Page 1 of 6
Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 10:51 am
by Muishonde
Dagse manne.
Saak staan so :
Ek is opsoek na die idiale makouskiet kaliber ?
Dit sal beslis n Howa Stainless steel BB moet wees, ons jag in die weskaap en overberg destrik. Makoue, kolgaanse en kraaie word geskiet op afstande van 100m tot 350m en soms tot op 400m
1.So hy moet stabliseer op seevlak.
2. Stainless steel is net beter hier.
3. Goedkoper skiet verkieslik....
4. Wind is maar hier onthou.
Nou my vraag , gaan n Howa 223 met die "goedkoper" 55gr Fmj of varmenter punte werk ?
Of gaan ek inelkgeval n 53gr of 55gr v-max skiet, dan kan ek mos maar n 204 en 40gr ook skiet ?
Wat van n 22 250 met se n 1/9 twist en 62gr Fmj punte ?
Gaan n 223 AI my nie nader aan 204 en 22 250 vat nie, wat wen mens met AI op die 223.?
Tans skiet ek n 260 , 6.5Needmoor en Grendel op die makoue en vriende. Ek het ook n 243, so ek soek iets anders, meer doelgerig hehe.
En dalk kom die nuwe Howa' betyds vir Kersfees
Ek hoor graag van julle bekwame manne, veral die wat 223 AI en 22 250 en 22 250 AI ondervinding het.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 11:01 am
by Malan123
Jy het eintlik reeds die regte kaliber, jy moet hom net ackley (243). Die manne wat 204s skiet geniet hulle baie en die loop hou baie lank so dit sou my keuse gewees het siende jy nie die 243 wil gebruik nie
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 11:11 am
by BenJacobs
My pa boer hier vir iemand in die Bredasdorp omgewing. Hier is taamlik van die goed! Ek skiet met my 243 stainless BB, gelaai met 75gr v-max teen so 3200vps. Werk vir my soos 'n bom! Ekt die naweek so 10 geskiet. Vet pret.
Aangesien 243 nie 'n opsie is nie, sal ek net my ervaring deel. Een van my vriende skiet 223 met 55gr en hy dop die ganse mooi om. My ander pel skiet met 204 met 40gr. Hy skiet mooi tot op so 200m daarna kwes hy taamlik ganse. Hy vat deesdae sy 25-06 saam vir die verder skote. Dan skiet ons ander vriend weer 7x57, maar net omdat dit al is wat hy het.
Tussen die bg. Skiet my 243 die meeste ganse (dalk is dit die skut, tong in die kies). Daarna vaar die 223 die beste. Ek sou egter dink die 22 250 skiet net so lekker!! Dit is nog een wat ek ook wil kry. Het gedink dit sal my volgende een wees.
Ek is nou nie 'n bekwame mens nie, maar dit is my ervaring.
Groete Ben
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 11:28 am
by Smith223
.223 met 55gr Hornady SP en S321. Jy gaan nie goedkoper as dit regkom Rand/skoot nie. Dit is nou natuurlik as jy S321 in die hande kry.
Ek hou van die 55gr Nosler BT , hulle is bietjie duurder maar werk baie lekker vir kopskote, plaagdier beheer en bladskote hier by 300m rond.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 11:40 am
by PWV
BenJacobs wrote: Thu Sep 16, 2021 11:11 am
Aangesien 243 nie 'n opsie is nie, sal ek net my ervaring deel. Een van my vriende skiet 223 met 55gr en hy dop die ganse mooi om. My ander pel skiet met 204 met 40gr. Hy skiet mooi tot op so 200m daarna kwes hy taamlik ganse. Hy vat deesdae sy 25-06 saam vir die verder skote.
Dan skiet ons ander vriend weer 7x57, maar net omdat dit al is wat hy het.
Tussen die bg. Skiet my 243 die meeste ganse (dalk is dit die skut, tong in die kies). Daarna vaar die 223 die beste. Ek sou egter dink die 22 250 skiet net so lekker!! Dit is nog een wat ek ook wil kry. Het gedink dit sal my volgende een wees.
Ek is nou
nie 'n bekwame mens nie, maar dit is my ervaring.
