Beeste op nat turf grond
Posted: Mon Jul 12, 2021 1:48 pm
Ek het 'n vraag aan die gesoute beesboere op die forum. Hoe gemaak in die somer as jou plaas slegs uit swart turf grond bestaan? Hier by my as dit 'n pappery word skuif ek hulle oor na 'n rooigrond kamp tot dit weer bietjie droƫr is, maar as mens dalk begin uitbrei en grond huur gaan dit nie altyd moontlik wees nie.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk