Page 1 of 1

Jakkals skiet - watter geslag?

Posted: Fri Jun 25, 2021 11:29 pm
by JarkVark
Goeie naand,

Ek en my swaer gaan gereeld uit opsoek na jakkalse en alhoewel ons geensins op die vlak van paar van die manne hier op forum is nie, bring ons darem ons kant - 18 jakkalse sedert Mei. Uit die 18, was slegs 1 'n teef, wat ons gisteraand geskiet het, voor dit net reuns. Is dit normaal of net toevallig? Het dit dalk te doen met die tyd van die seisoen of die tipe 'calls' wat ons gebruik?

Ons het al self 'n paar teorieƫ geformuleer, maar ek hoor graag van julle manne wat meer van die besigheid weet.

Dankie!

Re: Jakkals skiet - watter geslag?

Posted: Sat Jun 26, 2021 9:24 am
by jaracal
Ek dink dit is net toevallig. 'n Vraag wat opkom is of julle skuif nadat julle die eerste jakkals geskiet het of bly julle nog so 20-30min op die plak roep nadat julle die eerste jakkals geskiet het?
Heinrich

Re: Jakkals skiet - watter geslag?

Posted: Sat Jun 26, 2021 3:40 pm
by Alberts
Op 'n ligte noot , ek dink na die eerste jakkals geskiet is, is hulle so bly dan word daar so rumoer dat daar nie weer' n jakkals vir die volgende 4 ure sal naby die area kom nie...

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk


Re: Jakkals skiet - watter geslag?

Posted: Sun Jun 27, 2021 7:57 pm
by JarkVark
jaracal wrote: Sat Jun 26, 2021 9:24 am Ek dink dit is net toevallig. 'n Vraag wat opkom is of julle skuif nadat julle die eerste jakkals geskiet het of bly julle nog so 20-30min op die plak roep nadat julle die eerste jakkals geskiet het?
Heinrich
Ons skuif nie sommer nie nee, die area wat ons op skiet is maar redelik bebos en die sigveld beperk, so as een plat is ry ons huistoe

Re: Jakkals skiet - watter geslag?

Posted: Sun Jun 27, 2021 7:58 pm
by JarkVark
Alberts wrote: Sat Jun 26, 2021 3:40 pm Op 'n ligte noot , ek dink na die eerste jakkals geskiet is, is hulle so bly dan word daar so rumoer dat daar nie weer' n jakkals vir die volgende 4 ure sal naby die area kom nie...

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Jy is nie ver van verkeerd af nie, min dinge wat soveel plesier verskaf soos 'n dooie jakkals ;D

Re: Jakkals skiet - watter geslag?

Posted: Sun Jun 27, 2021 8:04 pm
by jaracal
Ek sou voorstel om langer op die plek te sit nadat die eerste een geskiet is. My meeste op een staanplek is 8 Jakkalse, het seker so 2,5 ure geneem. Dit sal dan die verdeling tussen reuns en tewe meer gelyk maak. Baie keer loop hulle saam maar ook baie keer kom eers die een in en dan die ander maatjie.