Page 1 of 1
Hulp met 22-250 AI
Posted: Mon Aug 02, 2021 11:02 am
by Philip_L
More almal
Vriend van my het nou sy 22-250 laat Ackley. Hy kry hom eersdaags terug en wil kyk om asap n lading op hom te kry sodat hy darem die jaar nog n bok of twee kan plattrek met hom.
Kan iemand dalk kyk watter lading hy kan probeer op die volgende info:
Dryfmiddel: Lovex D073.6
Koeel: ELD-M 75gr of Accubond 70gr.
Loop lengte: D28 duim loop
Twist: 1 tot 8.
Doppe is nog nie gefireform so het nog nie case volume.
Sal die info genoegsaam wees om n redelike lading te gee vir jag doeleindes? Sal dan later die node mooi soek as hy meer info het.
Re: Hulp met 22-250 AI
Posted: Mon Aug 02, 2021 11:32 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Indien jou vriend ten minste 2 baan sessies kan inwerk om aanvanklike data in te samel en dan weer vir kalibrasie, kan ons hom dalk help met 'n jag lading, maar ons is nie heeltemaal so goed nie.

Re: Hulp met 22-250 AI
Posted: Mon Aug 02, 2021 3:49 pm
by Raditipa
Dag sê Philip
Ek kan ongelukkig nie help met Lovex kruit nie, maar kan sê die 75gr Eld-m doen goed in die 1-8 twist.
Wouter hier op die forum het my hand gegee met my Ackley en hy loop baie mooi. Ek het nog S365 oor so ek het my ladings met dit ge doen.
Ek het gefire form met 35gr en 3050fps gekry. My node lê by 3350fps met die 75gr's uit my 27 duim loop. Ek laai nie uit die magasyn nie so my rondtes is redelik lank 2,083 by die ogief. My resep is tans 37.8gr S365 (lot #081), cci200 primer en ge fire formde Lapua doppe.
Ek glo hier sal iemand wees wat jou kam hand gee.
Sterkte
Re: Hulp met 22-250 AI
Posted: Mon Aug 02, 2021 4:17 pm
by tripodmvr
Het julle nog ou herlaaide ammunisie met een van die 2 koeëls bo genoem? Ek het gevind dat my ou 243 ammunisie puik geskiet het na my geweer na AI verander is. Die vuurvorming is nie 'n probleem nie en maak nie dat die geweer swak skiet nie.
Re: Hulp met 22-250 AI
Posted: Mon Aug 02, 2021 4:56 pm
by Raditipa
Oom Driepoot ek het dit ook gehad dat my vuurvorming rondtes baie goed geskiet het! Ek het net genoeg gebruik om my ontwikkeling te doen en die res gehou om solank mee te jag. Die spoed was biekie laer maar die akuraatheid was spot on.
Re: Hulp met 22-250 AI
Posted: Tue Aug 03, 2021 5:13 am
by Philip_L
Baie dankie vir terugvoer sover.
Sover ek weet het hy geen gelaaide ammunisie oor nie en het net 55gr tot nou toe.
Ek laat weet as hy gaan skiet het en kon spoed meet, sal dan ook dop volume he.