Page 1 of 2
Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sat Aug 14, 2021 9:39 pm
by Ds J
Goeienaand Jaracal,
Watter jagkoeëls werk regtig goed in n Howa 243?
Een van die jong skuts hier naby sukkel regtig met groeperings, en ek het na alles aan sy geweer gekyk. Teleskoop is mooi vas, kroon is glad, loop druk nie, kolf is deeglik vas ens.
Dit is ook nie die skut se fout nie want die geweer skiet ewe vrotsig met drie verskillende skuts: ongeveer 45mm - 60mm groeperings met 95gr Hornady SST's.
Dr Google beduie dat die Howa 1500 n 1:10 groeflengte het, en nie van 100gr-koeëls hou nie. Dit sou dan vir lang 95gr-koeëls ook geld.
Dit moet verkieslik n jagkoeël wees want die geweer skiet wild en jakkalse.
Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sat Aug 14, 2021 10:05 pm
by JJV
Ons het altyd die Sierra 85gr HPBT geskiet op ons gewere (nie Howa) ek het later na 87vmax oorgeslaan, was baie goedkoper as Sierra, nie erkende jagpunt maar kn bok doodskiet. Probeer hulle gerus.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sat Aug 14, 2021 10:26 pm
by Ds J
Dit klink al baie gaaf, dankie.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 6:22 am
by Killzone
Howa. 243 Win en 87gr Vmax is soos Grondboontjie botter met stroop



. Die 75gr Koeëls werk blykbaar ook uitstekend. Bogenoemdes sal perfek wees vir Ondiere, maar soos Ds self weet nie idiaal vir bladskote op Bokke nie. Hy kan seker Ballistix koeëls ook probeer, ek hoor net goed van hulle.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 7:07 am
by Matewis28
87gr Vmax loop soos stroop in 243.
Gaan 85gr Sierras probeer vir jag wanneer ek van hulle in die hande kan kry.
Sent from my SM-N986B using Tapatalk
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 7:10 am
by joe rocket
87 vmax is sy kos. Monos werk Kriek koele 76gr en 82gr lrh. 85gr sieras sal ook werk.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 9:52 am
by Smith223
Kombinasie in my broer se Howa 243:
87gr vmax vir baanskiet en ondiere.
85gr interbond vir jag.
Ons gebruik ‘n identiese lading op beide en ons verander nie die seating die se diepte tussen die twee nie aangesien die punte presies dieselfde eksterne dimensies het.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 2:09 pm
by Vleisie
Nou wel nie n Howa nie, maar my 243 wou nie great groepeer met 87 V Max nie, maar die 87gr Berger VLD Hunting doen dit vir hom. My groepe het gehalveer teen basies dieselfde spoed. My loop is n 1:9.25” want Savage moet mos altyd anders wees.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 4:12 pm
by Dirkvh
My ondervinding:
1ste prys: 87gr Vmax
Dan: 85gr Sierra en 90gr Nosler BT
Bietjie platter oor eerste 250m vir roofdiere: 70gr Nosler BT en 75gr Vmax
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 4:36 pm
by Lategan1
.243 1:10, Wild en Jakkals, in die volgorde.
My Remington geweer vir jag:
Hornady Interlock SP 87gr uitstaande @ 3070vps. Behoort darem so paar jakkalse te kan afhaal met hom, nie te harde koeël nie.
Accubonds 90gr goed vir jag in myne. Ek sou ook oorweeg vir jou doeleiendes om onderskeidelik Nosler BT Hunting en BT Varmint 90gr te gebruik. Sal naby dieselfde op papier wees.
Andersins gaan eenvoudig vir 80gr koeël vir beide, kies net goeie skootplasing vir vleis.
Hierdie onderwerp is nie te lank gelede bespreek nie, loer bietjie terug. Ek onthou Geno het kommentaar gelewer, kyk onder sy plasings.
Die Sierra 80-90’s glo ek het ook goeie opsies vir jou doel.
Sekere 1:10 lope wil selfs nie met sommige 95gr mooi skiet nie.
Alles natuurlik relatief tot beskikbaarheid, eina! My 1:10 voorstelle eens met baie reeds hier gemeld.
Beste.
Ns. DsJ, my 100gr groeperings was nog groter as dit wat jy hier noem. Moet dit sien om te glo!
