Page 1 of 1

Boogjag in Augustus 2021

Posted: Tue Jul 06, 2021 11:15 am
by connas
Goeie More Mede Jagters

ek wil graag die volgende vrae vra ( Weet nie of ek mag nie )

Dink julle Oom Cyril sal die 11d Julie die land na l\Lev 5 toe vat en die land toemaak , of dink julle dat daar dalk n moontlikheid gaan wees dat die van ons manne wat nog nie gejag het nie dalk daai kans sal kry om te kan gaan

rede hoekom ek die post oopmaak is omdat ek ongelukkig laat bevestigings ontvang het van die lede wat elke jaar saam met my jag nie die jaar gaan jag nie , en meeste van die plase in my distrik reeds vol geboek was en waarby ek toe gelukkig was om op n gekanseleerde naweek te kon boek op n jagplaas so +-60 km van my huis af op die aangrensende buurdorp

ek wil bitter graag gaan die jaar om rede ek 4 jaar terug laas iets plat getrek het met die boog , dan n ander navraag , as dit nou so is dat hy die land volgens provinsies se gevalle op levels plaas , sal ek dan nog tussen grense kan reis om te jag bv die betrokke plaas waar ek geboek is , is in die buur dorp se grens area , nie my eie dorp se area nie, sal dit gesien word as tussen grense of nie

Admin , jammer oor die post as ek dit mie mag plaas nie sal enige een van die admin lede my asb dan net n boodskap stuur oor die navrae wat ek hier geplaas het

Groete
Connas ++>:

Re: Boogjag in Augustus 2021

Posted: Wed Jul 07, 2021 9:44 am
by Capt. Yoda
Ongelukkig sal geen mens hier daai vrae kan antwoord nie.

Re: Boogjag in Augustus 2021

Posted: Wed Jul 07, 2021 2:00 pm
by Basjan123
Ek dink dat die 14 dae net soos nou verleng gaan word met nog 14 dae , die positiewe getalle is besig om af te neem , alhoewel die ergste nog net in Gauteng was, die ander provinsies gaan defnitief volg met hoer getalle. So dit sal 'n fout wees om nie die 14 dae te herhaal nie.