Page 1 of 1

De-Humidifier

Posted: Fri Jul 30, 2021 7:45 pm
by Malan123
Menere, ek is besig om my kluis oor te doen. Ek het tot nou toe disposable de-humidifiers gebruik, maar is nou gatvol vir die goedjies wat oral rond staan. Het gegoogle, en opsies lyk maar min. Ek soek 'n meer permanente oplossing in 'n elektroniese de-humidifier. Kan enige iemand asb voorstelle gee?

Re: De-Humidifier

Posted: Fri Jul 30, 2021 8:23 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse


Stuur my more oggend whatsapp dan neem ek foto van myne, oudjie hardlooo al mooi vir 7 jaar

Re: De-Humidifier

Posted: Fri Jul 30, 2021 8:27 pm
by Malan123
Dankie Kobus. Ek maak so

Re: De-Humidifier

Posted: Fri Jul 30, 2021 8:53 pm
by lalvisser2
Goeie naand. Stuur asb die besonderhede op die groep aan. Stel ook belang. Besig met n redelike kluis onder gronds. Gaan dit beslis nodig kry. As jy privaat wil praat....083 454 95nul4.
By voorbaat dank
Lal Visser

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


Re: De-Humidifier

Posted: Fri Jul 30, 2021 10:40 pm
by Bennie Bester
Ek stel ook belang. Spandeer baie geld aan Stodri sakkies wat ek in my instap kluis hang. My nommer is 07een285nege077.
Ek sal dit hoog op prys stel.
Groetnis
Bennie Bester

Re: De-Humidifier

Posted: Sat Jul 31, 2021 7:33 am
by Malan123
Ek sal foto hier post nadat ek en Kobus gesels het

Re: De-Humidifier

Posted: Sat Jul 31, 2021 7:40 am
by Malan123
Hier is hy

Re: De-Humidifier

Posted: Wed Oct 14, 2026 8:20 am
by Frikkie dei Rot
More manne,

My kluis is 4m lank en 2.5m wyd en 2.2m hoog. Sal n 10L dehumidiefier werk vir die spasie?

Meaco maar die beter opsie of wat sal julle aanbeveel?

Ek is in die weskaap so dit is maar klammerig.

Baie dankie vir julle hulp
Groetnis,
Frikkie

Re: De-Humidifier

Posted: Wed Oct 14, 2026 10:22 am
by Malan123
Frikkie, ek het op die einde van die dag 'n 12l gekoop. Ek is in Natal en moet omtrent elke 2de dag daai ding leeg maak in die somer maande. As jy nie worry oor die moeite nie, gaan 10l werk anders gaan jy groter tank moet kry

Re: De-Humidifier

Posted: Thu Oct 15, 2026 2:04 pm
by Toyrsi
So gepraat van die.
Wat gebruik julle manne in n gewone staan geweer kluis behalwe die goedkoop tiepe wat mens elke nou en dan moet vervang?