Page 1 of 1
300WM begin en max lading
Posted: Wed Jul 07, 2021 8:49 am
by ThysDeBeer
More manne.
Tans herlaai ek my 300WM (26" loop met 1-13 twist) rondtes: 190gr Nosler Comp. punt
63.5 gr Somchem 365 (batch nr verlore)
Totale patroon lengte is 84,8mm
Ek kry baie mooi groepering op hul. Ek wil nou Hornady Interlock BTSP 180gr punte laai met dieselfde kruit.
As iemand my dalk kan help met 'n begin en max lading asb.
Dankie
Thys
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Wed Jul 07, 2021 10:53 am
by Gawie(13mm)
Dagsê Thys.
Welkom op Jaracal.
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Wed Jul 07, 2021 4:41 pm
by J le Roux
Dag Thuys
Hier op Sonchem se webtuiste is 'n goeie beginplek.
https://www.somchemreload.com/search?c=8&f=121
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Sun Jul 11, 2021 6:35 pm
by ThysDeBeer
Baie dankie Gawie.
J le Roux, dankie. Kan ek op dieselfde gewig werk al is die punt van 'n ander vervaardiger? Sien Somchem wys nie Hornady nie.
Kyk ek na die Conventional data of Monolithic Data?
Dankie baie
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Sun Jul 11, 2021 6:54 pm
by tripodmvr
Laai die 63.5gr lading synde dit 'n gemiddelde lading is volgens Somchem se "conventional" data. Kyk hoe groepeer dit en KRY SPOEDLESINGS. Hier is 'n paar van ons wat jou dan leiding kan gee met Quick Load, sodat jy vinnig by 'n akkurate lading kan uitkom.
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Mon Mar 14, 2022 5:05 pm
by ThysDeBeer
Dankie sal so maak.
Jammer was so amper 'n jaar buite aksie weens persoonlike redes. M.a.w jammer ek antwoord nou eers.

Sal so gou as moontlik begin met die herlaai en toets.
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Mon Mar 14, 2022 8:01 pm
by Fanta300
Welkom terug Thys. Dinge het bietie verander in ‘n jaar. Hoop jy het nog S365

Re: 300WM begin en max lading
Posted: Tue Mar 15, 2022 3:40 pm
by Jean Marais
Net 'n kantaantekening Thys. Met daai 1-13 twist van die geweerloop, sal jy versigtig moet wees vir die swaarder en langer koeëls. Hulle sal dalk nie stabiliseer nie. Maak dus maar seker dat die koeëls wat jy koop, wel sal stabilseer anders kan dit jou dalk duur kos - kwesbok en onbruikbare koeëls.
Koeëls langer as 32.3mm kan problematies begin raak.
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Tue Mar 15, 2022 5:17 pm
by tripodmvr
Om aan te sluit by Jean. Hoe seker is jy van die 1 in 13 groefdraai?
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Wed Mar 16, 2022 8:24 am
by Capt. Yoda
n 180gr Interlock is aansienlik korter as n 190gr CC, as die Custom comps mooi geskiet het sal hy geen probleem he met die 180gr Interlock nie
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Wed Mar 16, 2022 11:10 am
by tripodmvr
Juis hoekom ek die vraag gevra het. Dit lyk nie asof dit 'n 1 in 13 groefdraai is nie, maar eerder die standaard 1 in 10.
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Wed Mar 16, 2022 1:17 pm
by Capt. Yoda
Hang ook af waar Thys hom self bevind in die land en hoe vinnig hy hulle skiet, as hy hoog genoeg bly sal hulle skiet in n 13 twist.
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Wed Mar 16, 2022 3:01 pm
by Wouter Roets
Ek dink Thys sal julle so oor n jaar antwoord...
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Wed Mar 16, 2022 5:39 pm
by Lategan1
Re: 300WM begin en max lading
Posted: Wed Mar 16, 2022 8:02 pm
by swc-tr
Capt. Oblivious wrote:Hang ook af waar Thys hom self bevind in die land en hoe vinnig hy hulle skiet, as hy hoog genoeg bly sal hulle skiet in n 13 twist.
Ek het vroeër jare, toe ons nog nie stabiliteit rekenaar programme gehad het nie, heelwat 200gr Sierra Matchking koeëls uit n 1-13" 30" loop .308Win getoets, van 300 tot 900m. Gelukkig het daai tyd se koeëls hulle nie gesteur aan vandag se slimmighede nie. Gelanseer teen so 2650fps het hulle heel gemaklik ronde gate in die 900m teikens se v-kol gemaak.
Vir wat dit werd mag wees.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk