn't work, and an ammo change doesn't work, you might also check the gas port size; an oversize port or one too close to the breech can cause those kinds of problems also.

2. I think I may have it fixed. I tried to polish the chamber as best I could for never having done it before. It seems to have worked. I put 120 rounds through it from the same case of winchester ammo and not one malfunction. I was shooting Winchester Q3131A though and I guess I don't understand exactly what the difference is between .223 and 5.56mm. Perhaps you could expand my knowledge of that? Thanks again. You all were very helpful.

Re: Halstarrige AR15

Posted: Fri Sep 24, 2021 11:32 pm
by Ds J
Maks n waks gietstuk van die kamer. As daar ernstige fout is behoort dit te wys.

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sat Sep 25, 2021 6:50 pm
by PaulM
Dankie vir die terugvoer, ek waardeer.

Ek laai self. Die rondtes (55g FMJ koeëls) is gelaai met 23.5gr S321 vir gemiddeld van 2860fps, MAAR.....

Ek het vandag saam met 'n vriend geskiet, en my ammo in sy AR probeer. Dieselfde storie in sy geweer, so ek glo dit moet iets met my 'resizing die'
se opstelling te doen hê. My geweer was gehok en het by die huis gebly, maar ek vermoed sy ammo gaan glad loop in my geweer. Sal seker maak
daarvan, maar ek dink ek is die aap in die verhaal..... :-[

Ek sal die matryse van voor af opstel en toets. Ek dink ek was te gou om afleidings te maak en die arme AR die skuld te gee....

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sat Sep 25, 2021 7:15 pm
by OosKaapJagter
Belê in 'n "ammo checker" vir jou kaliber. Jy kry van hulle wat vir verskeie kalibers werk.

Dit sal dadelik wys as daar 'n probleem met die opstel van jou matryse is.

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sat Sep 25, 2021 7:53 pm
by tripodmvr
Hoe lank is die loop? Watter slagdoppe het jy gebruik?

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sat Sep 25, 2021 8:28 pm
by Arnold
tripodmvr wrote:Hoe lank is die loop? Watter slagdoppe het jy gebruik?
Baie interessante vra. Wat is Oom se redenasie dat hierdie dalk oorsake kan wees?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sat Sep 25, 2021 8:40 pm
by tripodmvr
Ek wou net die data in QL simuleer om druk te bepaal. Op die oog af lyk dit nie of dit die probleem kan wees nie. Te lang doppe of TPL?

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sat Sep 25, 2021 8:51 pm
by Arnold
Ja, ek skiet so 26gr S321 agter n 55gr en my lading is warm maar hardloop sonder probleme. Ek skiet n 14.2" teenoor PaulM se 16" loop en kry so 2920 fps.

Meeste 223 doppe se volume is egter rondom 30gr teenoor die QL bestek waarde. PMP doppe is definitief minder.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sun Sep 26, 2021 9:44 am
by Rudi Fischer
Eh het n ruk terug n man gehelp wat se AR nie wou kamer nie en as hulle kamer wou die doppe nie uit kom nie.

Hy het sy doppe op n progressive press gelaai en het nooit die FL die perfek op gestel nie.

Toe ek al sy doppe eers FL size op my single stage toe hardloop sy AR perfek.
Ons het toe sy FL die reg opgestel op sy Hornady LNL en daarna het hy nooit weer issues gehad nie.

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sun Sep 26, 2021 10:26 am
by HeinM
PaulM wrote: Sat Sep 25, 2021 6:50 pm Dankie vir die terugvoer, ek waardeer.

Ek laai self. Die rondtes (55g FMJ koeëls) is gelaai met 23.5gr S321 vir gemiddeld van 2860fps, MAAR.....

Ek het vandag saam met 'n vriend geskiet, en my ammo in sy AR probeer. Dieselfde storie in sy geweer, so ek glo dit moet iets met my 'resizing die'
se opstelling te doen hê. My geweer was gehok en het by die huis gebly, maar ek vermoed sy ammo gaan glad loop in my geweer. Sal seker maak
daarvan, maar ek dink ek is die aap in die verhaal..... :-[

Ek sal die matryse van voor af opstel en toets. Ek dink ek was te gou om afleidings te maak en die arme AR die skuld te gee....
Ek het destyds in die stel getrap: My seater matrys was effe te diep ingedraai, Hy druk dan die dop se skouer effe uit... Dit veroorsaak ook dat die patroon nie wil kamer nie...

Groetnis!

Re: Halstarrige AR15

Posted: Sun Sep 26, 2021 11:12 am
by PaulM
Baie dankie almal.

Ek gaan al die matryse van voor af opstel. Ek vermoed dit is waar ek myself 'n streep trek.

'n Geseënde Sondag vir almal.

Re: Halstarrige AR15

Posted: Tue Oct 12, 2021 9:29 am
by Arnold
Kon jy al weer 'n paar skote skiet met jou nuut gelaaide ammo?

Re: Halstarrige AR15

Posted: Tue Oct 12, 2021 11:04 am
by PaulM
Arnold, ja.

Dit was toe die "FL sizing die" wat die probleem veroorsaak het. Nadat ek die matrys van voor af reg opgestel het, is die werking 100%.

Nadat ek plegtig om verskoning gevra het en belowe het om 'n publieke apologie te maak, lyk dit darem of ek vergewe is.
Die AR loop nou soos 'n Rolex.

Dankie weer vir julle insette.

Wederom!

Re: Halstarrige AR15

Posted: Tue Oct 12, 2021 11:18 am
by Arnold
Awesome!

Re: Halstarrige AR15

Posted: Tue Oct 12, 2021 6:13 pm
by HeinM
Bly om te hoor die stories werk nou reg uit ;)

Mooi aand daar!