Page 1 of 1
Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 1:28 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne
Vertrou dit gaan goed met julle. Ek wil graag uitvind by julle, hoe julle te werk gaan om julle gewere se aksies skoon te maak en ook wat julle gebruik om die taak te verig, veral waar die slot se knokke sluit.
Dankie en n' mooi dag vir julle
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 1:46 pm
by Capt. Yoda
Lang oor stokke en Alcohol maar ek wil nou vir my n stel soos die van Sinclair koop
https://www.sinclairintl.com/gun-cleani ... 35492.aspx
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 1:56 pm
by THOMAST
https://www.amazon.com/Tipton-Action-Ch ... B003C7SL0Y
Ek het 'n hele sak van daai watte rolle wat die tandartse in jou mond druk wat ek gebruik saam et daai apparaatjie, werk baie lekker
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 2:24 pm
by HeinM
Ek spuit eenmaal per jaar Brake & Clutch met 'n lang strooitjie op die moeilike plekke. Sonder die spoel aksie kry jy nie alle gemors uit nie. Dieselfde geld vir die deel net voor die kamer... Natuurlik eers uit kolf gehaal.
Let wel. Net my praktyk...
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 3:38 pm
by Chris (vdB)
Baie dankie almal
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 3:44 pm
by tripodmvr
Ek weet nie hoeveel van julle nog kookwater deur die lope van julle gewere gooi nie. Dit haal heelwat gemors uit. Die temperatuur wat die loop bereik is dan voldoende om die water te laat verdamp en geen roes veroorsaak nie. Gebruik tregter of een met 'n pyp vooraan. Die ou slagdoppe se nitrate is so goed uitgewas - veral in die 303's gebruik.
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 4:26 pm
by Arnold
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 5:09 pm
by WihandV
Ek gebruik Bore Tech se Bolt Action Cleaning Tool Kit. Dit werk vir my baie lekker.
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 6:23 pm
by swc-tr
Maak jou eie, hierdie my poging, gebruik dit al 30+ jare

Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 6:57 pm
by ruaanb
Hierdie werk regtig lekker
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 7:34 pm
by Chris (vdB)
Gebruik julle almal alcohol vir die skoon maak?
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 11:49 pm
by Geno
WihandV wrote:Ek gebruik Bore Tech se Bolt Action Cleaning Tool Kit. Dit werk vir my baie lekker.
Fantastiese produk. Ek gebruik self een.
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Wed Jun 23, 2021 11:50 pm
by Geno
Chris (vdB) wrote:Gebruik julle almal alcohol vir die skoon maak?
Kom maak n draai by my met jou geweer dan wys ek jou hoe ek dit doen.
Re: Skoon maak van aksie (sluit knokke)
Posted: Thu Jun 24, 2021 5:36 am
by Chris (vdB)
Geno wrote: Wed Jun 23, 2021 11:50 pm
Chris (vdB) wrote:Gebruik julle almal alcohol vir die skoon maak?
Kom maak n draai by my met jou geweer dan wys ek jou hoe ek dit doen.
Baie dankie Geno, ek waardeer. Sal met jou reel as ek klaar gejag het die winter.
Mooi dag