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 8:09 pm
by RabieL
Ek dink nie altyd almal interpreteer koeel stabiliteit reg nie. Ek is al deur 3 verskillende Howa 243's. Koeels wat ek kon kry om baie mooi te werk in dinneland is soos genoem die 87 gr V-Max. Nog in elke geweer gewerk. Kon dit regkry om 105 gr A-maxies te skiet maar was bietjie werk. Die 100 gr Sierra Gameking werk soos n bom in n 1 in 10 twist. Daai koeel is kort vir sy gewig en stabiliseer giroskopies selfs by die kus. Die 100 gr Prohunter is een van die akkuraatstes nog in daai gewere. Dan kry van my vriende met Howa's 0.5 MOA groepe met die 103 gr ELD-X koeels.
Verbasend is 95 gr SST's een van die koeels wat ons nog nooit kon kry om behoorlik te werk nie. Ek het naderhand my eie Excell sompompie geskryf wat Giroskopiese Stabiliteit bepaal asook RPM. Wanneer n koeel GS van 1.5 het en RPM is tussen 180K en 225K is dit oor die algemeen nie moeilik om vinnig en maklik resultate te kry nie.
Vir n 1 in 10 twist in 6mm moet mens die koeels lengte onder 27 mm hou en spoed hoer as 2800 fps dan het jy min moeilikheid. Die enigste uitsondering hier was die 103 gr ELD-X wat volgens Hornady moet werk in n 1 in 10 twist
Ek hoop dit help.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 8:23 pm
by Dale SH
DS J
I have never battled to make a stock standard 100 gn Pro Amm accurate in my 243.
100 grain Sierra Game Kings and Pro Hunters also no problem.
My hunting bullet of choice currently is a 90 grain Accubond.
Tell us more about the young man's rifle and set up.
Silencer or not ?
what scope, his load and speed etc.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 8:29 pm
by Matewis28
Love hierdie bespreking. Het die jaar die eerste keer met my eie geweer gaan jag.87gr Vmax en met uitsondering van 1 skoot het nie een van die patrone deur die rooibokke gehardloop nie.
Nogal n issue as jy bokke begin track op bloedspoor.
Gaan nou die 100gr Gamekings probeer na bogenoemde kommentaar.
Sent from my SM-N986B using Tapatalk
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 9:12 pm
by Lategan1
Rabie, stem heeltemal saam met jou. Ons moet net onthou almal stel nie belang of het nie die lus of tyd om hierdie tegniese ontledings in detail te bestudeer nie. Maar ons leer baie by ander wat wel daarin belangstel of onderleg is. My sin moet lees .... sommige 95gr... (ek edit dit)
Oor bg. veralgemeen mens baie, sekere 100gr sal dalk werk, maar jy moet dit gaan vasstel, en dit is waar veralgemening inkom met keuses uitoefen. Ek vir een wil in my motor klim en ry. Wil nie weet hoe sterk sy alternator of starter is nie, ek koop met vertroue in die handelsnaam vir die doel. laugh:
Wil nie lang storie maak nie, die .243 1:10 lope is berug vir hulle temperamentele voorkeur met voedsel, is dit gesny met ou of nuwe reamer ens. Ons het dit al voorheen bespreek. Dit is nou waar die info wat jy hier noem, belangrik raak, is dit net die loop of ‘n kombinasie tesame met die eienskappe van onderskeie koeëls.
Dale, my .243 rebelled on the sight of any 100gr brown or blue box PMP or ProAmm that were opened nearby. Just no way, as described below.
Dankie v j goeie info Rabie.
Beste.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 9:40 pm
by RabieL
Dankie vir die boodskap Lategan1, ek wou niemand se stellings of raad in die gesig vat nie. Ek het het persoonlike ervaring gedeel. Ek en 1in 10 twisy 243's het nou al n entjie gestap. Ek vra myself kort kort hoekom fabrikate van die oorspronklike 1 in 9 twist waarom die rondte ontwerp afgedoen het. Dit was juis hierdie eienskap wat die 243 Win n sukses gemaak het en die 6mm Remington totbin balingskap gedruk het.
