Page 1 of 1

.35 Whelen

Posted: Sun Jun 27, 2021 8:33 am
by F.L.A.S.H
Dagse manne

Ek oorweeg dit om een van die manne aanmekaar te sit op n k98 aksie.

Het eenige van julle ondervinding met een of is daar een wat julle van weet in SA?

Sal seker volgende week reamer bestel as ek nie een opgespoor kry nie

Groete
Dave

Re: .35 Whelen

Posted: Sun Jun 27, 2021 9:27 am
by B Five
Lyk soos n baie nice kaliber.
Baie na aan 9.3

Re: .35 Whelen

Posted: Sun Jun 27, 2021 10:29 am
by F.L.A.S.H
B Five wrote: Sun Jun 27, 2021 9:27 am Lyk soos n baie nice kaliber.
Baie na aan 9.3

Die plan sal wees om 250gr punte teen 2300-2400 uit n 20-22 duim pyp

Re: .35 Whelen

Posted: Sun Jun 27, 2021 10:52 am
by Apie
Jy het 2 opsies as jy nie hou van sukkel met komponente nie.

Koop ‘n 9.3x62 en skiet en geniet.

338 Sabi of 338-06(doppe is vrylik beskikbaar)


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: .35 Whelen

Posted: Sun Jun 27, 2021 11:41 am
by tripodmvr
Hierdie video gee nogal heelwat inligting.

[youtube]https://www.youtube.com/watch?v=Tw2WOwE2fmc[/youtube]

Re: .35 Whelen

Posted: Sun Jun 27, 2021 12:08 pm
by F.L.A.S.H
Apie wrote: Sun Jun 27, 2021 10:52 am Jy het 2 opsies as jy nie hou van sukkel met komponente nie.

Koop ‘n 9.3x62 en skiet en geniet.

338 Sabi of 338-06(doppe is vrylik beskikbaar)


Sent from my iPhone using Tapatalk
Die Whelen is n 35-06, so 3006 doppe en bushing dies

Re: .35 Whelen

Posted: Sun Jun 27, 2021 12:37 pm
by F.L.A.S.H
tripodmvr wrote: Sun Jun 27, 2021 11:41 am Hierdie video gee nogal heelwat inligting.

[youtube]https://www.youtube.com/watch?v=Tw2WOwE2fmc[/youtube]
Dankie oom

Het hom al gekyk, een van die redes hoekom ek oorweeg

Re: .35 Whelen

Posted: Sun Jun 27, 2021 1:41 pm
by Apie
F.L.A.S.H wrote:
Apie wrote: Sun Jun 27, 2021 10:52 am Jy het 2 opsies as jy nie hou van sukkel met komponente nie.

Koop ‘n 9.3x62 en skiet en geniet.

338 Sabi of 338-06(doppe is vrylik beskikbaar)


Sent from my iPhone using Tapatalk
Die Whelen is n 35-06, so 3006 doppe en bushing dies
Dis reg maar hoe beskikbaar is .35 kaliber punte.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 10:59 am
by ZKK
Ek het n .338-06, en ek is absoluut mal oor die cartridge
Ek dink ook as dit by die verskeidenheid koeels kom, is jy baie beter af met .338 kaliber.

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 11:18 am
by Frederik
Baie lekker kaliber my Sweedse agent het seker 60 plus diere met die geweer gejag meestal met 220gr Rhinos.
Dink jou lading wat jy wil werk gaan nogal terugskop gee met die kort loop.

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 11:26 am
by Willem Grobler
Of 338 Federal. 308 doppe. Tussen 36-38 gn S335 met 225gn & 250gn uit 24” loop @ so 2250vps.

Behou die “maklike laai” vd 308 kaliber. Eerste keer berei ek 9 verskillende ladings/punte voor en saam met loop inskiet kon ek maar net enige vd 9 kies en aangaan…

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 11:29 am
by ThinusS
Ek het jare gelede met 'n Amerikaanse jagter gejag wat 'n .35 Whelen gebruik het en ek gebruik huidiglik 'n 9.3x62. Die twee kalibers is so na aan mekaar dat daar geen praktiese verskil op wild is indien dieselfde gewig en konstruksie koeël gebruik word nie.

Ek dink die 9.3x62 is 'n meer praktiese keuse, veral in Suid Afrika, patrone en herlaai komponente is vrylik beskikbaar en 'n goeie 250gr koeël (ek gebruik die 250gr Hornady GMX) teen 2450 - 2500vps presteer goed op wild van springbok tot eland.

Die .35 Whelen bied geen praktiese voordeel bo die 9.3x62 in die jagveld nie. Koeëls gaan ook minder beskikbaar wees. Soek jy egter 'n geweer in 'n kaliber wat nie elke tweede jagter gaan hê nie en 'n kaliber wat meeste jagters gaan laat vra, " 'n drie vyf WAT?" dan is die .35 Whelen die beter keuse tussen die twee. Daar is baie redes waarvolgens 'n kaliber gekies kan word, die mees praktiese rede is nie noodwendig altyd die belangrikste nie.

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 12:07 pm
by J le Roux
Partykeer soek 'n man iets uniek, anders was die wêreld maar 'n vervelige plek.

Ek het nou die dag eers gehoor van .n .370 Sako (9.6x66). Dit klink ook nogal na 'n ander wilde perd.

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 12:29 pm
by Rudi Fischer
Ek kan vir jou 35 Whelen doppe kry (regte headstamp)
So Dies en Koeels sal jy moet opspoor.
Gelukkig is die kaliber gewild in die US.

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 12:43 pm
by PWV
tripodmvr wrote: Sun Jun 27, 2021 11:41 am Hierdie video gee nogal heelwat inligting.

[youtube]https://www.youtube.com/watch?v=Tw2WOwE2fmc[/youtube]
Die ou ken sy storie, maar hy maak net 'n moerse lang storie van die ding!!!

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 7:56 pm
by F.L.A.S.H
Dankie Almal

Nogals lekker om elke een se idea en opinie te hoor.

Die idea is die dop MOET 3006 wees

Ek het n stompie 3006 wat my bakkie geweer is en n 300wsm wat my elke dag jag geweer is.

Die idea op die geweer op die aksie os iets wat ek vir kliente kan gee en ook wat ek self moeilikheid op die groeter bokke (eland, kameelperd ext) in dig bos kan uitsort

Die 338-06 klink gladnie sleg nie, ek sien mens kan n 3006 dop ook vorm na 9.3x62 (ek wag om te hoor of ek n 9.3 gaan koop)
En dan is dit die 35 Whelen

Soos hier bo genoem is, is dit maar soms lekker om iets te he wat almal nie het nie, ek hou maar soms van “different” wees

Ek moet maar binnenkort die call maak dat ek die reamer kan bestel

Groete
Lekker aand

Re: .35 Whelen

Posted: Mon Jun 28, 2021 8:37 pm
by JJV
Dit bly lekker om te kyk wat het mense reeds gedoen, google 416 Strauss...Image


Sent from my iPhone using Tapatalk