Page 1 of 1
458 African
Posted: Thu Jul 08, 2021 7:36 am
by Thunderhead
Goeie more weet julle van iemand wat jag ondervinding met die 458 African het. Pierre van der Walt is besig met navorsing vir artikel en soek info en fotos om in die artikel te gebruik. PM asseblief.
Re: 458 African
Posted: Thu Jul 08, 2021 8:32 am
by Ds J
Boodskap gestuur.
Re: 458 African
Posted: Thu Jul 08, 2021 10:28 am
by Frederik
Alhoewel die kaliber heeltemaal sin maak het ek by al die BASA shoots waar ek al was nog net 1 gesien en kan nie onthou wie dit was nie.
Kon meer wees wat ek nie raakgesien het nie maar hulle is nie baie volop nie.
Re: 458 African
Posted: Thu Jul 08, 2021 12:55 pm
by Thunderhead
Baie lekker kaliber hy tik baie bokse vir my, kan sien Pierre het baie dinkwerk ingesit met die design.
Re: 458 African
Posted: Thu Jul 08, 2021 2:26 pm
by Wouter Roets
Thunderhead wrote: Thu Jul 08, 2021 12:55 pm
Baie lekker kaliber hy tik baie bokse vir my, kan sien Pierre het baie dinkwerk ingesit met die design.
Ek stem heelhartig saam jou. Dit is n jammerte dat die rondte nie meer aftrek kry nie, want hy verdien dit verseker. In al my wandelinge het ek nog nooit eers n geweer gesien wat in die rondte gekamer is nie.
Groetnis
Wouter
Re: 458 African
Posted: Fri Jul 09, 2021 9:55 pm
by Eduard Venter
Ek het 'n week of wat gelede gejag saam 'n PH wat een gebruik. Lyk na 'n bitter lekker kaliber vir opvolg werk en het my ook laat kopkrap of ek nie maar so iets moet aanskaf nie.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: 458 African
Posted: Sat Jul 10, 2021 5:15 am
by Nella
Hansie Minnaar van Steward Bullets is die man om meer te gesels.
Hy besit self een en gebruik hom as hy kliente uitvat op "dangerous game" jagte.
Re: 458 African
Posted: Sat Jul 10, 2021 12:57 pm
by Louisdewet
Middag Menere,
Hoe verskil hierdie kaliber van die 460 G&A wat mens hier en daar van hoor? Ek glo albei is op die 404 dop gebaseer.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 458 African
Posted: Sat Jul 10, 2021 8:09 pm
by DWB
Paar G&A in die omtrek. Glo nie die verskil is astronomies nie.
Re: 458 African
Posted: Sat Jul 10, 2021 8:17 pm
by tripodmvr
Ek het op QL gaan loer. Maks druk van die G&A is 51500psi. As jy dit navolg dan kry jy nie baie spoed uit die kombinasie uit nie. Die African daarenteenis 62K psi en die 450 Swift wat ek gebruik het kan op node teen 2360vps uit 'n 22 duim loop gelanseer word. Druk is dan by 55K psi.
Re: 458 African
Posted: Mon Jul 12, 2021 9:53 am
by Wouter Roets
Louisdewet wrote: Sat Jul 10, 2021 12:57 pm
Middag Menere,
Hoe verskil hierdie kaliber van die 460 G&A wat mens hier en daar van hoor? Ek glo albei is op die 404 dop gebaseer.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
More Louis
Jy is reg albei is op die 404 se dop gebasseer. Die 460 G&A se maksimum doplengte is 70.82mm en hy hou baie naby aan 120gr water, so hulle het basies n vollengte 404 dop opgenek na die 458 kaliber toe. Die skouer is redelik vlak, as my geheu my nie in die steek laat nie, hier rondom 20 grade. In kort sal jy n magnum aksie nodig he om die rondte te skiet.
Pierre het die 458 African ontwerp dat jy hom in beide n meduim en magnum aksie kan gebruik afhangend hoe jy hom laai. Doplengte is 67.11mm en die dop hou so 118gr water. Die feit dat hy nie veel minder dopkapasiteit het as die langer 460 G&A is tedoen aan die minimum bodytaper en skerp 35 grade skouer. Soos reeds gese n werklike goeie deurdagte dopsontwerp. Ons moet ingedagte hou dat Pierre hierdie rondte ontwerp het met ons plaaslike poeiers ingedagte om gewensde spoed met n 500gr koeel te kan kry en met die beskikbaarheid van ingevoerde poeier kom hierdie rondte net nog meer tot sy reg.
