Page 1 of 1

Sierra gameking

Posted: Sun Jul 04, 2021 11:48 pm
by Sakkie Rust
Naand almal

Ek probeer n vriend help, hy het n jag oor 2 weke en wil vir hom ammo laai. In die verlede het hy sierra gamekings 150gr in sy 308win gelaai. Die resep werk mooi in sy geweer maar die probleemis ons kry nerens die punte in die hande nie. Weet iemand dalk waar ek n pakkie kan kry? Ek sal self n paar los punte oorkoop by iemand wat dit nie meer gebruik nie.
Hoop iemand kan help.
Dankie en groete Sakkie

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 6:00 am
by Lategan1
Sakkie, kan jy die itemkode hier plaas asb.

Indien ek het, sal nie baie wees nie, kan 15-20 werk net vir sy jag? Lading mos reeds ontwikkel.

Beste.

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 6:53 am
by tripodmvr
Moet 2125 of 2130 wees.

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 7:06 am
by JurieW
More Sakkie, probeer Suburban Guns hulle help my gewoonlik met Sierra punte.

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 7:59 am
by Sakkie Rust
More more
Baie dankie dat julle probeer help word waardeer!
Lategan - dit moet die 2125 batch wees, self 15 sal werk vir eers as moontlik.

Ek sal gou vir Suberban guns ook bel, baie dankie.

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 8:21 am
by Lategan1
Jammer, myne is die laaste van ProHunter, slegs 10.

My GK is almal 165/8 gr.

Hoop jy kom reg.

Beste.

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 8:44 am
by Sakkie Rust
Dankie Lategan waardeer jou moeite!

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 9:25 am
by Hercules Louw
Môre Sakkie
Ek het 80 Sierra 2125 koeëls.
Ek is in Pretoria.
R500 Postnet ingesluit.

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 9:41 am
by Sakkie Rust
More Hercules
Ag great bitter baie dankie!
Stuur asb vir my jou bank details dan betaal ek vir jou oor.

0824740153

Re: Sierra gameking

Posted: Mon Jul 05, 2021 9:50 am
by Hercules Louw
WhatsApp gestuur.