Groete Ben
In jou opmerking hierbo oor die 7x57, lees ek so 'n bietjie van minagting. Nee Ben, nou begin ek twyfel aan jou. Met 'n "fool" agter die "tool", sal 'n 7x57 nie presteer nie, soos enige ander kaliber ook nie. Die 7x57 bly 'n bo-gemiddelde kaliber!!
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 12:18 pm
by BenJacobs
PWV wrote: Thu Sep 16, 2021 11:40 am

Oom PWV, als behalwe. Ek is mal oor die 7x57! Ek het self een op pad. Ek dink net nie dit is my eerste keuse vir makoue nie. Sê my gerus as ek verkeerd is, maar ek sien hom meer in 'n klas saam 270 en 308.
Soos die engels man sê (horses for causes), daar is niks fout met 7x57 nie, ek dink net in hierdie geval, vir hierdie doel is daar beter keuses.
Groete Ben
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 12:30 pm
by Capt. Yoda
22 250AI met n 55gr ietsie, point and click maar soos Malan sy daai 243 van jou is die regte kaliber.
Ackely hom met n baie kort freebore en skiet 55gr BT's anders as jy nou n makou gun soek sou ek n 22 250AI vat. As jy nou letterlik n 1000 van hulle elke jaar skiet sal die 223 meer ekonomies wees om te dryf maar so vinnige 22 250 is vet pret.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 1:26 pm
by tripodmvr
As dit 'n 22-250 is sal ek een soek met 'n 1 in 7 groefdraai sodat die 80/90 greiners kan help met die wind.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 3:18 pm
by Muishonde
Dis nie dat ek nie die 243 wil gebruik nie...ek het eintlik 2, het die Tikka vir n vriend gegee en die Musgrave Vrystaat model het n 26" loop en het bitter min geskiet (dalk 200 skote, dalk nog minder) ek kry dit egter nie oor my hart om hom n silencer optesit nie. N silencer help baie, nie net met jou ore nie, maar vir n opvolgskoot ens.
Daar is manne wat hul voortande sal gee vir hom !
Ek begin al meer dink dit moet n 22 250 AI wees wat n 53gr v-max vinnig en plat skiet...daar is nie altyd tyd vir lekker range nie.
Is die 204 werklik so sleg met wind ?
#Ben....is dit nie maar net swak skootplasing , vandaar die kwes skote ? ( vra net )
# Smith....ek het nog heelwat S321 en S335, ek voer my DM 4 darm met hulle.
Waar is die 204 manne, vertel bietjie asb ?
Wat wen ek as ek 223 AI , wat se quick load ?
Dankie vir al julle bydrae, dit help en gee mens bietjie ander perspektief !!!
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 3:21 pm
by Muishonde
Oom Tripod.
Kom al die Howa' nou met n 1/9 twist, ek hoor oom se 1/7 maar n 1/9 gaan mos n 70gr ook mooi stabliseer hier by seevlak ?
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 3:28 pm
by Arnold
Bly maar eerder weg van n 7 twist 22-250, n 8 twist sal werk maar hierdie kry jy nie van die rak af nie.
Jy soek n rede ... kry vir jou n 22-250 en n 223
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 4:48 pm
by Muishonde
Arnold...jy begin al meer my taal praat, hehe
Wonder oor die 223 AI ?
Ek hoor graag.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 4:59 pm
by BenJacobs
Oom, in my ervaring is dit nie skoot plasing nie. Hy skiet hulle reg van voor op die bors dan vlieg hulle nog mooi.
Groete Ben
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 5:12 pm
by Dumbluck
Ek skiet 70gr RDF's uit my Howa 24" Heavy Barrel(1:9) teen 2980fps en het al 'n makou op 500m laat slaap. (supersonies verby 800m)
23gr kruit en R4 'n koeël is goedkoop skiet.
Die 70gr RDF het 'n baie goeie BC en sy trajek is omtrent identies aan my 6mm creed en 260rem tot op 500m.
Die 70gr is baie minder sensitief vir wind and die 55greiners.
As jy baie skiet kan ek nie dink aan 'n beter kombinasie nie veral as jy koste per skoot inreken.
