Page 1 of 1
Draad sny vir silencer?
Posted: Tue Jun 22, 2021 1:43 pm
by Kloukat
Middag manne, ek is nuut in Parys OVS. Sal graag wil hoor watter wapensmit jul aanbeveel in omgewing wat draad sny vir silencer. Baie dankie
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Tue Jun 22, 2021 3:11 pm
by Ds J
Advanced GunTech in Potchefstroom.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Wed Jun 23, 2021 9:43 am
by Kloukat
Ds J wrote: Tue Jun 22, 2021 3:11 pm
Advanced GunTech in Potchefstroom.
Dankie ek sal hulle kontak.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Wed Jun 23, 2021 11:42 am
by PWV
Bloedgeld om 'n arm en 'n been te betaal om die draad te laat sny.
My man in die Paarl, wat slegs R260.00 gevra het, het ons ongelukkig vooruit gegaan.

Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Wed Jun 23, 2021 8:16 pm
by Basie2
Ek wou aanbeveling maak in Klerksdorp, maar toe ek die R260 sien, toe skrik ek, want ek het R900 betaal vir sny van draad. Ek is meer bekommerd oor kwaliteit van diens, want dis my geweer waaraan hy werk.
My 2c
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 10:15 am
by Armand Steenkamp
Betaal self R200 in springbok vir draadsny.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 10:58 am
by Arnold
As daai manne wat R260 en R200 vra ordentlike werk doen dan vra hulle hopeloos te min!
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 11:20 am
by Armand Steenkamp
Arnold wrote: Thu Jun 24, 2021 10:58 am
As daai manne wat R260 en R200 vra ordentlike werk doen dan vra hulle hopeloos te min!
Seker van die beste draad wat ek al laat sny het. Maar dit is maar een van daai gunsies vir n pel
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 11:24 am
by Basie2
Jy kan Gert le Roesh skakel by 082 drie drie sewe 5119, hy is in Klerksdorp. Jy gaan 4 weke minimum wag. Hy sit standard çover'oor die draad, dalk geval dit jou nie, so maak seker wat is jou vereistes.
Hy doen goeie werk.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 11:55 am
by Arnold
Armand Steenkamp wrote: Thu Jun 24, 2021 11:20 am
Arnold wrote: Thu Jun 24, 2021 10:58 am
As daai manne wat R260 en R200 vra ordentlike werk doen dan vra hulle hopeloos te min!
Seker van die beste draad wat ek al laat sny het. Maar dit is maar een van daai gunsies vir n pel
Versigtig om 'n prys by te sit as iemand jou 'n guns doen ... volgende keer soek almal gunse en dan kry jy nooit weer een nie

Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 4:41 pm
by PWV
Arnold wrote: Thu Jun 24, 2021 10:58 am
As daai manne wat R260 en R200 vra ordentlike werk doen dan vra hulle hopeloos te min!
Ek wou die anderdag 'n bakkie koop. Die prys, volgens die verkoopsman, was R550 000.00. Toe se ek vir hom dit is hopeloss te min!!

Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 7:15 pm
by Alwin
Om die draad te sny vat omtrent 10 - 20 minute.
Om die loop reg "op te klok" in die draaibank, vat enigiets van 15 - 45 min, of tot hy uiteindelik reg is.
Jy moet dus begroot vir 1 uur se arbeid vir die draad sny alleen.
Tel by masjienkoste, draaibanke en snybeitels is nie verniet nie.
Dan moet die geweer nog uitmekaargehaal en aanmekaar gesit en getoets word.
Werk self uit wat al die bostaande vir jou werd is, en besluit maar waar jy kan kostes sny.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 7:33 pm
by Smith223
Alwin wrote: Thu Jun 24, 2021 7:15 pm
Om die draad te sny vat omtrent 10 - 20 minute.
Om die loop reg "op te klok" in die draaibank, vat enigiets van 15 - 45 min, of tot hy uiteindelik reg is.
Jy moet dus begroot vir 1 uur se arbeid vir die draad sny alleen.
Tel by masjienkoste, draaibanke en snybeitels is nie verniet nie.
Dan moet die geweer nog uitmekaargehaal en aanmekaar gesit en getoets word.
Werk self uit wat al die bostaande vir jou werd is, en besluit maar waar jy kan kostes sny.
Ek kan be-aam wat jy daar sê.
Ek kan nie verseker sê nie, maar dink baie van die goedkoper ‘jobs’ word sommer in ‘n 3jaw chuck gedoen en dus is daar nie clock werk nie en dit is waar hulle dan goedkoper is. Die beste 3jaw chuck wat ek al ooit tee gekom het kon nie herhaalbaar binne 0.02mm vir konsentrisiteit behaal nie, en runout was 0.03mm per 100mm.
Met ‘n 4jaw chuck kon ek nog altyd binne 15minute 0.002mm of beter konsentrisiteit kry en 0.01mm runout/100mm.
Al het ek toegang tot ‘n draaibank en die vermoë om my eie draad te sny betaal ek eerder ‘n goeie GS R1000 om dit reg te doen. Hulle doen dit elke dag, inteendeel ek sou skrikerig wees as hulle minder as R500 vra vir die job, behalwe as jy hulle goed ken en dit is ‘n guns natuurlik.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 7:56 pm
by LUAN
Hier by ons doen oom Corrie omtrent almal se gewere. Hy het my geweer binne n halfuur voor my opgeklok en gesny. Hy vra nou R750
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Thu Jun 24, 2021 8:29 pm
by joe rocket
PWV wrote: Wed Jun 23, 2021 11:42 am
Bloedgeld om 'n arm en 'n been te betaal om die draad te laat sny.
My man in die Paarl, wat slegs R260.00 gevra het, het ons ongelukkig vooruit gegaan.
Maar daai was ook in 1913
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 9:43 am
by PWV
joe rocket wrote: Thu Jun 24, 2021 8:29 pm
PWV wrote: Wed Jun 23, 2021 11:42 am
Bloedgeld om 'n arm en 'n been te betaal om die draad te laat sny.
My man in die Paarl, wat slegs R260.00 gevra het, het ons ongelukkig vooruit gegaan.
Maar daai was ook in 1913
Vergewe tog maar vir my vriend, Joe Rocket! 'n 200 liter geyser het onlangs op sy kop geval.

Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 2:38 pm
by tripodmvr
Kaapse manne is mos taai. Hoe gaan dit met die geyser?
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 3:28 pm
by LoopSoosStroop
As jy R200 vra om draad te sny en 'n doppie te maak dan betaal jy eintlik die ou wat sy geweer inbring.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 5:09 pm
by Kloukat
Basie2 wrote: Thu Jun 24, 2021 11:24 am
Jy kan Gert le Roesh skakel by 082 drie drie sewe 5119, hy is in Klerksdorp. Jy gaan 4 weke minimum wag. Hy sit standard çover'oor die draad, dalk geval dit jou nie, so maak seker wat is jou vereistes.
Hy doen goeie werk.
Waardeer sal hom kontak
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 5:11 pm
by Kloukat
LUAN wrote: Thu Jun 24, 2021 7:56 pm
Hier by ons doen oom Corrie omtrent almal se gewere. Hy het my geweer binne n halfuur voor my opgeklok en gesny. Hy vra nou R750
Jou oom bietjie ver, dan gaan koerier my doodmaak
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 5:16 pm
by junglejulian
In Bloemfontein sny n paar mense groefdraad met n cap vir R750-R1000.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 6:14 pm
by Sean3006
In die Kaap vra die groot winkel se GS net onder R2k...
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 6:16 pm
by joe rocket
tripodmvr wrote: Fri Jun 25, 2021 2:38 pm
Kaapse manne is mos taai. Hoe gaan dit met die geyser?
Hy maak nog warm
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Fri Jun 25, 2021 8:22 pm
by tripodmvr
Parys Sons of Guns. Google en probeer hulle.
Re: Draad sny vir silencer?
Posted: Sun Jun 27, 2021 9:33 am
by Kloukat
tripodmvr wrote: Fri Jun 25, 2021 8:22 pm
Parys Sons of Guns. Google en probeer hulle.
Dankie Tripod