Page 1 of 1
Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Sat Sep 04, 2021 1:59 pm
by tripodmvr
Ek het al opmerkings gemaak oor die verskil tussen ou houtkolfjaggewere en die moderne taktiese wapenformaat. Hier is iemand anders se mening daaroor.
[youtube]
https://youtu.be/-ni6QScjW2A[/youtube]
Re: Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Thu Sep 16, 2021 11:16 am
by Muishonde
Ek hoor die man oom Tripod, maar ek dra beslis bietjie swaarder aan my 260 met 27" en 20mm by die kroon en kan n lekker skootjie skiet op n bok of bobbejaan as aan n dun loop soos my 308 en 200m is n verskoot. !
Re: Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Thu Sep 16, 2021 2:03 pm
by J le Roux
Ek dink daar is baie min verskil tussen tussen 'n dik en dun loop geweer se koue skoot akkuraatheid, dit is mos wat tel in die jagveld.
Klomp skote na mekaar tot die loop baie warm is, dan kom die dikloop tot sy reg, maar dan praat ons ook nie meer van jag soos ek dit ken nie.
Re: Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Sat Sep 18, 2021 7:01 am
by Lategan1
Sy logika is glashelder en funksioneel.
Stem saam.
Beste.
Re: Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Sat Sep 18, 2021 11:03 am
by HeinM
J le Roux wrote: Thu Sep 16, 2021 2:03 pm
Ek dink daar is baie min verskil tussen tussen 'n dik en dun loop geweer se koue skoot akkuraatheid, dit is mos wat tel in die jagveld.
Klomp skote na mekaar tot die loop baie warm is, dan kom die dikloop tot sy reg, maar dan praat ons ook nie meer van jag soos ek dit ken nie.
Stem saam.
Re: Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Sat Sep 18, 2021 11:51 am
by Capt. Yoda
Ek kan aan klomp lekker dinge dink om te doen maar met my comp geweer met 28” wielas loop rond stap in die veld is nie een van hulle nie. Ek het een keer so koppie uit geklim met hom en ekt gedink hulle kan my maar hier los om te vrek as hulle my nie kom haal nie want ek stap nie af nie
Re: Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Sun Sep 19, 2021 2:33 pm
by HeinM
Ek het 'n ou RSA Plankgeweer en hy is ook nie vir dra gemaak nie. My broer se Vrystaat is 'n jaggeweer, maar dit is nog swaarder as die RSA... Weet nie wat Musgrave se manne daaityd besiel het om die jaggewere so swaar te maak nie...
Re: Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Sun Sep 19, 2021 5:50 pm
by Ranger
Ja if you don’t have a heavy barrel rifle in a MDT chassis with a R10k or more tripod and x56 dialing scope, you’re just not a real hunter these days.
Re: Gewig en vorm van jaggewere
Posted: Sun Sep 19, 2021 6:02 pm
by Capt. Yoda
Haha