Soos jy noem kan jy hom ackley ook
Ek is ongelukkig eers weer Januarie terug in die land anders kon ek die geweer vir jou gebring het om te toets
Die nuwe Howa 223's kom nou met 1:8 twist loop, word al so verkoop in die USA, wanneer hulle hier gaan land sal ons nie weet nie.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 5:16 pm
by Johan van Wyk
Vir my geld, 'n Holland & Holland "Royal" pigeon gun met Southgate ejectors, 30" lope en 36-gram, koper-geplateerde nommer 3 Federals. Maar dis nou maar ek...
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 6:04 pm
by tripodmvr
Vir die spoed wat jy wen met die 223AI is dit nie die geld werd om die omskakeling te doen nie.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 7:24 pm
by Andre308
tripodmvr wrote: Thu Sep 16, 2021 6:04 pm
Vir die spoed wat jy wen met die 223AI is dit nie die geld werd om die omskakeling te doen nie.
Maar hy is darm so mooi. My vote gaan ook vir n 223 Ackley....ek is self lus vir so nommer.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 8:42 pm
by Toyrsi
Niks verkeerd met n 204 nie.
Ek skiet die 40gr vmax en skiet tot Veldskiet komp met hom.
Het al baie 22250 en 6mm op hulle plek gesit met hom.
Hy is rerig nie so gevoelig vir die wind soos manne dink nie.
Ek geniet myne baie.
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 8:55 pm
by Toyrsi
5 skote op 350m
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 8:57 pm
by Arnold
Watse spoed hardloop hy Toyrsi?
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 9:10 pm
by Toyrsi
Arnold wrote:Watse spoed hardloop hy Toyrsi?
3780
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 9:33 pm
by JohanvB
Ag wat, ek skiet hulle sommer met my 300wm..hulle klap so lekker!!
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Thu Sep 16, 2021 9:42 pm
by Gawie(13mm)
Howa 6mm Creedmoor al die pad. 87 Vmax of Sierra Game King teen 3260 vps.
Hy doen alles wat 'n 243 AI kan doen met minder druk en hoër spoed en dan is daai 3260 vps teen 51 000 psi!!
Sit daai in jou pyp en rook dit.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Fri Sep 17, 2021 8:24 am
by Muishonde
Dumbluck wrote: Thu Sep 16, 2021 5:12 pm
Ek skiet 70gr RDF's uit my Howa 24" Heavy Barrel(1:9) teen 2980fps en het al 'n makou op 500m laat slaap. (supersonies verby 800m)
23gr kruit en R4 'n koeël is goedkoop skiet.
Die 70gr RDF het 'n baie goeie BC en sy trajek is omtrent identies aan my 6mm creed en 260rem tot op 500m.
Die 70gr is baie minder sensitief vir wind and die 55greiners.
As jy baie skiet kan ek nie dink aan 'n beter kombinasie nie veral as jy koste per skoot inreken.
Soos jy noem kan jy hom ackley ook
Ek is ongelukkig eers weer Januarie terug in die land anders kon ek die geweer vir jou gebring het om te toets
Die nuwe Howa 223's kom nou met 1:8 twist loop, word al so verkoop in die USA, wanneer hulle hier gaan land sal ons nie weet nie.
Daai 70gr RDF klink vir my na makou kos en teen R4 gaan dit beslis my nie slaaplose nagte gee nie, hehe
Moet se ek hou van die idee dat hy darm nog by 500m mooi kan uitkom + hy sal werk op gonge ook.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Fri Sep 17, 2021 8:30 am
by Muishonde
Johan van Wyk wrote: Thu Sep 16, 2021 5:16 pm
Vir my geld, 'n Holland & Holland "Royal" pigeon gun met Southgate ejectors, 30" lope en 36-gram, koper-geplateerde nommer 3 Federals. Maar dis nou maar ek...
Vir my werk n Beretta 687 O/U ,met Nr 1's nou wee mooi,hehe. Veral as hy so mooi inkom om te land by jou decoy's !!
Se bietjie vir Andrew T julle 2 moet bietjie kom kuier, dan kan ek bietjie voel wat maak daai Holland &Holland