Page 1 of 1

Herlaai van 2 gewere in dieselfde kaliber

Posted: Mon Sep 20, 2021 3:38 pm
by J le Roux
Goeie Dag Vriende

Ek het mos nou onlangs 'n Musgrave Mod80 in 30-06 aangeskaf as maat vir my Howa 1500 30-06. Ek het baie verduidelikings in my motivering gegee, maar in kort was ek net lus.

My plan is om die Howa met die beter glas en knaldemper te laai met 165g SGK SBT vir verder skote, en die Musgrave met 180gr Accubonds vir Bosveld stapjag.

Ek het 'n stel Redding matryse wat opgestel is vir die Howa volgens GS Custom se metode. Sou julle aanbeveel dat ek 'n tweede stel kry vir die Musgrave om verstellings te vermy en konstantheid te verseker?

Groete
Johan

Re: Herlaai van 2 gewere in dieselfde kaliber

Posted: Mon Sep 20, 2021 3:48 pm
by musgrave270
Ek sou voorstel koop eerder n Hornady Headspace kit sodat jy presiese mates van jou skouers kan neem. Dis meer betroubaar. Dit behoort jou goedkoper uit te werk en jy kan dit ook op jou ander kalibers gebruik. Om te meet is om te weet.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk


Re: Herlaai van 2 gewere in dieselfde kaliber

Posted: Mon Sep 20, 2021 6:12 pm
by Gian_dP
Ek sou eerder nog 'n vollengte matrys koop, selfs al het ek 'n het ek 'n shoulder gauge. Net makliker om in te draai en te vorm as om elke keer lengte van voor af matrys op te stel as jy tussen die twee stelle doppe beweeg.

Ek sal wel dieselfse "seater" matrys gebruik en opstel vir gewensde tpl.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Herlaai van 2 gewere in dieselfde kaliber

Posted: Mon Sep 20, 2021 8:55 pm
by J le Roux
Ek dink nou ook aan 'n derde opsie. Ek kan die FL wat opgestel is om die Howa se doppe se skouers te bump so hou, en die ongebruikte Redding mekmatrys op die Musgrave gebruik.

Dan kan ek sommer die gedeeltelike vollengte metode met nekmatrys metode vergelyk. Sal steeds vir altwee metodes uitgloei.

Re: Herlaai van 2 gewere in dieselfde kaliber

Posted: Mon Sep 20, 2021 9:49 pm
by Andre308
Begin deur die skouers van die gewere se gevuurde doppe te meet. As hulle binne 2 thou van mekaar meet dan kan jy jou FL die opstel om die een bv 3 thou te bump en die ander net 1 thou.

As die 2 se gevuurde doppe meer as 2 thou van mekaar verskil, dan sou ek n 2de stel dies koop. Om net te neck size is net lekker tot jy nie jou slot toe kry waneer jy dit werklik nodig het nie. En die elke keer her opstel is ook nie snaaks nie.

Groete
Andre

Re: Herlaai van 2 gewere in dieselfde kaliber

Posted: Tue Sep 21, 2021 7:35 pm
by Diesel Dog
Gebruik die selde matrys met verskillende shell holders wat die dop dieper in matrys druk.

DD

Re: Herlaai van 2 gewere in dieselfde kaliber

Posted: Tue Sep 21, 2021 7:40 pm
by Ferdi Bam
Vir my werk 2 matryse net beter.