Page 1 of 1

German shorthair pointer

Posted: Sat Aug 28, 2021 7:36 pm
by BenJacobs
Dagsê almal.
Weet iemand dalk waar ek so 'n hondjie in die hande kan kry?

Groete Ben

Re: German shorthair pointer

Posted: Thu Sep 09, 2021 9:03 am
by Michael vanzyl
Goeie more . Ek weet van een as jy nog opsoek is na een?

Re: German shorthair pointer

Posted: Thu Sep 09, 2021 9:42 am
by BenJacobs
Asb jy kan gerus aan stuur.
Groete Ben
0787981262

Re: German shorthair pointer

Posted: Thu Sep 09, 2021 7:05 pm
by kwagga
Ben, het jy al op Gumtree gekyk? Dan is daar ook ‘n FB groep German Short Haired Pointers South Africa.

Re: German shorthair pointer

Posted: Thu Sep 09, 2021 7:52 pm
by BenJacobs
Ek het ja, baie dankie. Ek het een gekry wat Desember reg sal wees. Dit gee my kans om my geld sake ook reg te kry.
Groete Ben

Re: German shorthair pointer

Posted: Fri Sep 10, 2021 8:46 am
by Forester
Ben, maak asb net baie seker voor jy die "sneller trek" op 'n GSP. Hulle vereis vreeslik baie tyd en aandag, dis maar soos om 'n kind groot te maak. Neem in ag die stadium van jou lewe waarin jy is en hoe dit waarskynlik gaan verander. Hou ook in gedagte dat hulle eers begin werk op 2 jaar en regtig verstaan wat hulle doen van 5 af...

Re: German shorthair pointer

Posted: Fri Sep 10, 2021 8:56 am
by Lategan1
Stem heeltemal saam. Stadium van jou lewe en tyd beskikbaar vir so ‘n werkende hond bepaal of jy ‘n werklik waardige eienaar is.

Hulle werk darem so bietjie vroeër... al is dit net om jou op jou voete te kry!

Beste.

Re: German shorthair pointer

Posted: Sun Sep 12, 2021 9:47 am
by toxicsox
Wees bitter versigtig om honde te koop op Gumtree, OLX etc. 80% scams.

Re: German shorthair pointer

Posted: Sun Sep 12, 2021 10:06 am
by HeinM
Forester wrote: Fri Sep 10, 2021 8:46 am Ben, maak asb net baie seker voor jy die "sneller trek" op 'n GSP. Hulle vereis vreeslik baie tyd en aandag, dis maar soos om 'n kind groot te maak. Neem in ag die stadium van jou lewe waarin jy is en hoe dit waarskynlik gaan verander. Hou ook in gedagte dat hulle eers begin werk op 2 jaar en regtig verstaan wat hulle doen van 5 af...
O ja.... My pel het een gehad wat tonnels onderdeur die huis gegrawe het - weens te min aandag... Wees baie bedag hierop ;)

Groenis!

Re: German shorthair pointer

Posted: Sun Sep 12, 2021 11:18 am
by Capt. Yoda
Daai manne myn n tuin op as hy nie werk nie

Re: German shorthair pointer

Posted: Thu Sep 16, 2021 10:26 am
by Muishonde
Dagse.
Dit is soos julle almal se, daai GSP manne het meer aandag en tyd nodig as jou vrou !
Maar as jy tyd insit sal jy beloon word, glo my !!
Ek is op my 2de een....beste vriend ooit !!

Re: German shorthair pointer

Posted: Thu Sep 16, 2021 11:19 am
by J le Roux
Al die GSPs wat ek al op plase raakgeloop het is great honde. In die dorp het ek nog net terroriste gesien.

Re: German shorthair pointer

Posted: Thu Sep 16, 2021 12:52 pm
by joe rocket
Benna kry vir jou n Jack Russell of n whiredhair fo x terrier. Leer hulle mooi maar n GSP in die dorp is maar vir bollie soek.

Re: German shorthair pointer

Posted: Thu Sep 16, 2021 1:08 pm
by BenJacobs
joe rocket wrote: Thu Sep 16, 2021 12:52 pm Benna kry vir jou n Jack Russell of n whiredhair fo x terrier. Leer hulle mooi maar n GSP in die dorp is maar vir bollie soek.
Dagsê oom. Ek is bevoorreg om op die plaas te bly. Ek dink erg daaraan, maar hierdie draad het my dalk so bietjie laat heroorweeg. Ek is nie seker hoe my lewe gaan verander oor die volgende paar jaar nie, so ek dink ek moet bietjie aanhang.
Groete Ben