Page 1 of 1

Geskikte punt vir 22-250

Posted: Mon Jul 19, 2021 6:55 pm
by JohanvB
Hallo julle

My maatjie skiet tans Hornady Amax 52 gr in sy 22-250, maar dink hy het nou die laaste pakkie in die land gekoop.. Hulle word nie meer gemaak nie.

Wat stel julle manne voor gebruik hy nou, soek soortgelyk, maar goedkoop punt, vir jakkals en kopskote op wild..

Ek hoor graag, dankie.

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Mon Jul 19, 2021 7:06 pm
by Malan123
Vir jakke en kopskote loop die Noslers en vmaxe mooi

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Mon Jul 19, 2021 7:11 pm
by WicusdP
Noslers 55gr Ballistic Tips

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Mon Jul 19, 2021 7:11 pm
by Basie2
Nosler 40gn of Sierra Blitz king 50gn doen baie goed vir my. 0-350m is hulle doeltreffend. Weet nie wat is beskikbaar nie. Werk maar spaarsamig.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Mon Jul 19, 2021 7:12 pm
by JGZ
50, 53 en 55gr Vmax loop mooi.

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Tue Jul 20, 2021 8:47 am
by Apie
53gr VMax het ‘n mooi bc vir so kort kordaat


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Tue Jul 20, 2021 9:35 am
by Dawie
Wat is jou twistrate? As dit 1-14 is moet jy hom vinnig skiet om 53gr V-max te stabiliseer en ook nie altyd 'n waarborg nie

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Tue Jul 20, 2021 10:38 am
by JGZ
Dawie wrote:Wat is jou twistrate? As dit 1-14 is moet jy hom vinnig skiet om 53gr V-max te stabiliseer en ook nie altyd 'n waarborg nie
Netso. Ten minste n 1-9 nodig hier onder by die see. Dit is na die 70gr Berger my gunsteling punt in die 22-250.

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Tue Jul 20, 2021 10:52 am
by JohanvB
Twist rate is 1-12

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Tue Jul 20, 2021 11:49 am
by Apie
1-12 223 gewere skiet die 53Vmaxe baie mooi so daai sal werk


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Tue Jul 20, 2021 11:56 am
by JohanvB
Dankie

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Tue Aug 17, 2021 6:49 am
by obasch
Vir my geweer met 'n 1:10" twist werk die Norma Oryx 55gr die beste van wat ek probeer het.

Re: Geskikte punt vir 22-250

Posted: Tue Aug 17, 2021 8:36 am
by Forester
WicusdP wrote: Mon Jul 19, 2021 7:11 pm Noslers 55gr Ballistic Tips
+1 Ek laai die 55gr Ballistic Tips vir 'n vriend wat hulle in 'n Howa skiet en hy is baie gelukkig daarmee.