Page 1 of 1

Hoeveel Wapens?

Posted: Wed Jan 18, 2012 11:58 am
by Remingtonfrans
Goeie dag almal.

Help my gou asseblief. Ek het huidiglik 3 lisensies op my naam, almal vir jag, 308, 300winmag en 12BR. Ek het my oog op 'n 22-250 vir jakkalse ens. Nou my dilema, ek het nie my toegewyde of bona fide jagter status nie of enige van daai goed agter my naam nie. Is ek reg as ek vermoed ek sal eers daarna moet kyk voor ek nog 'n wapen kan koop, word ek beperk op hierdie stadium op die hoeveelheid wapens wat ek mag besit?

Baie dankie

Re: Hoeveel Wapens?

Posted: Wed Jan 18, 2012 12:03 pm
by Beer (Christo)
Hi R

As jy nie toegewyde status het nie word jy slegs 4 wapens toegelaat, waarvan slegs 1 vir selfverdediging mag wees.

Groete

Christo

Re: Hoeveel Wapens?

Posted: Wed Jan 18, 2012 12:18 pm
by Remingtonfrans
Ek het so vermoed, dankie. Dink elkgeval dis tyd om daai dinge in plek te kry. Ek sien in die toekoms 'n .44 Mag rewolwer, 45/70 govt Lever action vir die varke en 'n 375HH vir die groter goed. En natuurlik die 22-250 vir die goggas.

Goed gaan

Re: Hoeveel Wapens?

Posted: Wed Jan 18, 2012 12:58 pm
by BLOK
Terwyl ons nou so by die punt is, as iemand net twee jag gewere het sal hy goedkeuring kan kry vir n derde jag geweer.

Re: Hoeveel Wapens?

Posted: Wed Jan 18, 2012 1:36 pm
by Remingtonfrans
Blok ek glo jy behoort nie te sukkel as al jou papierwerk in plek is nie. Goeie hulle toe onder jou motivering, verduidelik hoekom jou ander twee gewere nie kan doen wat die derde een moet nie, ens.