Page 1 of 1

Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Wed Jun 23, 2021 6:12 pm
by tripodmvr
Baie sinvolle bespreking oor die' onderwerp.

[youtube]https://youtu.be/-eblwA7dS70[/youtube]

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Thu Jun 24, 2021 8:06 am
by J le Roux
Dit maak sin, dankie.

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Thu Jun 24, 2021 2:29 pm
by THOMAST
Ek is nie op YouTube nie, maar het hierdie stuk geskryf in 2018:
Re: monos verweer lope vinniger. ...
Post by THOMAST » Mon Aug 13, 2018 9:10 am

Ek het my eie teorie oor mono vs loodkern koeëls.
Soos 'n loodkern koeël in die loop "afgdruk" word deur die druk van die ontbrandende gasse, sit die gatkant van die koeël effens uit en seel (hopelik) mooi in die loop sodat min/ geen gasse verby dit kan ontsnap nie. Hierdie obturasie proses gebeur nie effektief in 'n koper of geelkoper mono koeël nie. As gasse verby 'n koeël lek, versnel dit die verwering van die loop an akkuraatheidspotensiaal neem af.
Dus, as die loop nog nuut is en sy dimensies nog op spesifikasie is, sal die mono koeëls baie mooi akkuraat skiet.
As jou loop egter al geslyt is , neem akkuraatheid met mono koeëls vinniger af as met konvensionele loodkern koeëls, omrede lg. nog die vermoë het om te obtureer in die verlyte loop.
Ek het op 'n tyd GS Custom se SP koeëls gebruik: in my ou 7mm RM loop wou hulle nie groepeer nie, alhoewel ek nog goeie resultate gekry het met konvensionele loodkern koeëls. Toe ek nuwe loop opsit, toe is daai selfde SP koeëls kookwater in die geweer.
Dus, as jy dink jou loop is opgeskiet en jy gebruik mono koeëls, probeer gerus van die loodkern koeëls en kyk wat gebeur.

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Thu Jun 24, 2021 2:54 pm
by HeinM
Interessant

Ek stem saam met die uiteensetting, soos deur Thomast uiteengesit.

Ek het 'n paar jaar gelede dieselfde argument hier op die forum probeer voer. Van die vooraanstaande "kenners" hier en ook 'n voormalige jagtydskrif redakteur, het my lelik aangevat hieroor. Hulle het onder andere genoem dat dit nooit prakties bewys is dat mono"s lope meer verweer nie.

Kyk. Daar is heelwat plaaslike mono-vervaardigers en ek neem aan die ouens wat my uit die water probeer skiet het, was/is deel van daardie voedselketting...

Hopelik kan almal weer op die bandwagon klim en verder gesels...

Mooi dag daar!

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Thu Jun 24, 2021 5:18 pm
by Koos Barnard
Dag Hein
Ek neem aan jy verwys na my (voormalige redakteur). Was ek lelik met jou? Dan vra ek om verskoning. Soos 'n mens meer lees en ondervinding opdoen kom jy soms tot ander insigte en laat dit nou maar hier op rekord staan dat ek wel deesdae saamstem dat mono's nie die loop so goed seël soos loodkernkoeëls nie. Dus is dit moontlik dat gas en onverbrande kruitpartikels wat verby die koeël kan lek, wel versnelde slytasie kan veroorsaak. Daar is baie mense wat glo die mono's is te hard en dat dit is wat die slytasie veroorsaak, maar dis nie die geval nie. Dis die lek van gas en soos die man op YouTube sê; die feit dat jy 'n ligter koeël skiet en dus meer kruit gebruik wat tot hoër hitte en dalk meer gaslekkasie kan lei. Vir normale jaggebruik glo ek nie dis 'n groot probleem nie (tensy jy een van daardie gelukkige ouens is wat vrek baie jag en mono's toets). Om te bepaal hoeveel mono's die loop vinniger verweer moet vergelykende praktiese toetse gedoen word waar genoeg koeëls deur lope geskiet word.

Ek kan almal hier gerusstel dat ek nie deel is of was van enige monovervaardiger se "voedselketting" nie. Ek is wel gevra om onder andere 'n GS Custom-ambassadeur te wees maar vra asb vir Nico Harris en die ander "ambassadeurs" wat die byeenkoms op Graaff-Reinet bygewoon het. Geeneen van ons is deel van GS Custom se voedselketting nie. Ons ontvang nie koeëls of geld of enigiets in ruil vir goeie resensies nie. Mono's werk uiters goed in die jagveld (dis oor en oor bewys) en as hulle spaarsaam gebruik word, is daar geen noemenswaardige toename in loopslytasie nie (onthou, dis my persoonlike siening... ek kan dit nie wetenskaplik bewys nie).
Mooi loop

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Thu Jun 24, 2021 5:38 pm
by Quicker
@Sinwolf moet nou hier kom lees, en kyk, dalk raak hy iets wys oor sy kettie wat nie monos wil skiet...