Groetnis
Wouter
Re: 458 African
Posted: Mon Jul 12, 2021 10:11 am
by DWB
Ek soek nog bitter graag 'n 458 African dop vir my versameling, sou iemand op een afkom

Re: 458 African
Posted: Mon Jul 12, 2021 10:57 am
by Daybreak
More , weet iemand wie ñ 458 African reamwer het? Kontak my asb. by 0834603851.Groete
Re: 458 African
Posted: Mon Jul 12, 2021 6:45 pm
by Louisdewet
Wouter Roets wrote:Louisdewet wrote: Sat Jul 10, 2021 12:57 pm
Middag Menere,
Hoe verskil hierdie kaliber van die 460 G&A wat mens hier en daar van hoor? Ek glo albei is op die 404 dop gebaseer.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
More Louis
Jy is reg albei is op die 404 se dop gebasseer. Die 460 G&A se maksimum doplengte is 70.82mm en hy hou baie naby aan 120gr water, so hulle het basies n vollengte 404 dop opgenek na die 458 kaliber toe. Die skouer is redelik vlak, as my geheu my nie in die steek laat nie, hier rondom 20 grade. In kort sal jy n magnum aksie nodig he om die rondte te skiet.
Pierre het die 458 African ontwerp dat jy hom in beide n meduim en magnum aksie kan gebruik afhangend hoe jy hom laai. Doplengte is 67.11mm en die dop hou so 118gr water. Die feit dat hy nie veel minder dopkapasiteit het as die langer 460 G&A is tedoen aan die minimum bodytaper en skerp 35 grade skouer. Soos reeds gese n werklike goeie deurdagte dopsontwerp. Ons moet ingedagte hou dat Pierre hierdie rondte ontwerp het met ons plaaslike poeiers ingedagte om gewensde spoed met n 500gr koeel te kan kry en met die beskikbaarheid van ingevoerde poeier kom hierdie rondte net nog meer tot sy reg.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter,
Dit klink na ‘n goeie resep. Ek wonder hoe sy skop sal voel as jy hom vergelyk met die ander 458’s en die 404 Jef.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 458 African
Posted: Mon Jul 12, 2021 7:09 pm
by Thunderhead
Ek het twee al geskiet saam my 458Win en n 404. Hulle skop minder as my 458 Win

. Ek skiet 450gr teen 2250fps uit my Win. African 500gr teen 2280fps. African stoot amper selfde as 404. African is n plesier om te skiet.Dis hoekom ek een bou.
Louisdewet wrote: Mon Jul 12, 2021 6:45 pm
Wouter Roets wrote:Louisdewet wrote: Sat Jul 10, 2021 12:57 pm
Middag Menere,
Hoe verskil hierdie kaliber van die 460 G&A wat mens hier en daar van hoor? Ek glo albei is op die 404 dop gebaseer.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
More Louis
Jy is reg albei is op die 404 se dop gebasseer. Die 460 G&A se maksimum doplengte is 70.82mm en hy hou baie naby aan 120gr water, so hulle het basies n vollengte 404 dop opgenek na die 458 kaliber toe. Die skouer is redelik vlak, as my geheu my nie in die steek laat nie, hier rondom 20 grade. In kort sal jy n magnum aksie nodig he om die rondte te skiet.
Pierre het die 458 African ontwerp dat jy hom in beide n meduim en magnum aksie kan gebruik afhangend hoe jy hom laai. Doplengte is 67.11mm en die dop hou so 118gr water. Die feit dat hy nie veel minder dopkapasiteit het as die langer 460 G&A is tedoen aan die minimum bodytaper en skerp 35 grade skouer. Soos reeds gese n werklike goeie deurdagte dopsontwerp. Ons moet ingedagte hou dat Pierre hierdie rondte ontwerp het met ons plaaslike poeiers ingedagte om gewensde spoed met n 500gr koeel te kan kry en met die beskikbaarheid van ingevoerde poeier kom hierdie rondte net nog meer tot sy reg.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter,
Dit klink na ‘n goeie resep. Ek wonder hoe sy skop sal voel as jy hom vergelyk met die ander 458’s en die 404 Jef.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 458 African
Posted: Tue Jul 13, 2021 8:22 pm
by Louisdewet
Klink goed. Ek hoop ek kan iewers een ontmoet.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk