Page 1 of 1
9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Sun Aug 29, 2021 12:32 pm
by HeinM
Hallo vriende!
Is enige-iemand bewus van winkels wat 115gr of 125gr volmantels in voorraad het? Is daar ook enige loodkern SD punte iewers te koop? Ek sien nog net Hornady XTP by sommige plekke...
Ek hoor graag!
Mooi dag daar!
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Mon Aug 30, 2021 7:32 am
by HeinM
Bump!
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Mon Aug 30, 2021 7:47 am
by OosKaapJagter
Safari Outdoor het laas aangedui dat hulle Boksburg tak nog gehad het, maar selfs hulle voorraad is nou uitverkoop.
Indien jy nie van die polimeer bedekte koeêls hou nie, is Frontier se CMJ's nog steeds 'n naby alternatief vir volmantel koeëls. By Bullets & Brass is hulle so R600 per duisend goedkoper as by die groot winkels.
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Mon Aug 30, 2021 9:20 am
by Shaunsteyn
More HeinM
Ek het 1000 Frontier 115gr FMJ as jy belang stel. Inbox my of bel O agt 4 8 23 58l5.
Groete
Shaun
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Mon Aug 30, 2021 9:26 am
by Arnold
HeinM, hoekom spesifiek volmantel of sal 'n CMJ ook doen?
SD weet ek ook maar net van die XTP wat huidiglik nog plek plek beskikbaar is.
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Mon Aug 30, 2021 4:00 pm
by HeinM
Arnold wrote: Mon Aug 30, 2021 9:26 am
HeinM, hoekom spesifiek volmantel of sal 'n CMJ ook doen?
SD weet ek ook maar net van die XTP wat huidiglik nog plek plek beskikbaar is.
Hallo Arnold!
Ek soek spesifiek volmantel vir 'n Plan B as my SD Holpunt voorraad opdroog. Ek het heelwat XTD, maar ek weet nie hoe lank dit nog beskikbaar gaan wees nie. Ek het wel nog 'n 1000 Frontier CMJ's en baie van Bullet Corp se teikenskiet koeëls.
Ek glo vas dat jy gereeld met jou SD ammo ook moet oefen, maar dit raak duur met die plaaslik-vervaardigde mono-SD koeëls.
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Mon Aug 30, 2021 4:01 pm
by HeinM
Shaunsteyn wrote: Mon Aug 30, 2021 9:20 am
More HeinM
Ek het 1000 Frontier 115gr FMJ as jy belang stel. Inbox my of bel O agt 4 8 23 58l5.
Groete
Shaun
Baie dankie, Shaun! Ek waardeer!
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Mon Aug 30, 2021 4:17 pm
by HeinM
HeinM wrote: Mon Aug 30, 2021 4:00 pm
Arnold wrote: Mon Aug 30, 2021 9:26 am
HeinM, hoekom spesifiek volmantel of sal 'n CMJ ook doen?
SD weet ek ook maar net van die XTP wat huidiglik nog plek plek beskikbaar is.
Hallo Arnold!
Ek soek spesifiek volmantel vir 'n Plan B as my SD Holpunt voorraad opdroog. Ek het heelwat XTD, maar ek weet nie hoe lank dit nog beskikbaar gaan wees nie. Ek het wel nog 'n 1000 Frontier CMJ's en baie van Bullet Corp se teikenskiet koeëls.
Ek glo vas dat jy gereeld met jou SD ammo ook moet oefen, maar dit raak duur met die plaaslik-vervaardigde mono-SD koeëls.
Ek sien Claw vervaardig ook 'n 9mmP koeël met 'n loodkern... Sal graag toetse op dit wil sien...
http://www.sapremiumbullets.co.za/sapremium-claw.html
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Mon Aug 30, 2021 9:28 pm
by Alwin
Ek kan nie sien hoekom volmantels beter gaan werk vir daardie doel as enige van die meer bekostigbare opsies nie. Holpunt is beter en die res is maar baie dieselfde.
Waarskynik is dit goedkoper om van die groter pakke volmantel fabriekspatrone te koop, as om al die komponente te koop en dit self aanmekaar te sit. S&B se FMJ ammu in die 250-rondte pakke is redelik skaflik geprys.
Re: 9mmP koeëls: FMJ gesoek
Posted: Tue Aug 31, 2021 7:41 am
by HeinM
Alwin wrote: Mon Aug 30, 2021 9:28 pm
Ek kan nie sien hoekom volmantels beter gaan werk vir daardie doel as enige van die meer bekostigbare opsies nie. Holpunt is beter en die res is maar baie dieselfde.
Waarskynik is dit goedkoper om van die groter pakke volmantel fabriekspatrone te koop, as om al die komponente te koop en dit self aanmekaar te sit. S&B se FMJ ammu in die 250-rondte pakke is redelik skaflik geprys.
Nee, beslis Alwin, maar ek het al die ander herlaai onderdele wat ek met die verloop van jare aangekoop het. So die punte alleen sal net vir my 'n baie meer ekonomiese opsie wees. Maar ja, dis net jammer dat die handwapen herlaai-opsies so beperk raak...
Mooi dag daar!