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Thu Jun 24, 2021 5:49 pm
by OosKaapJagter
Ek is maar skepties oor die beweerde uitsetting van loodkoeëls met 'n kopermantel. Met sagte loodkoeëls, veral die met 'n hol basis soos die Minié koeëls wat in voorlaaiers gebruik word, of windbuks koeëltjies maak dit sin.

Sodra gegote koeëls van harder lood allooie gebruik word in handwapens of in gewere met 'n koper gasseël op die agterkant, twyfel ek of die koeël enigsins sal uitsit. My persoonlike gevoel is dat loodkoeëls met 'n kopermantel net so min as soliede koperkoeëls sal uitsit, indien dit enigsins plaasvind.

Die probleem hier is dat navorsing nie veel help nie. Enigeen kan deur navorsing artikels kry met mooi formules wat albei standpunte steun. My siening is dat windbukse en voorlaaiers sagte loodkoeëls gebruik wat uitsit vir 'n goeie gasseël. Met die oorgang na nitro dryfmiddels en die gepaardgaande hoër snelheid wat projektiele bereik het, het die loodaanpaksel te erg geword en is daar oorgegaan na kopermantels wat ontwerp is op so wyse dat die groewe in die mantel insny. Die monometaal koeëls werk waarskynlik op dieselfde beginsel.

Ek gebruik deesdae monometaal koeëls. Hopelik is my siening nie verkeerd nie, maar ek glo dat daar lankal 'n groot bohaai opgeskop sou gewees het as die monometaal koeëls inderdaad lope vroeër sou laat verweer.

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Thu Jun 24, 2021 10:54 pm
by swc-tr
OKJ, jou siening dat kopermantel loodkern koeëls nie uitsit (obturate) strook gladnie met die kennis van alle vervaardigers van bg koeëls werêldwyd nie.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 7:53 am
by HeinM
OosKaapJagter wrote: Thu Jun 24, 2021 5:49 pm Ek is maar skepties oor die beweerde uitsetting van loodkoeëls met 'n kopermantel. Met sagte loodkoeëls, veral die met 'n hol basis soos die Minié koeëls wat in voorlaaiers gebruik word, of windbuks koeëltjies maak dit sin.

Sodra gegote koeëls van harder lood allooie gebruik word in handwapens of in gewere met 'n koper gasseël op die agterkant, twyfel ek of die koeël enigsins sal uitsit. My persoonlike gevoel is dat loodkoeëls met 'n kopermantel net so min as soliede koperkoeëls sal uitsit, indien dit enigsins plaasvind.

Die probleem hier is dat navorsing nie veel help nie. Enigeen kan deur navorsing artikels kry met mooi formules wat albei standpunte steun. My siening is dat windbukse en voorlaaiers sagte loodkoeëls gebruik wat uitsit vir 'n goeie gasseël. Met die oorgang na nitro dryfmiddels en die gepaardgaande hoër snelheid wat projektiele bereik het, het die loodaanpaksel te erg geword en is daar oorgegaan na kopermantels wat ontwerp is op so wyse dat die groewe in die mantel insny. Die monometaal koeëls werk waarskynlik op dieselfde beginsel.

Ek gebruik deesdae monometaal koeëls. Hopelik is my siening nie verkeerd nie, maar ek glo dat daar lankal 'n groot bohaai opgeskop sou gewees het as die monometaal koeëls inderdaad lope vroeër sou laat verweer.
Stem nie saam nie. Maar ja. My opinie na baie leeswerk.

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 8:10 am
by Capt. Yoda
EK het n paar koels by die huis wat nie die tyken gemaak het nie en heel op die baan op getel is, ek kan hulle gatkante vir julle meet maar as ek so na die boat tails kyk glo ek ook nie hulle "sit" uit nie ek sou meer se daai koel word in die lands in geforce

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 8:42 am
by joe rocket
Ek sien nie dat monolitiese koele jou loop vinniger verweer nie. Koper is nie harder as staal nie. Ek weet wel dat die lande van jou loop weg brand. Hoe langer die vlam agter die koeel op die lande brand hoe vinniger verweer di roer se lande. So n warm lading met n warm vlam brand die lande vinniger. Ek nog nie die fliek hierbo gekyk nie.

