Page 1 of 1

Leica Calonox

Posted: Thu Sep 16, 2021 12:25 pm
by Jan Dissel
Goeie Middag

Ek doen die huiswerk namens 'n vriend van my. Hy is al lank op die uitkyk vir 'n thermal teleskoop en het sterk 'n ATN oorweeg, maar was nie oortuig. Hy kan wel nou 'n opsie kry op die Leica Calanox en oorweeg dit sterk. Sy opsie verval wel more middag 12:00.

So my vraag is. Ken iemand die produk. Iemand al dit getoets/gebruik? Voordele? Nadele?

Buy once cry once?


Ek hoor graag van julle.


Jan

Re: Leica Calonox

Posted: Fri Sep 17, 2021 9:10 am
by Lamtjop
Sovêr ek dit het is Leica n clip-on wat voorop jou gewone scope vasklamp. Hier en daar n youtube video gekyk en lyk vir my zero moet elke keer gecheck word. Vir thermal scope sal ek pulsar thermion 2 xp50/ xq50 of die Iray rico rl42 of rh50 koop. Iray bied goeie waarde vir geld en baie goeie beeld. Leica en Zeiss se thermals gebruik Iray se core. Ek het egter nog nie self deur n clipon unit gekyk nie.

Re: Leica Calonox

Posted: Sat Sep 18, 2021 9:01 am
by Faanman
Jan,

Ek het ook maar nog net Youtube oor die termal gekyk. Die meerdoelige gebruik maak egter vir my sin, 1 geweer vir dag en nag skiet. Ook dat jy hom kan afhaal en as ń handheld ook kan gebruik is vir my ook aanloklik. Ek is van opinie dat sou jy hom voor op die teleskoop inskroef hy baie mooi sal werk veral met sy zero. Teen R90k-R100k sal ń man seker eers hom wil hanteer, bygesê dink ek met die Leica handelsmerk kan ń man nie sommer ń fout maak nie. Maar ja teen daai prys is daar seker ook nog nie baie in SA verkoop om ń ware opinie te kry nie.

Sterkte met julle besluit en hou ons ander manne asb. op hoogte indien hy hom koop.

Faanman

Re: Leica Calonox

Posted: Tue Sep 28, 2021 8:36 am
by prohunt
Faanman wrote: Sat Sep 18, 2021 9:01 am Jan,

Ek het ook maar nog net Youtube oor die termal gekyk. Die meerdoelige gebruik maak egter vir my sin, 1 geweer vir dag en nag skiet. Ook dat jy hom kan afhaal en as ń handheld ook kan gebruik is vir my ook aanloklik. Ek is van opinie dat sou jy hom voor op die teleskoop inskroef hy baie mooi sal werk veral met sy zero. Teen R90k-R100k sal ń man seker eers hom wil hanteer, bygesê dink ek met die Leica handelsmerk kan ń man nie sommer ń fout maak nie. Maar ja teen daai prys is daar seker ook nog nie baie in SA verkoop om ń ware opinie te kry nie.

Sterkte met julle besluit en hou ons ander manne asb. op hoogte indien hy hom koop.

Faanman
More Faanman,

Ek het gister een in ontvasngs geneem wat ek wil toets. Nie seker wanneer ek daarby gaan uitkom nie maar ek sal laat weet wanneer dit gebeur het. Het net bietjie met hom gespeel gistermiddag (nog nie geskiet nie) en ek moet sê die Rusan "adapter", wat oor die teleskoop kom, is topgehalte. Die Calanox self se kwaliteit lyk op die oog af ook baie goed (tipies Leica).

Die prys waarvoor ek hom kan kry is darem ook heelwat beter as dit wat jy genoem het ;)

Seën
Johan

Re: Leica Calonox

Posted: Tue Sep 28, 2021 10:09 am
by Lamtjop
Onthou die calanox spotter is 640 core en sight is n 384 core, daar behoort n redelike prys verskil te wees tussen 2.

Re: Leica Calonox

Posted: Wed Sep 29, 2021 7:19 am
by Faanman
Hou ons asseblief op hoogte Johan. Ek het laasweek ń Leica Amplus 6 teleskoop gekoop en die Leica is vir my next level!! Sal graag wil hoor van die Calonox.

Re: Leica Calonox

Posted: Wed Sep 29, 2021 3:51 pm
by prohunt
Faanman wrote: Wed Sep 29, 2021 7:19 am Hou ons asseblief op hoogte Johan. Ek het laasweek ń Leica Amplus 6 teleskoop gekoop en die Leica is vir my next level!! Sal graag wil hoor van die Calonox.
Ek maak so. Die weer is net baie sleg die volgende week of so en daarna gaan ek dalk vir 'n tydjie nie by jag uitkom nie.

Re: Leica Calonox

Posted: Thu Sep 30, 2021 2:18 pm
by prohunt
Ek het vandag 'n kans gekry om gou die Calonox op te sit en 'n paar skote te gaan skiet. Dit was baie bewolk en ek het sommer 'n kruis met aluminium foelie gemaak wat op 'n karton geplak is. Dit werk heel goed. Die beeldkwaliteit is goed genoeg dat ek die kruis duidelik kon waarneem om te skiet. Die "pixels se grein" was redelik duidelik sigbaar maar dis te verwagte met 'n toerustingstuk wat byna die helfte kos van wat die volledige termiese teleskope kos (ongeveer R70k teenoor R120k+).
Ek kon hom nog nie in die nag toets nie.
Ek het hom opgesit en die eerste skoot was net bietjie laag en bietjie links. Ek het dit gestel en hom reg "gezero". Daarna 'n paar skote geskiet en goeie konstante groepering gekry. Ek het hom toe twee keer afgehaal en weer opgesit en die "zero" het nie geskuif nie, wat ek nogals mee beïndruk is.
Sover lyk dit belowend, ek sal sien wat gebeur as ek kans kry om met hom te gaan jag.

Re: Leica Calonox

Posted: Thu Sep 30, 2021 3:15 pm
by Faanman
Dankie vir die terugvoer sovêr Johan.
👍🏻

Re: Leica Calonox

Posted: Mon Oct 04, 2021 11:04 am
by prohunt
Faanman wrote: Thu Sep 30, 2021 3:15 pm Dankie vir die terugvoer sovêr Johan.
👍🏻
Ek het Saterdagaand gou 'n kans gekry om vinnig tussen die reën en die mis in die veld te kom met die Calonox. Kon darem twee jakke geskiet kry op 168m en 220m met die Calonox. Ek kom net agter dat die "ou" oë van my nie meer so lekker van die lang kykery deur nagsig hou nie, so hierdie een wat ek gekry het om te toets gaan in die mark kom.....hou maar dop of gesels met my indien iemand belangstel. Hy is net gebruik toe ek hom gezero het en met een aand se jag.