Page 1 of 1

Truvelo Lope

Posted: Tue Jun 22, 2021 7:53 pm
by Hardyman
Goeienaand mede lede.

Ek wil graag hoor of daar manne is wat onlangs Truvelo lope opgesit/begin gebruik het.

Ek key ou posts daaroor maar niks onlangs nie.

Ek kyk om moontlik my .270 se loop te vervang maar is spesifiek opsoek na n 1:8 twist so dis nie so maklik beskikbaar nie. Vandaar die vraag oor Truvelo.

Wat was julle ervaring met die lope en akkuraatheid ens

Groetnis


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Truvelo Lope

Posted: Wed Jun 23, 2021 7:42 am
by Gerhardu
Jy kan die beste 'match' loop opsit, n 270 bly maar n 270. En ek weet nie hoe is die kwaliteit op Truvelo nie.

Hoop jy kom reg.

Re: Truvelo Lope

Posted: Wed Jun 23, 2021 8:05 am
by Fanta300
My 260Rem het ‘n Truvello 1:8 loop op en skiet soos ‘n droom.

Re: Truvelo Lope

Posted: Wed Jun 23, 2021 8:12 am
by herman.bonsma
Môre, ek het my Mauser jaggeweer 8x57 se loop vervang met ‘n Truvelo Match loop en is baie tevrede. Geweersmid wat ek gebruik het opgemerk dat hy nog nooit enige probleme ondervind het met die Truvelo lope wat hy gebruik het nie. Sover my kennis strek, het Truvelo sy deure gesluit? Aangeheg groeperings op 100m met fabrieks ammo. Meer as goed genoeg vir jag - geen ervaring op presisie gewere nie.Image
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Truvelo Lope

Posted: Wed Jun 23, 2021 9:10 am
by Ds J
Probeer dalk Eagle Barrels: https://eaglebarrels.co.za/

Let wel: hulle webwerf noem nie 1:8 lope nie, maar dalk het hulle al die reeks uitgebrei.