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 8:48 am
by Capt. Yoda
joe rocket wrote: Fri Jun 25, 2021 8:42 am Ek sien nie dat monolitiese koele jou loop vinniger verweer nie. Koper is nie harder as staal nie. Ek weet wel dat die lande van jou loop weg brand. Hoe langer die vlam agter die koeel op die lande brand hoe vinniger verweer di roer se lande. So n warm lading met n warm vlam brand die lande vinniger. Ek nog nie die fliek hierbo gekyk nie.
THOMAST wrote: Thu Jun 24, 2021 2:29 pm Ek is nie op YouTube nie, maar het hierdie stuk geskryf in 2018:
Re: monos verweer lope vinniger. ...
Post by THOMAST » Mon Aug 13, 2018 9:10 am

Ek het my eie teorie oor mono vs loodkern koeëls.
Soos 'n loodkern koeël in die loop "afgdruk" word deur die druk van die ontbrandende gasse, sit die gatkant van die koeël effens uit en seel (hopelik) mooi in die loop sodat min/ geen gasse verby dit kan ontsnap nie. Hierdie obturasie proses gebeur nie effektief in 'n koper of geelkoper mono koeël nie. As gasse verby 'n koeël lek, versnel dit die verwering van die loop an akkuraatheidspotensiaal neem af.
Dus, as die loop nog nuut is en sy dimensies nog op spesifikasie is, sal die mono koeëls baie mooi akkuraat skiet.
As jou loop egter al geslyt is , neem akkuraatheid met mono koeëls vinniger af as met konvensionele loodkern koeëls, omrede lg. nog die vermoë het om te obtureer in die verlyte loop.
Ek het op 'n tyd GS Custom se SP koeëls gebruik: in my ou 7mm RM loop wou hulle nie groepeer nie, alhoewel ek nog goeie resultate gekry het met konvensionele loodkern koeëls. Toe ek nuwe loop opsit, toe is daai selfde SP koeëls kookwater in die geweer.
Dus, as jy dink jou loop is opgeskiet en jy gebruik mono koeëls, probeer gerus van die loodkern koeëls en kyk wat gebeur.

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 10:00 am
by PWV
Was toevallig eergister by Chris van Niekerk, vermaarde geweerontwerper en kenner. Het 'n klompie uitstekende en 'n paar nuwe "knope" by hom ontlok toe ek van monolitiese koele gepraat het. Wie is ek nou om met hom te stry?

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 10:06 am
by Capt. Yoda
Nou Oom PW moet ons hom bel om te hoor wat hy se?

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 10:48 am
by PWV
Capt. Oblivious wrote: Fri Jun 25, 2021 10:06 am Nou Oom PW moet ons hom bel om te hoor wat hy se?
Die vloekwoorde of 'n verduideliking i.v.m. die nadele van monolitiese koele? ;)

Lees THOMAST se verduideliking i.v.m. laasgenoemde.

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 11:45 am
by THOMAST
Kyk, ek is nie gekant teen monolitiese koeëls nie. Het al met hulle gejag met groot sukses.
Ek dink net dat as jy monolitiese koeëls skiet en jou akkuraatheid begin afneem agv loop verwering, probeer gerus weer die konvensionele gemantelde koeëls en kyk wat maak hulle

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 4:31 pm
by Frederik
THOMAST wrote: Fri Jun 25, 2021 11:45 am Kyk, ek is nie gekant teen monolitiese koeëls nie. Het al met hulle gejag met groot sukses.
Ek dink net dat as jy monolitiese koeëls skiet en jou akkuraatheid begin afneem agv loop verwering, probeer gerus weer die konvensionele gemantelde koeëls en kyk wat maak hulle
Ek dink ek skiet te min mono koeels om enige bewering te maak maar my ou 303 enfield het meer akuraat geskiet met impala koeels geskiet as loodkern koeels. Ek is deesdae van die opninie elk geweer het sy eie smaak jy moet mar net bly voer tot jy 'n wen resep kry.

Re: Loopslytasie met monometaal koeëls

Posted: Fri Jun 25, 2021 6:49 pm
by HeinM
Ek het oor baie jare ook geen probleem met mono"s nie. My Hornet (35gr Impalas), 308 (125gr Impalas) en 8mmMauser (165gr GS Customs) is baie akkuraat daarmee. Dit veroorsaak bitter min vleisskade en is met goeie skootplasing 'n wenner. Die firecut op die lands - langtermyn - is net dalk 'n vraagteken.