Page 1 of 1

270Win - moet ek eerder verander van kaliber?

Posted: Sat Jul 03, 2021 2:48 pm
by tripodmvr
[youtube]https://youtu.be/mqVAoHahjJU[/youtube]

Re: 270Win - moet ek eerder verander van kaliber?

Posted: Sat Jul 03, 2021 3:34 pm
by Alwin
Mooi klip muur in die agtergrond!

Dis altyd maklik om tabelle te vergelyk. Ek doen dit al lankal. Ervare skuts sal weet dat die praktyk en teorie gewoonlik verskil. Byvoorbeeld: Om G1 ballistiese koëffisiente te gebruik met bootstert-koeëls, en dan nog tot op 1000 jaarts, wel, die resultate is nie baie geloofwaardig nie. As jy my aandag wil trek, stel jou gong doer ver op en skiet met albei gewere. Dan het ons iets konkreets om te vergelyk.

Persoonlik het ek nie baie ooghare vir die 6,5cm nie. Eintlik is daar niks fout met die kaliber nie, dis net party van die Hollywood-opgeleide "snipers" wat ek raakloop waar hulle met hulle 6,5cm gewere met ten minste 6-24x teleskope op, groepe skiet op 100m van die bank af, en dan begin grootpraat oor hulle eie vermoëns en die kaliber s'n. Dan is die groepe ook nie juis iets om oor te spog nie... My liewe land, die ding is supersonies tot op 1500m. Gaan gebruik hom daar as jy wil spog.

Die 270 is ook nie my gunsteling nie, maar bloot omdat hier waar ek bly, is hy heeltemal te vinnig vir meeste jagtoestande. Hy is ooglopend meer geskik as vlakte-kaliber.

Beide is in staat tot meer as wat die gemiddelde skut en jagter uit hulle uit kan haal. Dis dus die drywer wat tel, nie die bus nie.

Dus om die vraag in die opskrif te beantwoord: Moenie verander van kaliber nie, kry nog 'n ekstra kaliber by en gebruik hulle almal tot hulle volle potensiaal.

Re: 270Win - moet ek eerder verander van kaliber?

Posted: Sat Jul 03, 2021 4:13 pm
by Eight
Ek kon dit nie beter se nie Alwin!

Re: 270Win - moet ek eerder verander van kaliber?

Posted: Sat Jul 03, 2021 7:40 pm
by Capt. Yoda
Mense wat te veel tyd het vir 11.1.11

Re: 270Win - moet ek eerder verander van kaliber?

Posted: Sat Jul 03, 2021 9:29 pm
by henk.spioenkop
Ek het albei en elkeen het hul plek. Waar die verskil werklik inkom is die terugskop (recoil) wat jy moet hanteer vs wat jy uitkry. Dit is hier waar die 6.5CM en 260Rem vêr wen. So vêr dat, omdat die verskil tussen die kalibers so min is, die 6.5'e wen. Op die baan in elk geval. 270 vir jag. My beskeie opinie.


Sent from my iPhone using Tapatalk