Maar in ons landjie metbal sy beperkings stopstrate en hindernisse moet n man maar om dinge werk. En dis waar my persoonlike ervaring my gelei het tot die maksimum koeel lengte vam 27mm en spoed van bo 2800 fps. Dit het nog elke keer gewerk sonder moeite. Gewig is nie so relevant soos koeel lengte nie maar speel tog n reel. Paar jaar terug sonder vandag se tegnologiese voorgang sou n liger koeel as 100 gr nie daardie lengte oorskry nienen het volksmond dus sommer in gewig veralgemeen wat 99% van die kere reg was. maar nou kom pootjie tegnolgie daardie sienswyse.
Terloops net so vir die wis en die onwis die koeel wat my letterlik ore aan gesit het was n 95gr Berger VLD target. My brein het gese hy moet werk maar hy wou net nie. Dis waar my wereld van balistieke somme begin het om skoolgeld vir elke geweer te verminder.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 9:43 pm
by JDKey
Smith223 wrote:Kombinasie in my broer se Howa 243:
87gr vmax vir baanskiet en ondiere.
85gr interbond vir jag.
Ons gebruik ‘n identiese lading op beide en ons verander nie die seating die se diepte tussen die twee nie aangesien die punte presies dieselfde eksterne dimensies het.
Presies my setup. Werk 100%.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 10:13 pm
by tripodmvr
My Musgrave 243 het nog altyd baie goed geskiet met 90gr Speer (2950vps) en 85gr Barnes X (ou koeël) en TSX. Sako 90gr en Hornady 75 en 87 Vmax het ook mooi groepe gemaak. Skiet op die node en die koele sal werk.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Sun Aug 15, 2021 10:39 pm
by Boomstomp
My Musgrave .243 het altyd bruinpakkie PMP so-so geskiet... maar met die Pro-Amms het hy klokslag 3cm groepe op 200m geskiet. het nounog 'n pakkie as back-up!
ek skiet tans Berger se 87gr VLD Hunting teen so 3060vps [Vita N550 werk lekker] (kan hom nie met 24" duim loop by volgende node kry nie), maar hy groepeer 2cm op 200m heeldag lank tans!
Is net bang die koeël is bietjie lig in die broek vir bladskote op blesbokke... so gaan oorskakel na Nosler 90gr BT Hunting as my Bergers op is. Maar springbokke en kopskote/nekskote op blesbok is daai Berger 87gr dodelik!
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Mon Aug 16, 2021 7:42 am
by Gian_dP
Boomstomp wrote:
Is net bang die koeël is bietjie lig in die broek vir bladskote op blesbokke... so gaan oorskakel na Nosler 90gr BT Hunting as my Bergers op is. Maar springbokke en kopskote/nekskote op blesbok is daai Berger 87gr dodelik!
Daai 87's sal blesbok mooi neersit, selfs op die blad.
Ek het al 85gr Sierras, 87gr Vmax, 90 en 95 Nosler BT en 87gr Berger VLD H uit verskillende Howa 243's geskiet. Almal werk mooi, Bergers en Sierras het vir my beste groepe met minste moeite gegee.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Mon Aug 16, 2021 8:40 am
by junglejulian
Wat die dominee eintlik moet hoor is dat die 95gr SST n simpel koeel is om te maak skiet.ek het al met verskeie Kalibers geskukkel om n SST te laat mooi skiet.n Vmax of gewone interlock werk baie beter.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Mon Aug 16, 2021 9:13 am
by toxicsox
I tried everything possible with horrible results. One day at the range my friend offered me some of his S&B 100gr. to try out. Since then I have never looked back.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Mon Aug 16, 2021 9:43 am
by tripodmvr
'n Baie veilige roep is om platgat koeëls te skiet. Selfs 'n 100gr is dan kort genoeg om te stabiliseer en goeie akkuraatheid te verseker.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Mon Aug 16, 2021 8:28 pm
by NicoSmit
Ek gebruik in my Howa 87gr Vmax vir die jakkalse en my jagpunt is Hornady 100gr Interlocks sal graag die Interbonds wou gebruik maar hulle is so bietjie baie duur.
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Mon Aug 16, 2021 10:40 pm
by Ds J
Dit klink regtig of n 243 toe nie so n moeilike herlaai-kaliber is nie!
Baie dankie vir al die terugvoer!
Re: Howa 243 - watter koeëls werk regtig goed?
Posted: Tue Aug 17, 2021 2:47 am
by Pappabeer
Afhangende van wat jy gaan jag geniet ek noggal n 87gr V max deur die ribbes. Op n vlakvark, bosvark, rooibok etc maak hy min skade en die dier val mooi vinnig.